1 En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kana„niete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.
2 Want hulle het van hulle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad.
3 En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit.
4 En by my het byeengekom almal wat gebeef het vir die woorde van die God van Israel, oor die ontrou van die ballinge; maar ek het verslae bly sit tot die aandoffer toe.
5 Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God
6 en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.
7 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in 'n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.
8 En nou was daar vir 'n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons 'n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons 'n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.
9 Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hy het ons guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy puinhope te herstel en ons 'n muur te gee in Juda en Jerusalem.
10 En wat sal ons nou n hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat
11 wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is 'n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.
12 Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.
13 En n alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld -- want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee --
14 sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?
15 HERE, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.
1 "完成这些事以后, 众领袖前来见我, 说: ‘以色列民、祭司和利未人没有从当地的民族中分别出来, 他们随从迦南人、赫人、比利洗人、耶布斯人、亚扪人、摩押人、埃及人和亚摩利人行可憎的事。
2 他们为自己和自己的儿子娶了这些外族的女子为妻, 以致圣洁的种族与当地的民族混杂了; 而领袖和官长竟是这不忠的事的罪魁。’
3 我一听见这事, 就撕裂我的衣服和外袍, 拔掉头上的头发和胡须, 惊惧地坐着。
4 所有因着以色列 神针对被掳归回的人之不忠、对他们所说的话而战兢的人, 都聚集到我面前。我惊惧地坐着, 直到献晚祭的时候。
5 "献晚祭的时候, 我在禁食中起来, 穿着撕裂了的衣服和外袍, 双膝跪下, 向耶和华我的 神张开双手,
6 祷告说: ‘我的 神啊, 我感觉羞耻惭愧, 不敢向我的 神你仰面; 因为我们的罪孽多至灭顶, 我们的罪过滔天。
7 从我们列祖的日子直到今日, 我们罪恶深重, 由于我们的罪孽, 我们和我们的王, 以及祭司, 都被交在各地的列王手中: 被刀杀、被掳掠、被抢夺, 丢脸蒙羞, 就像今天的光景一样。
8 现在, 耶和华我们的 神恩待我们片时, 给我们存留一些逃脱的人, 使我们像钉子钉在他的圣所那样的安稳, 让我们的 神光照我们的眼睛, 使我们在所受的奴役中稍得复兴。
9 虽然我们是奴隶, 但在奴役中, 我们的 神仍然没有撇弃我们, 反而使我们在波斯列王面前得蒙恩惠, 使我们复兴, 建立我们 神的殿, 重修毁坏的地方, 使我们在犹大和耶路撒冷有墙垣。
10 我们的 神啊, 现在, 我们还可以说什么呢?只能说: 我们又离弃了你的诫命,
11 就是你曾借着你的仆人众先知所吩咐的。你说: 你们进去要得为业之地是污秽的, 充满了当地民族的污秽, 他们可憎的事使这地从这边到那边都充满了他们的不洁。
12 所以, 你们不可把你们的女儿嫁给他们的儿子, 也不可为你们的儿子娶他们的女儿。你们永远不可寻求他们的平安和他们的利益; 这样, 你们就可以强盛, 吃这地的美物, 把这地留给你们的子孙作产业, 直到永远。
13 虽然因着我们许多的恶行和重大的罪过, 这一切就临到我们身上, 但我们的 神啊, 你惩罚我们实在轻于我们的罪孽所应得的, 还给我们留下这些逃脱的人。
14 我们怎可以再违背你的诫命, 与这些行可憎事的民族通婚呢?如果我们这样行, 你岂不向我们发怒, 消灭我们, 以致没有一个剩余, 或是逃脱的人吗?
15 耶和华以色列的 神啊, 你是公义的! 我们现今才可以留下, 成为逃脱的人。看哪, 我们在你面前是有罪过的, 因此没有人能在你面前站立得住。’"