1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
3 Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
4 As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
5 As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
6 as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
7 dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
8 Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
10 sal hulle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
11 Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
12 Nog is dit in sy volle groei -- sonder dat dit afgepluk word -- dan verdor dit voor al die ander gras.
13 So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
14 sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
15 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
17 Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
18 As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
20 Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
21 Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
22 sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose -- weg is dit!
1 书亚人比勒达回答说:
2 "这些话你要说到几时, 你口中的言语像狂风到几时呢?
3 神怎会歪曲公平?全能者怎会屈枉公义?
4 你的儿女若得罪了他, 他就因他们的过犯撇弃他们。
5 你若殷勤寻求 神, 向全能者恳求;
6 你若又洁净又正直, 他就必为你奋起, 复兴你公义的居所。
7 你起初虽然微小, 到后来必定非常兴旺。
8 请你查问前几代, 留意他们列祖所查究的。
9 我们只是昨天才有的, 所以一无所知; 我们在世的日子不过是影儿。
10 难道他们不指教你, 从心里发出言语来吗?
11 蒲草没有泥, 怎能生长?芦苇没有水, 怎能长大呢?
12 尚青还没有割下来的时候, 就比百草先枯槁。
13 忘记 神的, 他们的末路也是这样; 不敬虔的人, 他的指望必成泡影。
14 他所自恃的, 必被折断; 他所靠赖的, 不过是蜘蛛网。
15 他倚靠自己的家, 家却立不住, 他抓紧自己的家, 家却存不久。
16 他在阳光之下, 枝润叶青, 它的嫩枝长满园子,
17 它的根缠绕石堆, 扎入石地之中。
18 他若从本处被拔除, 那处就否认他, 说: ‘我没有见过你。’
19 看哪, 这就是他人生的乐趣, 往后必有别的人从尘土中生出来。
20 看哪, 神必不离弃完全人, 也不扶助行恶的人之手;
21 他还要以欢笑充满你的口, 以欢呼充满你的嘴。
22 恨你的都必以羞耻为衣, 恶人的帐棚必归于无有。"