1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder TimotheÂs,
2 aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
3 Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,
4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,
5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,
6 wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;
7 soos julle ook geleer het van Âpafras, ons geliefde mededienskneg, wat 'n getroue dienaar van Christus vir julle is,
8 wat ook julle liefde in die Gees aan ons te kenne gegee het.
9 Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,
10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,
11 en met alle krag bekragtig word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap,
12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig --
13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte -- alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon
20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis -- ek sê deur Hom -- die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
21 Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen
22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;
23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.
24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;
25 waarvan ek 'n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,
26 naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,
27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;
29 waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.
1 奉 神旨意作基督耶稣使徒的保罗, 和提摩太弟兄,
2 写信给在歌罗西的圣徒, 和在基督里忠心的弟兄。愿恩惠平安从我们的父 神临到你们。
3 我们为你们祈祷的时候, 常常感谢 神我们主耶稣基督的父,
4 因为听见你们在基督耶稣里的信心, 和对众圣徒的爱心。
5 这都是由于那给你们存在天上的盼望, 这盼望是你们从前在福音真理的道上听过的。
6 这福音传到你们那里, 也传到全世界; 你们听了福音, 因着真理确实认识了 神的恩典之后, 这福音就在你们中间不断地结果和增长, 在全世界也是一样。
7 这福音也就是你们从我们亲爱的、一同作仆人的以巴弗那里学到的。他为你们作了基督忠心的仆役,
8 也把你们在圣灵里的爱心告诉了我们。
9 因此, 我们从听见的那天起, 就不停地为你们祷告祈求, 愿你们借着一切属灵的智慧和悟性, 可以充分明白 神的旨意,
10 使你们行事为人对得起主, 凡事蒙他喜悦; 在一切善事上多结果子, 更加认识 神;
11 依照他荣耀的大能得着一切能力, 带着喜乐的心, 凡事忍耐宽容;
12 并且感谢父, 他使你们有资格分享圣徒在光明中的基业。
13 他救我们脱离了黑暗的权势, 把我们迁入他爱子的国里。
14 我们在爱子里蒙了救赎, 罪得赦免。
15 这爱子是那看不见的 神的形象, 是首先的, 在一切被造的之上。
16 因为天上地上的万有: 看得见的和看不见的, 无论是坐王位的, 或是作主的, 或是执政的, 或是掌权的, 都是本着他造的; 万有都是借着他, 又是为着他而造的。
17 他在万有之先; 万有也一同靠着他而存在。
18 他是身体的头, 这身体就是教会。他是元始, 是死人中首先复生的, 好让他在凡事上居首位;
19 因为 神乐意使所有的丰盛都住在爱子里面,
20 并且借着他在十字架上所流的血成就了和平, 使万有, 无论是地上天上的, 都借着他与 神和好了。
21 虽然你们从前也是和 神隔绝, 心思上与他为敌, 行为邪恶,
22 但现今 神在爱子的肉身上, 借着他的死, 使你们与 神和好了, 为了要把你们这些圣洁、无瑕疵、无可指摘的人, 呈献在他面前。
23 只是你们要常存信心, 根基稳固, 不受动摇偏离福音的盼望。这福音你们听过了, 也传给了天下万民; 我保罗也作了这福音的仆役。
24 现在我为你们受苦, 我觉得喜乐; 为了基督的身体, 就是为了教会, 我要在自己的肉身上, 补满基督苦难的不足。
25 我照着 神为你们而赐给我的管家职分, 作了教会的仆役, 要把 神的道, 就是历世历代隐藏的奥秘, 传得完备。现在这奥秘已经向他的众圣徒显明了。
27 神愿意使他们知道这奥秘在外族人中有多么荣耀的丰盛, 这奥秘就是基督在你们里面成了荣耀的盼望。
28 我们传扬他, 是用各样的智慧, 劝戒各人, 教导各人, 为了要使各人在基督里得到完全。
29 我也为了这事劳苦, 按着他用大能在我心中运行的动力, 竭力奋斗。