1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen
3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;
4 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring,
6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.
7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem
10 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar.
11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis
12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op 'n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
13 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;
14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering 'n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring,
15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.
16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring,
17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel.
18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek
20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is 'n sondoffer van die vergadering.
22 As 'n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;
23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ram;
24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is 'n sondoffer.
25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet.
26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word.
27 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;
28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring 'n bok sonder gebrek, 'n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer.
30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
32 Maar ingeval hy 'n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit 'n ooi wees sonder gebrek wat hy bring;
33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag.
34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
35 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要告诉以色列人说: 如果有人在耶和华吩咐不可行的事上无意犯了罪, 他必须遵行以下条例中的一样:
3 "如果受膏的祭司犯了罪, 使人民陷在罪里, 他就要为自己所犯的罪, 献一头没有残疾的公牛给耶和华作赎罪祭。
4 他要把公牛牵到耶和华面前, 在会幕门口, 按手在公牛头上, 然后在耶和华面前宰杀那公牛,
5 受膏的祭司要取一些公牛的血, 带到会幕那里。
6 祭司要把指头蘸在血里, 在耶和华面前向着圣所的幔子, 弹血七次。
7 然后祭司要用血抹会幕里耶和华面前的香坛的四角; 至于其余的牛血, 都要倒在会幕门口的燔祭坛脚那里。
8 他要取出赎罪祭的公牛所有的脂肪, 就是遮盖内脏的脂肪和内脏上的一切脂肪,
9 两肾和肾上近腰的脂肪, 和肾旁的肝叶, 都一起取下来,
10 正如从平安祭的公牛取出来的一样。祭司要把这些焚烧在燔祭坛上。
11 至于公牛的皮和所有的肉, 连头带腿, 以及内脏和粪,
12 就是整头公牛, 要搬到营外洁净的地方, 倒坛灰的地方, 放在柴上用火焚烧, 就在倒坛灰的地方焚烧。
13 "如果以色列全体会众无意犯罪, 是隐而未现、会众看不出来的, 但他们行了一件耶和华吩咐不可行的事, 他们就有罪。
14 当发觉他们犯了罪的时候, 会众就要献一头公牛作赎罪祭, 把它牵到会幕前面;
15 会众的长老要在耶和华面前按手在公牛的头上, 然后在耶和华面前宰杀那公牛。
16 受膏的祭司要把公牛的一些血, 带到会幕那里;
17 祭司要把指头蘸在血里, 在耶和华面前, 向着幔子, 弹血七次;
18 然后用血抹会幕里耶和华面前的坛角; 至于其余的牛血, 都要倒在会幕门口的燔祭坛脚那里。
19 他要取出公牛所有的脂肪, 焚烧在祭坛上。
20 处理这公牛与处理大祭司的赎罪祭公牛一样, 要按同一条例执行。祭司为他们赎了罪, 他们就蒙赦免。
21 他要把这公牛搬到营外焚烧, 好像焚烧前一头公牛一样, 这是会众的赎罪祭。
22 "如果领袖无意犯了罪, 行了一件耶和华他的 神吩咐不可行的事, 他就有罪。
23 他一发觉犯了罪, 就要牵一只没有残疾的公山羊羔作供物,
24 要按手在山羊的头上, 然后在宰燔祭牲的地方, 在耶和华面前宰杀它, 这是赎罪祭。
25 祭司要用指头取赎罪祭牲的一些血, 抹燔祭坛的四角, 其余的血要倒在燔祭坛脚那里。
26 公羊所有的脂肪, 都要焚烧在祭坛上, 好像平安祭的脂肪一样; 祭司为他赎了罪, 他就蒙赦免。
27 "如果那地的居民中有人无意犯了罪, 行了一件耶和华吩咐不可行的事, 他就有罪。
28 他一发觉犯了罪, 就要为自己所犯的罪, 牵一只没有残疾的母山羊作供物。
29 他要按手在赎罪祭牲的头上, 然后在宰燔祭牲的地方, 宰杀赎罪祭牲。
30 祭司要用指头取一些羊血, 抹燔祭坛的四角, 其余的血都要倒在祭坛脚那里。
31 母山羊所有的脂肪都要取出来, 好像取出平安祭牲的脂肪一样; 然后祭司要把这些焚烧在祭坛上, 献给耶和华作馨香的祭。祭司为他赎了罪, 他就蒙赦免。
32 "如果人献一只绵羊羔作赎罪祭的供物, 就要牵一只没有残疾的母羊;
33 他要按手在赎罪祭牲的头上, 然后在宰燔祭牲的地方宰杀它, 作为赎罪祭。
34 祭司要用指头取一些赎罪祭牲的血, 抹燔祭坛的四角, 其余的羊血, 都要倒在祭坛脚那里。
35 羊所有的脂肪都要取出来, 好像取出平安祭绵羊羔的脂肪一样; 祭司要把这些放在祭坛耶和华的火祭上面焚烧, 祭司为他所犯的罪行赎罪, 他就蒙赦免。"