1 En Pashur, die seun van Immer, die priester -- wat hoofopsigter was in die huis van die HERE -- het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.
2 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die HERE.
3 Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE noem jou nie Pashur nie, maar Skrik -- rondom!
4 Want so spreek die HERE: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.
5 Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring.
6 En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het.
7 HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my.
8 Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! -- omdat die woord van die HERE vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag.
9 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.
10 Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.
11 Maar die HERE is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.
12 Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien -- laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
13 Sing tot eer van die HERE, prys die HERE! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.
14 Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.
15 Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is 'n seun gebore -- waardeur hy hom grootliks verbly het.
16 Ja, laat die man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,
17 omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie.
18 Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?
1 音麦的儿子巴施户珥祭司, 就是耶和华殿的总管, 他听见了耶利米预言这些事,
2 就殴打耶利米先知, 把他枷锁在耶和华殿里, 朝向便雅悯的上门内。
3 次日, 巴施户珥把耶利米从枷锁上解下来, 耶利米就对他说: "耶和华不再称你的名为巴施户珥, 却要称你为玛歌珥.米撒毕("玛歌珥.米撒毕"意即"四围惊慌")。
4 因为耶和华这样说: ‘看哪! 我要使你自己和你所有的朋友都惊惶失措; 他们必倒在他们仇敌的刀下, 你也必亲眼看见。我要把全犹大交在巴比伦王手中; 他要把他们掳到巴比伦去, 或用刀击杀他们。
5 我要把这城的一切财物、一切劳碌得来的、一切珍宝和犹大列王的一切宝物, 都交在他们仇敌的手中; 仇敌要把这一切抢劫掠夺, 带回巴比伦去。
6 巴施户珥啊! 你和所有住在你家里的人, 都要被掳去; 你和你所有的朋友, 就是你向他们说假预言的, 都要到巴比伦去, 死在那里, 也葬在那里。’"
7 耶和华啊! 你愚弄了我, 我受了愚弄; 你比我强大, 你胜了我。我整天成了别人讥笑的对象, 人人都嘲弄我。
8 因为我每次发言, 都大声呼叫; 我呼喊, 说: "有强暴和毁灭! "耶和华的话使我整天受人辱骂和讥讽。
9 如果我说: "我不再提起他, 也不再奉他的名说话", 他的话就像火在我心中焚烧, 被困在我的骨里; 我不能再抑制, 实在不能了。
10 我听见许多人耳语: "玛歌珥.米撒毕! 告发他, 我们要告发他! "我所有的知己朋友都等着看我行差踏错, 他们说: "希望他会上当, 我们就可以胜过他, 向他报复。"
11 但耶和华与我同在, 像一个威武可畏的勇士, 因此, 逼迫我的都必跌倒, 不能得胜。他们必大大蒙羞, 因为他们失败了; 这永远的耻辱是人不能忘记的。
12 万军之耶和华啊! 你试验义人, 察看人的心肠肺腑; 求你让我看见你在他们身上施行的报复, 因为我已经把我的案件向你陈明了。
13 你们要歌颂耶和华, 赞美耶和华; 因为他救了穷乏人的性命, 脱离恶人的手。
14 愿我生的那一天受咒诅! 愿我母亲生我的那一天不蒙祝福!
15 那向我父亲报喜信: "你得了一个男孩", 叫我父亲十分高兴的, 愿那人受咒诅!
16 愿那人像耶和华所倾覆而不顾惜的城市, 愿他早晨听见哀号, 午间听见战争的吶喊。
17 因为他没有使我死于母腹, 好使我的母亲成了我的坟墓, 我永远留在母腹中。
18 我为什么要出母胎, 经历劳苦和忧伤, 并且我的年日都消逝在羞辱之中呢?