1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2 Neem A„ron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
3 en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
4 En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
5 Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die HERE beveel het om te doen.
6 En Moses het A„ron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.
7 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.
9 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
10 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.
11 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van A„ron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
13 Ook het Moses die seuns van A„ron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.
14 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en A„ron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
15 En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.
16 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.
18 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en A„ron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
22 Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en A„ron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van A„ron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
24 Moses het ook die seuns van A„ron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27 en dit alles op die hande van A„ron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
28 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
29 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.
30 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op A„ron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan A„ron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.
31 Toe sê Moses vir A„ron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: A„ron en sy seuns moet dit eet.
32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
34 Soos vandag gedoen is, het die HERE beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
35 Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
36 En A„ron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.
1 耶和华对摩西说:
2 "你要把亚伦和他的儿子, 连同圣衣、膏油、赎罪祭的一头公牛、两只公绵羊, 一篮无酵饼都带来,
3 又要召集全体会众到会幕门口那里。"
4 于是摩西照着耶和华命令他的去行, 会众就聚集到会幕门口那里。
5 摩西对会众说: "这是耶和华吩咐我作的事。"
6 摩西领亚伦和他的儿子来, 用水给他们洗身。
7 然后给亚伦穿上内袍, 束上腰带, 穿上外袍, 又加上以弗得, 用巧工织成的以弗得带子束上, 把以弗得系在他身上。
8 又给他佩上胸牌, 把乌陵和土明放在胸牌里面,
9 把礼冠戴在他头上; 在礼冠前面安上金牌, 就是圣冠, 都是照着耶和华吩咐摩西的。
10 摩西取膏油, 抹了帐幕和其中所有的东西, 使它们分别为圣。
11 又七次弹膏油在祭坛上, 膏抹祭坛和祭坛的一切器皿, 以及洗濯盆和盆座, 使它们分别为圣。
12 然后把膏油倒在亚伦的头上, 膏立他, 使他分别为圣。
13 摩西把亚伦的儿子带来, 给他们穿上内袍, 束上腰带, 包上裹头巾, 都是照着耶和华吩咐摩西的。
14 他把赎罪祭的公牛牵来; 亚伦和他的儿子按手在赎罪祭的公牛的头上。
15 摩西就宰杀公牛, 取了血, 用指头抹祭坛四角的周围, 洁净祭坛, 其余的血倒在祭坛脚那里, 使祭坛成圣, 为坛赎罪。
16 摩西取出内脏上所有的脂肪、肾旁的肝叶、两个肾和肾上的脂肪, 焚烧在祭坛上。
17 至于那公牛, 它的皮、肉和粪, 都要在营外用火烧掉, 都是照着耶和华吩咐摩西的。
18 摩西把燔祭的公绵羊牵来, 亚伦和他的儿子按手在公绵羊的头上。
19 摩西就宰杀公绵羊, 把血泼在祭坛的四周。
20 摩西把公绵羊切成块子以后, 就把头、肉块和脂肪都焚烧了。
21 又用水洗净了内脏和腿之后, 摩西就把整个公绵羊焚烧在祭坛上; 这是燔祭, 是献给耶和华馨香的火祭, 都是耶和华吩咐摩西的。
22 他又把第二只公绵羊牵来, 就是承受圣职所献的公绵羊; 亚伦和他的儿子按手在公绵羊的头上;
23 摩西宰杀了羊, 取了一些羊血, 抹在亚伦的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上。
24 又把亚伦的儿子带来, 摩西也把血抹在他们的右耳垂上和右手的大拇指上, 以及右脚的大拇趾上; 其余的血则泼在祭坛的四周。
25 然后他取出脂肪、肥尾巴、内脏上所有的脂肪、肾旁的肝叶、两个肾、肾上的脂肪和右后腿;
26 又从在耶和华面前的无酵饼篮子里, 取出一个无酵饼、一个油饼和一个薄饼, 都放在脂肪和右后腿上;
27 他把这一切都放在亚伦手上和他儿子手上, 在耶和华面前摇一摇作为摇祭。
28 然后, 摩西从他们的手上接过来, 焚烧在祭坛的燔祭上; 这些是承受圣职祭, 是献给耶和华馨香的火祭。
29 摩西取了祭牲的胸, 在耶和华面前把它摇一摇作摇祭; 这是承受圣职祭的公绵羊中, 归给摩西的分, 都是照着耶和华吩咐摩西的。
30 摩西拿了一些膏油和祭坛上的血, 弹在亚伦和他的衣服上, 以及他儿子和他们的衣服上; 这样就使亚伦和他的衣服, 他的儿子和他们的衣服都分别为圣。
31 摩西对亚伦和他的儿子说: "你们要在会幕门口煮祭肉, 也在那里吃祭肉和承受圣职祭篮子里的饼, 照着我的吩咐, 亚伦和他的儿子要吃这些。
32 剩下来的肉和饼, 你们要用火烧掉。
33 七天之内, 你们不可出会幕的门口, 直到你们承受圣职礼的日子满了, 因为主要用这七天使你们承受圣职("使你们承受圣职"原文作"他充满你们的手")。
34 今天所行的, 是照耶和华的吩咐而行, 为你们赎罪。
35 七天之内, 你们昼夜都住在会幕门口, 遵守耶和华的吩咐, 免得你们死亡, 因为耶和华是这样吩咐我。"
36 于是亚伦和他的儿子行了耶和华借着摩西吩咐的一切事。