1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Sef nja, die seun van Kusi, die seun van Ged lja, die seun van Am rja, die seun van Hisk¡a, in die dae van Jos¡a, die seun van Amon, koning van Juda.
2 Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
3 Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Ba„l oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
5 en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.
6 Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
7 Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het 'n offer berei, sy gaste geheilig.
8 En op die dag van die offer van die HERE sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.
9 Ek sal ook op die dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
10 En op die dag, spreek die HERE -- hoor! 'n geskreeu van die Vispoort af en 'n gehuil van die Nuwe Stad af en 'n groot gekraak van die heuwels af!
11 Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
12 En in die tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
13 En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.
14 Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
15 Di, dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag,
16 'n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.
17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.
1 犹大王亚们的儿子约西亚在位的时候, 耶和华的话临到希西家的玄孙、亚玛利雅的曾孙、基大利的孙子、古示的儿子西番雅。
2 耶和华说: "我必把万物从地上完全除灭。"
3 耶和华说: "我必除灭人类、牲畜、空中飞鸟、海里的鱼。我必使恶人跌倒, 我必把人类从地上剪除。
4 我必伸手攻击犹大, 攻击耶路撒冷所有的居民。我必从这地方除掉巴力所余下的, 除掉拜偶像的祭司的名字, 以及耶和华的祭司;
5 就是那些在房顶上敬拜天上万象的, 那些敬拜耶和华, 指着他起誓, 又指着玛勒公起誓的,
6 那些转离不跟从耶和华的, 不寻找耶和华, 也不求问他的。"
7 你要在我主耶和华面前肃静! 因为耶和华的日子临近了, 因为耶和华已经预备了祭物, 把自己所请来的人分别为圣。
8 "到了我耶和华献祭的日子, 我必惩罚首领和王子, 惩罚所有穿外族衣服的人。
9 到那日, 我必惩罚所有跳过门槛的, 所有使强暴和欺诈充满主人房屋的。"
10 耶和华说: "到那日, 必有呼叫的声音从鱼门发出来, 必有哀号从新区发出来, 必有崩裂巨响从山间发出来。
11 玛革提施的居民哪! 你们要哀号, 因为所有的商人都灭亡了; 所有称银子的都被剪除了。
12 那时, 我必提灯搜查耶路撒冷, 惩罚那些沉淀在酒渣上的人。这些人心里说: ‘耶和华必不赐福, 也不降祸。’
13 他们的财宝必成为掠物, 他们的房屋必变为废墟。他们建造房屋, 却不得住在其中; 他们栽植葡萄园, 却不得喝所出的酒。"
14 耶和华的大日子临近了, 临近了, 来得非常快速。听! 耶和华的日子的声音。在那日, 勇士要哀痛地号叫。
15 那日是忿怒的日子, 是困苦艰难的日子, 是荒废凄凉的日子, 是黑暗幽冥的日子, 是密云漆黑的日子,
16 是吹号吶喊, 要攻打坚城, 进击城楼的日子。
17 我要使人受困苦, 以致他们像瞎子行走, 因为他们得罪耶和华。他们的鲜血必倒出, 如倒灰尘一样, 他们的身体必被遗弃像粪土一般。
18 在耶和华发怒的日子, 他们的金银也不能救他们, 全地都要被他的妒火吞灭; 因为他要彻底毁灭地上所有的居民, 真是可怕的毁灭。