Publicidade

Jeremias 47

1 Die woord van die HERE wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.2 So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,3 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie -- so slap is die hande --4 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.5 'n Kaal plek het op Gasa gekom; Askelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?6 Wee, swaard van die HERE, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.7 Hoe sou dit rus hê, terwyl die HERE daaraan bevel gegee het teen Askelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.

1 在法老攻击迦萨以先, 耶和华论到非利士人的话临到耶利米先知。 2 耶和华这样说: "看哪! 有水从北方涨起, 成为一股泛滥的洪流, 淹没大地和地上的一切, 淹没城镇和住在城中的居民。人必呼喊, 地上所有的居民必哀号。 3 因为听见战马的蹄声, 还有战车辚辚和车轮辘辘的响声, 作父亲的双手酸软无力, 不能照顾他们的儿女。 4 日子将到, 非利士人必全遭毁灭, 所有曾援助推罗和西顿仍然幸存的人必被剪除, 因为耶和华要毁灭非利士人, 就是迦斐托岛余剩的人。 5 迦萨成了秃头的, 亚实基伦静默无声("静默无声"或译: "被毁坏了"), 在它们的平原上("在它们的平原上"或参照《七十士译本》译作"亚衲族"﹝参书11:21-22﹞)余剩的人哪, 你们划伤自己的身体要到几时呢?" 6 耶和华的刀剑哪, 你要到几时才可停下来呢?请你入鞘吧! 休息静止吧! 7 但耶和华既吩咐了它, 又怎能停下来呢?他指派了它去攻击亚实基伦和沿海一带。

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-10_01-11-40-blue