1 Die HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE -- nadat Nebukadr,sar, die koning van Babel, Jegonja, die seun van Jojakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.

2 In die een mandjie was baie goeie vye soos die voorvye; maar in die ander mandjie was baie slegte vye, te sleg om te eet.

3 En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.

4 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

5 So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;

6 en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie.

7 En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.

8 En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet -- waarlik, so sê die HERE -- so sal Ek Sedek¡a, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;

9 en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak, 'n onheil vir al die koninkryke van die aarde, 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n spot en 'n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe;

10 en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.

1 巴比伦王尼布甲尼撒把犹大王约雅敬的儿子耶哥尼雅, 和犹大的众领袖、工匠与铁匠从耶路撒冷掳到巴比伦去。这事以后, 耶和华使我看见在耶和华的殿前面摆着两筐无花果。

2 一筐是极好的无花果, 像初熟的无花果; 另一筐是极坏的无花果, 坏到不能吃。

3 于是耶和华问我: "耶利米啊, 你看见什么?"我回答: "我看见无花果。那些好的无花果极好, 坏的却极坏, 坏到不能吃。"

4 耶和华的话临到我, 说:

5 "耶和华以色列的 神这样说: ‘被掳去的犹大人, 就是我打发离开这地方到迦勒底人之地去的, 我必看他们如同这些好的无花果一样, 眷顾他们。

6 我必关注他们, 眷顾他们, 领他们归回这地。我必建立他们, 必不拆毁; 我必栽植他们, 必不拔除。

7 我必赐给他们一颗认识我的心, 知道我就是耶和华; 他们要作我的子民, 我要亲自作他们的 神, 因为他们必一心归向我。’"

8 "但耶和华这样说: ‘我怎样处置那些坏到不能吃的坏无花果, 我也必照样对待犹大王西底家、他的众领袖和耶路撒冷的余民, 不论是余剩在这地的, 或是住在埃及地的。

9 我必使他们成为地上万国所惊恐、所讨厌的; 在我赶逐他们到的各地方, 成为被人羞辱、讥笑、嘲弄、咒诅的对象。

10 我必打发刀剑、饥荒、瘟疫去攻击他们, 直到他们从我赐给他们和他们列祖的土地上都消灭了。’"