1 Toe Sef tja, die seun van Mattan, en Ged lja, die seun van Pashur, en Jugal, die seun van Sel,mja, en Pashur, die seun van Malk¡a, die woorde hoor waarmee Jeremia die hele volk bly toespreek het, naamlik:
2 So spreek die HERE: Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom 'n buit wees, en hy sal lewe.
3 So spreek die HERE: Hierdie stad sal sekerlik oorgegee word in die mag van die leër van die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
4 Toe het die vorste aan die koning gesê: Laat hierdie man tog gedood word, want so maak hy die hande van die krygsmanne slap wat in hierdie stad nog oor is en die hande van die hele volk deur sulke woorde tot hulle te spreek; want die man soek nie die vrede van hierdie volk nie, maar die onheil.
5 En koning Sedek¡a het gesê: Kyk, hy is in julle mag, want die koning kan niks teen julle doen nie.
6 Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malk¡a, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
7 En toe Ebed-Meleg, die Kusiet, 'n hofdienaar wat in die paleis van die koning was, hoor dat hulle Jeremia in die put gegooi het -- die koning het toe in die Benjaminspoort gesit --
8 het Ebed-Meleg uit die paleis van die koning gegaan en met die koning gespreek en gesê:
9 My heer die koning, hierdie manne het verkeerd gehandel in alles wat hulle die profeet Jeremia aangedoen het, wat hulle in die put gegooi het; hy sal tog sterwe van honger op die plek waar hy is; want daar is geen brood meer in die stad nie.
10 Toe gee die koning aan Ebed-Meleg, die Kusiet, bevel en sê: Neem hiervandaan dertig manne met jou saam en trek die profeet Jeremia uit die put op voordat hy sterwe.
11 Daarop het Ebed-Meleg die manne met hom saamgeneem en ingegaan in die paleis van die koning onder die voorraadkamer en daarvandaan verslyte en geskeurde lappe geneem wat hy na Jeremia in die put met toue laat afsak het.
12 En Ebed-Meleg, die Kusiet, het vir Jeremia gesê: Sit tog die verslyte en geskeurde lappe onder jou armholtes onder die toue; en Jeremia het so gedoen.
13 En hulle het Jeremia aan die toue opgetrek en hom uit die put uitgehaal. En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly.
14 Toe stuur koning Sedek¡a en hy laat die profeet Jeremia na hom bring in die derde ingang wat by die huis van die HERE was; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek wil jou iets vra; steek vir my niks weg nie.
15 Maar Jeremia het Sedek¡a geantwoord: As ek u dit te kenne gee, sal u my nie sekerlik doodmaak nie? En as ek u raad gee, sal u na my nie luister nie.
16 Toe sweer koning Sedek¡a vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die HERE leef wat aan ons hierdie lewe verleen het -- ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!
17 Daarop sê Jeremia vir Sedek¡a: So spreek die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis.
18 Maar as u nie uitgaan na die vorste van die koning van Babel nie, sal hierdie stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee word, en hulle sal dit met vuur verbrand; en u self sal uit hulle hand nie vryraak nie.
19 Toe sê koning Sedek¡a vir Jeremia: Ek is bevrees dat hulle my in die hand van die Jode wat na die Chaldeërs oorgeloop het, sal oorgee en dat die met my die spot sal drywe.
20 Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van die HERE in wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.
21 Maar as u weier om uit te gaan -- dit is die woord wat die HERE my laat sien het:
22 Kyk, al die vroue wat in die paleis van die koning van Juda oorgebly het, is uitgelei na die vorste van die koning van Babel, terwyl hulle gesê het: Die manne met wie u vriendskap gehou het, het u verlei en u oorweldig; toe u voete in die modder ingesak het, het hulle agteruitgewyk.
23 Hulle sal dan al u vroue en u kinders na die Chaldeërs uitlei; ook sal u self uit hulle hand nie vryraak nie; maar u sal deur die hand van die koning van Babel gevang word, en hierdie stad sal met vuur verbrand word.
24 Toe sê Sedek¡a vir Jeremia: Laat niemand van hierdie woorde weet nie, dat jy nie sterwe nie.
25 En as die vorste hoor dat ek met jou gespreek het en by jou kom en aan jou sê: Vertel ons tog wat jy met die koning gespreek het; steek dit nie vir ons weg nie, en ons sal jou nie doodmaak nie; en wat het die koning met jou gespreek? --
26 dan moet jy hulle antwoord: Ek het my smeking eerbiedig voor die koning gebring, dat hy my nie moet laat terugbring in die huis van Jonatan, om daar te sterwe nie.
27 Toe het al die vorste by Jeremia gekom en hom uitgevra; en hy het aan hulle mededeling gedoen volgens al hierdie woorde wat die koning hom beveel het. Toe het hulle hom met rus gelaat; want die saak het nie bekend geword nie.
