1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het.
2 So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;
3 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
4 En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda:
5 Want so sê die HERE: Ons het 'n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!
6 Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
8 En op die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
9 Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.
10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
12 Want so sê die HERE: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik.
13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.
14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.
15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.
16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as 'n buit.
17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.
18 So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.
20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.
22 En julle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees.
23 Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
1 耶和华有话临到耶利米, 说:
2 "耶和华以色列的 神这样说: ‘你要把我对你说过的一切话都写在书上。
3 看哪! 日子快到(这是耶和华的宣告), 我必使我的子民以色列和犹大被掳的人归回。’耶和华说: ‘我必使他们回到我赐给他们列祖之地, 他们要重得这地为业。’"
4 以下是耶和华论到以色列和犹大所说的话:
5 "耶和华这样说: ‘我听见了战栗喊叫的声音, 一片恐慌, 没有平安。
6 你们去问问, 去看看: 男人会生孩子吗?为什么我看见所有的壮汉, 都用手抱着腹部, 像正在生产的妇人, 每张脸都变成苍白呢?
7 哀哉! 那日大而可畏, 无可比拟; 这是雅各受苦的时期, 但他必被救出来。’"
8 "万军之耶和华宣告说: ‘当那日, 我必从他们("他们"按照《马索拉抄本》应作"你"; 现参照《七十士译本》翻译)的颈项上折断仇敌的轭, 扯断他们("他们"按照《马索拉抄本》应作"你"; 现参照《七十士译本》翻译)的绳套; 他们必不再作外族人的奴隶。
9 他们却要事奉耶和华他们的 神, 和我为他们兴起的大卫王。
10 所以, 我的仆人雅各啊! 你不要惧怕。’这是耶和华的宣告。’以色列啊! 你不要惊慌。因为我必拯救你从远方回来, 必拯救你的后裔脱离他们被掳之地。雅各必归回, 得享平静安逸, 没有人可以使他害怕。
11 因为我与你同在, 要拯救你; 我要消灭我赶散你去的列国, 却必不消灭你。我要按公正惩治你, 决不能免你受罚。’"这是耶和华的宣告。
12 "耶和华这样说: ‘你的损伤无法痊愈, 你的创伤不能医治。
13 没有人为你申诉, 你的伤处无药可救, 你不得医治。
14 你所有的盟友都忘记了你, 不再关心你; 我击打了你, 好像仇敌击打你, 又好像残暴的人惩罚你一样; 都因你的罪孽甚多, 你的罪恶无数。
15 你为什么因你的损伤哀叫呢?你的病痛无法痊愈。我这样对你, 是因你的罪孽甚多, 你的罪恶无数。
16 但是, 吞吃你的, 必被吞吃; 你所有的敌人全都要被掳走; 抢掠你的, 必成为被抢掠之物; 掠夺你的, 我必使他们成为被掠夺之物。
17 虽然人都说你是被放逐的, 是没有人关心的锡安; 我却必使你康复, 医治你的创伤。’"这是耶和华的宣告。
18 "耶和华这样说: ‘看哪! 我必复兴雅各的帐棚, 也必怜悯他的居所; 城市必在废墟上重建, 堡垒必立在原来的地点上。
19 必有感谢的歌声, 和欢笑的声音从其中发出来。我必使他们人数增多, 不会减少; 我必使他们得尊荣, 不再被人轻看。
20 他们的子孙必像以前一样蒙恩, 他们的国家必在我面前坚立; 我必惩罚所有压迫他们的人。
21 他们的元首必是他们自己的人, 他们的统治者必出自他们中间; 我必使他近前来, 他也必亲近我, 不然, 谁敢冒生命的危险来亲近我呢?’这是耶和华的宣告。
22 ‘你们要作我的子民, 我要作你们的 神。’"
23 看哪! 耶和华的旋风, 在震怒中发出, 是横扫的狂风, 必卷到恶人的头上。
24 耶和华的烈怒必不转消, 直到他作成和实现他心中的计划。在末后的日子, 你们就会明白这事。