1 In die tweede jaar van koning Dar¡us, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en gesê:
2 So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.
3 So het die woord van die HERE dan gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:
4 Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?
5 So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:
6 julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek.
7 So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!
8 Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.
9 Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
10 Daarom het die hemel bo julle die dou ingehou en die aarde het sy opbrings teruggehou.
11 En Ek het droogte oor die land geroep en oor die berge en oor die koring en oor die mos en oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; en oor die mense en oor die diere en oor alle arbeid van die hande.
12 Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van die HERE hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die HERE hulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE.
13 Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.
14 En die HERE het die gees van Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.
15 Dit was op die vier en twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van koning Dar¡us.
1 大利乌王第二年六月一日, 耶和华的话借着哈该先知临到撒拉铁的儿子、犹大省长所罗巴伯, 和约撒答的儿子大祭司约书亚, 说:
2 "万军之耶和华这样说: ‘这民说, 重建耶和华殿宇的时候还没有到。’"
3 于是, 耶和华的话临到哈该先知说:
4 "这殿宇仍然荒废, 岂是你们住在有天花板的房屋的时候吗?"
5 现在万军之耶和华这样说: "你们要反省自己的行为。
6 你们撒的种多, 收割的却少; 你们吃, 却吃不饱; 你们喝, 却喝不足; 你们穿衣服, 却穿不暖; 得工钱的, 却把工钱放在破袋里。"
7 万军之耶和华这样说: "你们要反省自己的行为。
8 你们要上山取木材, 建造殿宇; 我必因此喜悦, 并且得荣耀。"耶和华说:
9 "你们期望丰收, 反倒歉收; 你们收到家里的, 我就吹去。"为什么呢?万军之耶和华说: "因为我的殿宇荒废, 你们各人却为自己的房屋奔驰。
10 所以, 因你们的缘故, 天就不降甘露, 地也不出土产。
11 我叫干旱临到大地、群山、五谷、新酒、新油、地上的出产、人畜和人手劳碌得来的一切。"
12 那时, 撒拉铁的儿子所罗巴伯、约撒答的儿子大祭司约书亚和所有余剩的子民, 都听从了耶和华他们 神的话, 听从了耶和华他们 神所差来的哈该先知的话。众民在耶和华面前都存着敬畏的心。
13 耶和华的使者哈该, 奉耶和华的命, 对众民说: "耶和华说: ‘我与你们同在。’"
14 于是耶和华激发了撒拉铁的儿子、犹大省长所罗巴伯的心, 和约撒答的儿子大祭司约书亚的心, 以及所有余剩子民的心, 他们就来兴工建造万军之耶和华他们 神的殿宇。
15 那时是大利乌王第二年六月二十四日。