28 En Jeremia het in die voorhof van bewaking gebly tot op die dag dat Jerusalem ingeneem is. En toe Jerusalem ingeneem is --
1 玛坦的儿子示法提雅、巴施户珥的儿子基大利、示利米雅的儿子犹甲、玛基雅的儿子示巴户珥, 听见耶利米对众民宣讲以下的话:
2 "耶和华这样说: ‘凡留在这城里的, 必因刀剑、饥荒、瘟疫而死; 但出去向迦勒底人投降的, 必可以活着; 他们必捡回自己的性命, 得以生存。’
3 耶和华这样说: ‘这城必交在巴比伦王军队的手中, 巴比伦王必攻取这城。’"
4 于是众领袖对王说: "这人应该处死, 因为他向这城里剩下的军兵和众民说了这样的话, 使他们的手都软弱无力。这人不是为这人民求平安, 却是惹来灾祸的。"
5 西底家王说: "看哪! 他在你们手中; 王不能作什么反对你们。"
6 他们就拿住耶利米, 把他丢在王子玛基雅的井里, 那井是在卫兵的院子里的; 他们用绳子把耶利米缒下去。井里没有水, 只有淤泥; 耶利米就陷在淤泥中。
7 宫中的臣宰古实人以伯.米勒, 在王宫里听见他们把耶利米关在井里的消息(那时, 王正在便雅悯门坐着),
8 以伯.米勒就从王宫里出来, 禀告王说:
9 "我主我王啊! 这些人对耶利米先知所作的一切真是恶毒, 他们把他丢在井里; 在那地方他必饿死, 因为城里再没有粮食了。"
10 于是王吩咐古实人以伯.米勒说: "你从这里带三十个人, 在耶利米先知未死以前, 把他从井里拉上来。"
11 以伯.米勒就带人进王宫去, 到储物室下面的一个房间, 从那里取了些破布烂衣, 用绳子缒下井里给耶利米。
12 古实人以伯.米勒对耶利米说: "把这些破布烂衣垫在你的腋下, 然后束上绳子。"耶利米就这样作了。
13 于是他们用绳子把耶利米从井里拉出来; 这样, 耶利米可以住在卫兵的院子里。
14 后来, 西底家王派人去把耶利米先知带到耶和华殿中的第三道门那里去见他。王对耶利米说: "我要问你一件事, 你什么都不可以向我隐瞒。"
15 耶利米对西底家说: "我若告诉你, 你不是要杀死我吗?我若向你建议, 你必不听从我。"
16 于是西底家王私下向耶利米起誓, 说: "我指着那创造我们生命的永活的耶和华起誓: 我决不杀死你, 也不把你交在这些寻索你性命的人的手里。"
17 耶利米对西底家说: "耶和华万军的 神、以色列的 神这样说: ‘你若出去归降巴比伦王的将领, 你的性命就可以存活; 这城也不会被火焚烧, 你和你一家都可以存活。
18 但你若不出去归降巴比伦王的将领, 这城就必交在迦勒底人的手中; 他们必放火烧毁这城, 你自己也不能从他们的手里逃脱。’"
19 西底家王对耶利米说: "我害怕那些已向迦勒底人投降的犹大人, 恐怕迦勒底人把我交在他们手中, 他们就会凌辱我。"
20 耶利米说: "迦勒底人必不会把你交给他们。求你听从我对你所说的耶和华的话; 这样, 你就可以平安无事, 你的性命也可以存活。
21 你若拒绝出去投降, 耶和华指示我的话就是这样:
22 看哪! 犹大王宫里所有剩下的妇女, 都必被带出来, 去到巴比伦王的将领那里。那些妇女必对你说: ‘你的盟友煽惑了你, 左右了你; 现在你的脚陷在泥沼中, 他们就都离弃你。’
23 你所有的后妃和你的儿女, 都必被带出来, 去到迦勒底人那里; 你自己也不能从他们的手里逃脱, 因为你必被巴比伦王的手抓住; 这城也必被火烧毁("这城也必被火烧毁"有古抄本作"你必放火烧毁这城")。"
24 西底家对耶利米说: "不要给人知道这些话, 这样你就不会死。
25 众领袖若听见了我和你说过话, 就会来见你, 对你说: ‘告诉我们, 你对王说了些什么?不可向我们隐瞒, 我们就不会杀死你。王又对你说了些什么?’
26 你就要对他们说: ‘我只是把我的恳求呈到王面前, 求他不要把我送回约拿单的房子去, 免得我死在那里。’"
27 所有的领袖果然来见耶利米, 查问他; 他就照着王所吩咐的这一切话告诉他们。于是他们不再追问他, 因为王和他说话的内容没有给人听见。
28 这样, 耶利米留在卫兵的院子里, 直到耶路撒冷被攻取的那一天。