1 En Boas het opgegaan na die poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.

2 Daarop neem hy tien man uit die oudstes van die stad en sê: Sit hier! En hulle het gaan sit.

3 En hy sê vir die losser: Die stuk grond van ons broer Eliméleg wil Naomi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, verkoop.

4 Nou het ek gedink, ek sal jou dit meedeel en sê: Koop dit voor die wat hier sit, en voor die oudstes van my volk; as jy wil los, los dan; maar as jy nie wil los nie, gee my te kenne, dat ek dit kan weet, want daar is niemand om te los behalwe jy nie, en ek n jou. En hy antwoord: Ek sal los.

5 Daarop sê Boas: Die dag as jy die grond uit die hand van Naomi koop, dan verwerf jy tegelyk Rut, die Moabitiese, die vrou van die dode, om die naam van die dode in stand te hou oor sy erfdeel.

6 En die losser sê: Ek kan dit nie vir my los nie, anders bederf ek my erfdeel; neem jy my lossingsreg oor, want ek kan nie los nie.

7 En d¡t was vroeër in Israel die gebruik by lossing en by ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was dan die bekragtiging in Israel.

8 Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop dit vir jou; en hy het sy skoen uitgetrek.

9 Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elim,leg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naomi koop.

10 En ook Rut, die Moabitiese, die vrou van Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies.

11 Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in frata en maak 'n naam in Betlehem!

12 En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het -- uit die nageslag wat die HERE jou uit hierdie jong vrou sal gee!

13 So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar.

14 Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!

15 Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.

16 En Naomi het die kind geneem en op haar skoot gesit, en sy het sy pleegmoeder geword.

17 En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naomi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Isai, die vader van Dawid.

18 En dit is die stamboom van Peres: Peres was die vader van Hesron,

19 en Hesron die vader van Ram, en Ram van Amm¡nadab,

20 en Amm¡nadab van Nagson, en Nagson van Salma,

21 en Salmon van Boas, en Boas van Obed,

22 en Obed van Isai, en Isai van Dawid.

1 波阿斯去到城门, 坐在那里, 波阿斯所说那个有买赎权的近亲刚巧路过那里。波阿斯说: "喂, 老兄, 过来坐一下吧。"他就过去坐下来了。

2 波阿斯又邀请城里的十个长老, 对他们说: "请坐在这里。"他们就坐下来了。

3 他对那个有买赎权的近亲说: "从摩押地回来的拿俄米, 现在要卖我们族兄以利米勒的那块地。

4 我想把这一件事告诉你, 请你在众民的长老, 还有在座的各位面前, 把它买下来吧。如果你肯赎就赎, 假如不肯, 就说出来, 让我知道; 因为除了你当赎它以外, 我是第一候补。"那人说: "我肯赎。"

5 波阿斯说: "你从拿俄米手中买下那块地的时候, 你也得娶("娶"原文作"买")已死的人的妻子摩押女子路得, 使已死的人的名字留在他的产业上。"

6 那有买赎权的近亲说: "那我就不能赎它了, 只怕损害了我的产业。你可以赎我当赎的, 因为我没有办法赎了。"

7 从前在以色列, 无论买赎或是交易, 决定什么事, 当事人就要脱鞋给对方。这是以色列中作证的方式。

8 那有买赎权的近亲对波阿斯说: "你自己买下来吧。"就把鞋脱下来。

9 波阿斯对长老和众人说: "今天你们都是见证人, 所有属于以利米勒、基连和玛伦的, 我都从拿俄米手中买下来了。

10 我也娶了("娶了"原文作"买了")玛伦的妻子摩押女子路得作妻子, 使已死的人的名字留在他的产业上, 免得他的名字在本族本乡中除掉。今天你们都是见证人。"

11 聚集在城门的众人和长老都说: "我们都是见证人。愿耶和华使进你家的这女人, 像建立以色列家的拉结和利亚二人一样。愿你在以法他显大, 在伯利恒扬名。

12 愿耶和华从这少妇赐你后裔, 使你的家像他玛从犹大所生法勒斯的家一般。"

13 于是波阿斯娶了路得作妻子, 与她亲近。耶和华使她怀孕生了一个儿子。

14 妇女对拿俄米说: "耶和华是应当称颂的, 因为他今天没有断绝你有买赎权的近亲, 愿他在以色列中扬名。

15 他必苏醒你的生命, 养你的老, 因为他是爱你的媳妇所生的; 有她比有七个儿子更好。"

16 拿俄米把孩子接过来, 抱在怀中, 作他的保姆。

17 邻近的妇女要给他起名字, 说: "拿俄米生了孩子了。"就给他起名叫俄备得; 这俄备得是耶西的父亲, 耶西是大卫的父亲。

18 以下是法勒斯的后代: 法勒斯生希斯仑,

19 希斯仑生兰, 兰生亚米拿达,

20 亚米拿达生拿顺, 拿顺生撒门,

21 撒门生波阿斯, 波阿斯生俄备得,

22 俄备得生耶西, 耶西生大卫。