1 En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee -- van beeste of van kleinvee.

3 As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.

4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.

5 Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van A„ron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.

6 Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.

7 En die seuns van A„ron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.

8 Ook moet die seuns van A„ron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

9 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

10 En as sy offer 'n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit 'n ram sonder gebrek wees wat hy bring.

11 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van A„ron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.

12 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.

13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

14 En as sy offer aan die HERE 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.

15 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.

16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.

17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

1 耶和华呼叫摩西, 从会幕里对摩西说:

2 "你要告诉以色列人说: 如果你们中间有人把供物献给耶和华, 就要从牛群羊群中献家畜为供物。

3 他的供物若是献牛作燔祭, 就要把一头没有残疾的公牛, 牵到会幕门口, 就可以在耶和华面前蒙悦纳。

4 他要按手在燔祭牲的头上, 燔祭就蒙悦纳, 可以为他赎罪。

5 他要在耶和华面前宰杀那公牛, 亚伦子孙作祭司的, 要奉上血, 泼在会幕门口祭坛的四周。

6 那人要剥去燔祭牲的皮, 把燔祭牲切成块子。

7 亚伦子孙作祭司的, 要把炭火放在祭坛上, 把柴排列在火上;

8 亚伦子孙作祭司的, 要把肉块和头, 以及脂肪, 排列在祭坛炭火上的木柴上面。

9 那人又要用水洗净内脏和腿; 祭司就把这一切全献在祭坛上焚烧, 作为燔祭, 就是献给耶和华馨香的火祭。

10 "人的供物若是献羊作燔祭, 不论是绵羊或是山羊, 总要献一只没有残疾的公羊。

11 他要在耶和华面前, 在祭坛的北面, 把羊宰杀; 亚伦子孙作祭司的, 要把羊血泼在祭坛的四周。

12 那人要把燔祭牲切成块子; 祭司就把肉块、头和脂肪, 排列在祭坛炭火上的木柴上面;

13 那人又要用水洗净内脏和腿, 祭司就把这一切全献在祭坛上焚烧, 作为燔祭, 就是献给耶和华馨香的火祭。

14 "人若是献鸟类为燔祭作耶和华的供物, 就要献斑鸠或雏鸽。

15 祭司要把鸟带到祭坛那里, 扭下它的头来, 焚烧在祭坛上; 又把鸟血挤出来, 流在祭坛的壁上;

16 又要除掉鸟的嗉囊和脏物, 丢在祭坛东边, 倒灰的地方。

17 然后要拿着两个翅膀把鸟撕裂, 只是不可撕断。祭司要把它放在祭坛, 在炭火上的木柴上面焚烧, 作为燔祭, 就是献给耶和华馨香的火祭。"