1 Op die een en twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:
2 Spreek tog met Serubb bel, die seun van Se ltiël, die goewerneur van Juda, en met Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en sê:
3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie?
4 Nou dan, skep moed, Serubb bel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Josadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare,
5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie!
6 Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.
7 Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.
8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare.
9 Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
10 Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Dar¡us, het die woord van die HERE gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:
11 So sê die HERE van die leërskare: Vra tog aan die priesters inligting uit die wet en sê:
12 As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.
13 Daarop sê Haggai: As iemand wat deur 'n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.
14 Toe antwoord Haggai en sê: So is in my oë hierdie volk en so hierdie nasie, spreek die HERE, en so is al die werk van hulle hande en wat hulle d r offer -- onrein is dit.
15 Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die HERE,
16 in die tyd het iemand gekom by 'n koringmied van twintig maat, en daar was maar tien; hy het gekom by die parskuip om vyftig emmers te skep, en daar was maar twintig.
17 Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael -- al die werk van julle hande -- nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die HERE.
18 Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op:
19 Is daar nog saad in die skuur? Ja, selfs die wingerdstok en die vyeboom en die granaatboom en die olyfboom het niks opgelewer nie. Van hierdie dag af sal Ek seën.
20 Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê:
21 Spreek met Serubb bel, die goewerneur van Juda, en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.
22 En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.
23 In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubb bel, seun van Se ltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.
1 七月二十一日, 耶和华的话临到哈该先知说:
2 "你要对撒拉铁的儿子犹大省长所罗巴伯, 和约撒答的儿子大祭司约书亚, 以及所有余剩的子民, 说:
3 ‘你们中间剩下的人, 有谁见过这殿宇从前的荣耀呢?现在你们又看它怎样?岂不是视如无物一样吗?’"
4 耶和华说: "所罗巴伯啊! 现在你要刚强。"耶和华说: "约撒答的儿子大祭司约书亚啊! 你要刚强; 这地的一切子民啊! 你们也要刚强, 并且要作工。"万军之耶和华说: "因为我与你们同在。
5 这就是你们从埃及出来的时候, 我与你们立约的话。现在我的灵住在你们中间; 你们不要惧怕。"
6 因为万军之耶和华这样说: "再过不多的时候, 我要震动天、地、海洋和旱地。"
7 万军之耶和华说: "我要震动万国, 万国的珍宝就必运来; 我要使这殿宇充满荣耀。"
8 万军之耶和华说: "银子是我的, 金子也是我的。"
9 万军之耶和华说: "这殿宇后来的荣耀, 必大过先前的荣耀。"万军之耶和华说: "在这地方, 我必赐下平安。"
10 大利乌王第二年九月二十四日, 耶和华的话临到哈该先知说:
11 "万军之耶和华这样说: 你要向祭司询问有关律法的事说:
12 人若用自己的衣襟盛载圣肉, 后来又使自己的衣襟触着饼、汤、酒、油或别的食物, 这就算为圣吗?"祭司都回答说: "不算为圣。"
13 哈该又说: "人若因触着尸体而成为不洁, 又触着这些东西的任何一样, 这就算为不洁吗?"祭司都回答说: "要算为不洁净。"
14 于是哈该回答, 说: "耶和华说: ‘这民也是这样, 这国在我面前也是这样; 他们手里的一切工作, 都是这样; 他们在那里所献的, 都是不洁净的。’
15 "现在你们要反省, 从今日起回想过往, 就是在耶和华的殿还没有一块石头叠在另一块石头上面以前,
16 那时你们怎样呢?有人到谷堆来, 想得两百公斤谷, 却只得一百公斤; 有人到榨酒池去, 想从酒槽得一百公升酒, 却只得四十公升。
17 耶和华说: ‘我用旱风、霉烂和冰雹击打你们, 和你们手里的一切工作, 你们还是不归向我。
18 你们要反省, 从今日起回想过往, 就是自九月二十四日起, 从耶和华殿的奠基日开始, 你们要反省:
19 仓里还有种子吗?葡萄树、无花果树、石榴树和橄榄树, 岂是还没有结果子吗?从今日起, 我必赐福。’"
20 同月二十四日, 耶和华的话再次临到哈该, 说:
21 "你要向犹大省长所罗巴伯说: ‘我要震动天地,
22 我必倾覆列国的宝座, 消灭外族万国的势力, 我必推翻战车和驾车的人; 马匹和骑马的都必跌倒; 各人必死在自己兄弟的刀下。’
23 万军之耶和华说: ‘撒拉铁的儿子, 我的仆人所罗巴伯啊! 到那日我必提拔你。’耶和华说: ‘我必以你为印记。’万军之耶和华说: ‘因为我拣选了你。’"