1 Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?

2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.

3 Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.

4 Wat roem jy op die dale, op die oorvloed van jou dal, o afkerige dogter, wat op jou voorrade vertrou en sê: Wie sal aan my kom?

5 Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.

6 Maar daarna sal Ek die lot van die kinders van Ammon verander, spreek die HERE.

7 Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?

8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.

9 As daar druiwesnyers na jou kom, sal hulle geen na-oes laat oorbly nie; of diewe in die nag -- hulle sal verniel totdat hulle genoeg het.

10 Want Ek het Esau ontbloot, Ek het sy skuilplekke oopgemaak, sodat hy hom nie kan wegsteek nie; sy geslag is verwoes, ook sy broers en sy bure, en hy is daar nie.

11 Laat jou wese agterbly, en k sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.

12 Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.

13 Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.

14 Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.

15 Want kyk, Ek het jou klein gemaak onder die nasies, verag onder die mense.

16 Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend -- daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.

17 So sal Edom dan 'n voorwerp van verbasing word; elkeen wat by hom verbytrek, sal hom verbaas en spot oor al sy plae.

18 Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.

19 Kyk, soos 'n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in 'n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog 'n herder wat voor my aangesig kan standhou?

20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.

21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is 'n geskreeu -- by die Skelfsee word die geluid daarvan gehoor.

22 Kyk, een sal opstyg en vlieg soos 'n arend en sy vlerke oor Bosra uitsprei; en die hart van die helde van Edom sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.

23 Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.

24 Damaskus is ontmoedig, hy het omgedraai om te vlug, en skrik het hom aangegryp; benoudheid en weë soos van een wat baar, het hom aangegryp.

25 Hoe is die roemryke stad nie verlaat nie, die vesting van my vreugde!

26 Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in die dag omkom, spreek die HERE van die leërskare.

27 En Ek sal 'n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van B,nhadad verteer.

28 Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadr,sar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.

29 Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!

30 Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadr,sar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen julle beraam.

31 Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.

32 En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE.

33 En Hasor sal word 'n lêplek van jakkalse, 'n wildernis tot in ewigheid; niemand sal daar woon nie, en geen mensekind sal daar vertoef nie.

34 Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedek¡a, die koning van Juda, naamlik:

35 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek verbreek die boog van Elam, die keur van hulle krag.

36 En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.

37 En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.

38 En Ek sal my troon in Elam vestig, en sal koning en vorste daaruit tot niet maak, spreek die HERE.

39 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Elam verander, spreek die HERE.

1 论到亚扪, 耶和华这样说: "以色列没有子孙吗?没有后嗣吗?为什么米勒公竟承受了迦得为业呢?

2 因此, 看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 我必使战争的吶喊声响起, 有敌人来攻击亚扪的拉巴; 拉巴必成为一片废墟, 属它的乡镇("乡镇"原文作"女子")必被火焚烧。那时以色列人必从侵略他们的人的手中收回土地。"这是耶和华说的。

3 "希实本哪, 你要哀号! 因为艾城已被毁灭。拉巴的居民("居民"原文作"女子"), 你们要呼喊, 要腰束麻布, 要哀哭, 要在城墙内跑来跑去。因为米勒公, 以及事奉它的祭司和领袖, 都必一同被掳去。

4 背道的居民("居民"原文作"女子")哪! 你们为什么因有山谷, 就是你们那肥沃的山谷而夸口呢?你们十分倚靠自己的财宝, 说: ‘有谁敢来攻击我们呢?’

5 看哪! 我必使你们因四围的列国而恐慌, 这是主万军之耶和华的宣告; 你们必被赶逐, 各自逃命, 没有人把四散奔逃的人聚集起来。

6 但我日后必使被掳的亚扪人归回。"这是耶和华的宣告。

7 论到以东, 万军之耶和华这样说: "提幔再没有智慧吗?聪明人已经计穷才尽吗?他们的智慧都消失了吗?

8 底但的居民哪! 你们要转身逃跑, 藏在隐蔽的地方, 因为我惩罚以扫的时候, 必使灾祸临到他身上。

9 收取葡萄的若来到你那里, 岂不剩下一些葡萄吗?盗贼若在夜间来到你那里, 岂不是只偷他们所要的吗("岂不是只偷他们所要的吗"或译: "岂不毁坏直到够了吗")?

