1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:

2 Staan in die poort van die huis van die HERE, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid!

3 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.

4 Vertrou nie op bedrieglike woorde nie -- wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!

5 Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar;

6 vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie --

7 dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu.

8 Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.

9 Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie,

10 en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sê: Ons is verlos! -- om al hierdie gruwels te doen?

11 Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, 'n spelonk van moordenaars in julle oë? Ook Ek -- kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.

12 Want gaan tog na my plek wat in Silo was, waar Ek my Naam vroeër laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk Israel.

13 Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek die HERE, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie,

14 daarom sal Ek aan die huis waaroor my Naam uitgeroep is, waar julle op vertrou, en aan die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, doen soos Ek aan Silo gedoen het.

15 En Ek sal julle van my aangesig wegwerp soos Ek al julle broers, die hele geslag van Efraim, weggewerp het.

16 En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie.

17 Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem doen nie?

18 Die kinders maak hout bymekaar, en die vaders steek die vuur aan, en die vroue knie deeg om koeke te maak vir die hemelkoningin en vir ander gode drankoffers uit te giet om My te terg.

19 Terg hulle My? spreek die HERE. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul aangesig nie?

20 Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor die mense en oor die diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die land; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.

21 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis.

22 Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie.

23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.

25 Van die dag af dat julle vaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe het Ek na julle al my knegte, die profete, gestuur, daagliks, vroeg en laat;

26 maar hulle het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard; hulle het dit erger gemaak as hul vaders.

27 Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie; en jy moet na hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28 Sê dan vir hulle: Dit is die nasie wat na die stem van die HERE hulle God nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie; die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond.

29 Skeer jou mooi hare af, o Jerusalem, en gooi dit weg, en hef op die kaal heuwels 'n klaaglied aan; want die HERE het die geslag van sy grimmigheid verwerp en verstoot.

30 Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE. Hulle het hul verfoeisels gesit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.

31 En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand -- iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie.

32 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat nie meer gesê sal word: Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal. En hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees nie.

33 En die lyke van hierdie volk sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

34 En Ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid; want die land sal 'n puinhoop word.

1 耶和华有话临到耶利米, 说:

2 "你要站在耶和华的殿门口, 在那里宣告这话, 说: ‘所有进这些门来敬拜耶和华的犹大人哪! 你们都要听耶和华的话。’"

3 万军之耶和华以色列的 神这样说: "你们要改正自己的所作所为, 我就让你们在这地方居住。

4 你们不要倚靠虚谎的话, 说: ‘这是耶和华的殿, 是耶和华的殿, 是耶和华的殿。’

5 如果你们实在改正自己的所作所为, 人与人之间认真施行公正;

6 如果你们不欺压寄居的, 不欺压孤儿寡妇, 不在这地方流无辜人的血, 也不跟从别的神, 自招祸患;

7 我就让你们在赐给你们列祖直到永远的这地方居住。

8 "可是, 你们竟然倚靠虚谎无益的话。

9 你们怎可偷盗、凶杀、奸淫、起假誓、向巴力烧香, 跟从你们素不认识的别神,

10 然后来到这称为我名下的殿, 站在我面前, 说: ‘我们安全啦! ’你们这样就可以行这一切可憎的事吗?

11 这称为我名下的殿, 难道在你们眼中看为贼窝吗?但我都看见了。"这是耶和华的宣告。

12 "你们可以到示罗我的地方去, 就是先前我名的居所, 看看我因我子民以色列的邪恶, 对那地方所行的。

13 现在, 因你们行了这一切事, 我不断恳切告诫你们, 你们却不听; 我呼唤你们, 你们却不答话。"这是耶和华的宣告。

14 "所以我从前怎样对待示罗, 将来也怎样对待你们所倚靠的那称为我名下的殿, 以及我赐给你们和你们列祖的地方。

15 我必把你们从我面前赶出, 像我从前赶出你们的众兄弟, 以法莲所有的后裔一样。

16 "至于你, 不要为这人民祈祷, 不要为他们呼求祷告, 也不要为他们向我恳求, 因为我不会听你。

17 他们在犹大的各城中, 在耶路撒冷的街道上所行的, 你没有看见吗?

18 儿子捡柴, 父亲生火, 妇女抟面, 为天后做饼, 又向别的神浇奠祭, 惹我发怒。

19 他们害的是我吗?岂不是他们自己, 以致脸上蒙羞吗?"这是耶和华的宣告。

20 因此, 主耶和华这样说: "看哪! 我的怒气和忿怒, 必倒在这地方, 也必倒在人口、牲畜、田野的树木和地的出产上; 怒火烧起, 不能熄灭。"

21 万军之耶和华以色列的 神这样说: "你们尽管把燔祭加在平安祭上, 自己吃祭肉吧!

22 因为我把你们列祖从埃及地领出来的那日, 燔祭和平安祭的事, 我并没有向他们提说, 也没有吩咐他们。

23 我只吩咐他们这一件事, 说: ‘你们要听从我的话, 我就作你们的 神, 你们也作我的子民; 你们要遵行我所吩咐的一切道, 好使你们蒙福。’

24 他们却没有听从, 也不留心, 反倒按着他们的计谋, 随从自己顽梗的恶心行事, 向后不向前。

25 自从你们列祖出埃及地的那日直到今日, 我差遣我的仆人众先知到你们那里去, 而且是每日不断差遣。

26 你们("你们"原文作"他们")却没有听从, 毫不留心, 反倒硬着颈项行恶, 比你们("你们"原文作"他们")的列祖还厉害。

27 "你要把这一切话告诉他们, 他们却不听从你; 你呼叫他们, 他们也不回应。

28 然而, 你要对他们说: ‘这就是不听从耶和华他们 神的话, 不受管教的国; 诚实丧尽, 并已从他们的口中断绝了。

29 "‘你要剪去头发, 并且把它拋掉, 上到光秃的高冈举哀, 因为耶和华摈斥、弃绝了他所憎恨的世代。’"

30 "因为犹大人行了我看为恶的事, 把他们可憎的偶像安放在称为我名下的殿中, 污渎了这殿。"这是耶和华的宣告。

31 "他们在欣嫩子谷中, 建造了陀斐特的邱坛, 用火焚烧自己的儿女; 这不是我吩咐的, 我也没有在心里想过。

32 因此, 看哪! 日子快到, 人必不再称这地方为陀斐特或欣嫩子谷, 却要称它为‘杀戮谷’; 人必在陀斐特埋葬尸体, 甚至无处可容。"这是耶和华的宣告。

33 "这人民的尸体, 也必给空中的飞鸟和地上的野兽作食物, 没有人来驱赶。

34 那时, 我必在犹大的城市中和耶路撒冷的街道上, 使欢欣和快乐的声音、新郎和新妇的声音止息, 因为这地必要变为荒场。"