1 Die gesig van Obadja. So sê die Here HERE aangaande Edom: Ons het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!
2 Kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, jy is baie verag.
3 Die vermetelheid van jou hart het jou bedrieg, o jy wat woon in die rotsklowe, op hoë plekke bly, en in jou hart sê: Wie sal my op die aarde neerwerp?
4 Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
5 As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het -- hoe is jy vernietig! -- sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?
6 Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!
7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!
8 Sal Ek nie in die dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?
9 En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
10 Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.
11 Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het -- toe was jy ook soos een van hulle!
12 En tog moes jy nie met genot die dag van jou broer aanskou het nie, die dag van sy onheil, en jou nie verheug het oor die kinders van Juda op die dag van hulle ondergang nie en nie gespog het op die dag van benoudheid nie!
13 Tog moes jy nie in die poort van my volk gekom het op die dag van hulle nood nie, moes jy ook nie met genot aanskou het sy onheil op die dag van sy nood nie en nie die hand uitgesteek het na sy rykdom op die dag van sy nood nie!
14 En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.
15 Want die dag van die HERE is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
16 Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.
17 Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal 'n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.
18 Dan sal die huis van Jakob 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau 'n stoppel; en die sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek.
19 Dan sal die van die Suidland die gebergte van Esau, en die van die Laeveld die land van die Filistyne in besit neem; en hulle sal die veld van Efraim en die veld van Samar¡a, en Benjamin G¡lead in besit neem.
20 Die ballinge van hierdie leërmag van die kinders van Israel sal die wat Kana„niete is, tot by Sarfat verower; en die ballinge van Jerusalem, wat in Sef rad is, sal die stede van die Suidland in besit neem.
21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
1 俄巴底亚所见的异象。主耶和华指着以东这样说: 我们从耶和华那里听见了一个信息, 有一位使者被派往列国去, 说: "起来吧! 我们起来与以东争战。"
2 看哪! 我必使你在列国中成为弱小的, 你必大受藐视。
3 你心中的傲气欺骗了你; 你这住在岩石的隐密处, 居所在高处的啊! 你心里说: "谁能把我拉下地呢?"
4 你虽如鹰高飞, 在星宿之间搭窝, 我也必从那里把你拉下来。这是耶和华的宣告。
5 窃贼若来到你那里, 强盗若夜间来到, 岂不会偷窃直到够了呢?你将会怎样被灭绝! 摘葡萄的若来到你那里, 岂不只剩下几粒葡萄吗?
6 以扫要怎样被搜索, 他收藏的宝物被搜查出来。
7 曾与你结盟的, 都把你送到边界; 本来与你友好的, 却欺骗你, 胜过你; 与你同席的, 在你脚下暗设网罗, 你却毫不晓得。
8 耶和华宣告说: 到那日, 我岂不从以东灭绝智慧人吗?岂不从以扫山除掉聪明人吗?
9 提幔哪! 你的勇士要惊惶, 因此在以扫山上人人被杀戮剪除。
10 因你对兄弟雅各行强暴, 你必受羞辱, 永被剪除。
11 外地人劫掠雅各财物的日子, 外族人进入他的城门, 为耶路撒冷抽签; 那时你竟袖手旁观, 甚至好像他们中间的一分子!
12 你兄弟遭遇祸患的日子, 你不该看着不理; 犹大人被灭的日子, 你不该幸灾乐祸; 他们遭难的日子, 你不该张口狂傲;
13 我子民遭灾的日子, 你不该进入他们的城门; 他们遭灾的日子, 你不该看着他们受苦; 他们遭灾的日子, 你不该抢夺他们的财物。
14 你不该站在岔路口, 剪除他们中间逃脱的人; 他们遭难的日子, 你不该把他们生还的人交出来。
15 耶和华的日子临近万国了, 人必照你所行的向你施行, 你的报应必归到你的头上。
16 你们怎样在我的圣山上喝过苦杯, 万国也必照样不住地喝, 他们要喝, 并且要吞下去, 他们就不再存在了。
17 但在锡安山上必有逃脱的人, 那山必成为圣; 雅各家必得回他们原有的产业。
18 雅各家必成为火, 约瑟家必成为火焰; 以扫家却像碎秸, 被它们焚烧吞灭, 以扫家再没有生还的人了。因为耶和华已经说了。
19 南地的人必占有以扫山, 低地的人必占有非利士人之地; 他们必占有以法莲的田野和撒玛利亚的田野; 便雅悯人必占有基列。
20 被掳到哈腊的以色列人, 必占有迦南人的地, 直到撒勒法; 被掳到西法拉的耶路撒冷的人, 要占有南地众城。
21 必有拯救者登锡安山, 审判以扫山, 国权就属于耶和华了。