10 但是我要使以扫赤裸, 揭露他藏匿的地方, 以致他不能隐藏。他的后裔、他的兄弟和他的邻居都必灭亡,

11 没有人会说: ‘你撇下你的孤儿, 我必使他们存活; 你的寡妇可以倚靠我。’"

12 耶和华这样说: "看哪! 原不该喝那杯的, 尚且一定要喝, 难道你可以完全免受刑罚吗?你必不能免受刑罚, 你一定要喝那杯。

13 因为我曾指着自己起誓, 波斯拉必成为令人惊骇、被人羞辱和咒诅的对象; 它必变成荒野, 它一切的城镇都必永远变成荒场。"这是耶和华的宣告。

14 我从耶和华那里听见了一个信息, 有一位使者被派往列国去, 说: "你们要聚集去攻击以东, 要起来争战! "

15 "看哪! 我必使你在列国中成为弱小的, 在世人中被藐视。

16 你那令人战栗的威风, 你心中的傲气欺骗了你; 你这住在岩石的隐密处, 雄据山岭高处的啊! 你虽如鹰在高处搭窝, 我也必把你从那里拉下来。"这是耶和华的宣告。

17 "以东必成为令人惊骇的地方; 每一个经过那里的, 都必因这地所遭受的一切创伤而惊骇, 并且嗤笑它。

18 以东必倾覆, 像所多玛、蛾摩拉, 和它们的城镇一样(这是耶和华说的), 必没有人住在那里, 也必没有人在那里寄居。

19 看哪! 狮子怎样从约旦河边的丛林走上来, 攻击常绿的牧场, 照样, 我必在眨眼之间把以东赶走, 使它离开这地; 谁蒙拣选, 我就派谁治理这地。谁能和我相比呢?谁可以把我传来审讯呢?哪一个牧人能在我面前站立得住呢?"

20 因此, 你们要听耶和华筹谋对付以东的计划, 和他为了提幔的居民所定下的策略。他们羊群中最小的也必被拉去, 他们的牧场也必因临到它们的灾祸而荒废。

21 因他们倒下的响声, 地就震动; 并且有哀叫的声音, 在红海那里也听得到。

22 看哪! 必有一人像大鹰飞扑而来, 展开翅膀攻击波斯拉; 在那日, 以东勇士的心必惊慌, 像临产妇人的心一样。

23 论到大马士革, 耶和华说: "哈马和亚珥拔纷乱不安, 因为他们听到了坏消息; 他们的心融化, 焦虑慌张, 像不能平静的海洋。

24 大马士革失去勇气, 转身逃跑; 但恐慌抓住它, 忧虑痛苦把它捉住, 像正在生产的妇人的痛苦一样。

25 著名的城市, 我所欢喜的市镇, 怎么竟被撇弃呢!

26 它的年轻人必仆倒在它的街道上, 到那日, 所有的战士都必被消灭。"这是万军之耶和华的宣告。

27 "我要焚烧大马士革的城墙, 烧毁便.哈达的堡垒。"

28 论到巴比伦王尼布甲尼撒所击败的基达, 以及夏琐诸国, 耶和华这样说: "起来, 上去攻击基达, 消灭东方人!

29 夺去他们的帐棚和羊群, 带走他们的幔子、一切器具和骆驼; 人必向他们呼叫: ‘四围都是惊慌。’

30 夏琐的居民哪! 你们要逃跑, 快快逃命, 藏在隐蔽的地方, 因为巴比伦王尼布甲尼撒筹谋计划对付你们, 定下策略攻击你们。"这是耶和华的宣告。

31 "起来! 上去攻打那安逸无虑的国家(这是耶和华的宣告); 这国没有城门, 也没有门闩; 他们是独自居住的。

32 他们的骆驼必成为掠物, 他们无数的牲畜必成为掳物。我必把那些剃除了鬓发的人分散到四方去, 我必使灾祸从四面八方临到他们。"这是耶和华的宣告。

33 "夏琐必成为野狗的巢穴, 永远荒凉; 必没有人住在那里, 也必没有人在那里寄居。"

34 犹大王西底家开始执政的时候, 耶和华论到以拦的话临到耶利米先知, 说:

35 "万军之耶和华这样说: 看哪! 我要折断以拦的弓, 就是他们战斗力强的武器。

36 我要使四风从天的四边刮到以拦身上, 把他们分散到四方, 以致没有一个国家没有以拦难民的踪迹。

37 我必使以拦人在他们的仇敌面前惊慌, 在寻索他们性命的人面前恐惧; 我必使灾祸, 就是我的烈怒, 临到他们身上; 我必差遣刀剑追赶他们, 直到把他们灭绝。"这是耶和华的宣告。

38 "我必在以拦设立我的宝座, 除灭那里的君王和领袖(这是耶和华的宣告)。

39 但日后我必使被掳的以拦人归回。"这是耶和华的宣告。