1 Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;
2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,
3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.
4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;
5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.
7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling --
8 vir die wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here -- of dit die koning is as opperheer,
14 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.
15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.
17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.
18 Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.
19 Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.
20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly -- dit is genade by God.
21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;
22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;
24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
1 所以要除去一切恶毒、一切诡诈、虚伪、嫉妒和一切毁谤的话,
2 像初生婴孩爱慕那纯净的灵奶, 好叫你们靠它长大, 进入救恩;
3 因为你们已经体验过主是美善的。
4 主是活石, 虽然被人弃绝, 却是 神所拣选所珍贵的; 你们到他面前来,
5 也就像活石, 被建造成为灵宫, 作圣洁的祭司, 借着耶稣基督献上蒙 神悦纳的灵祭。
6 因为经上记着: "看哪, 我在锡安放了一块石头, 就是所拣选所珍贵的房角石, 信靠他的人, 必不致失望。"
7 所以这石头, 对你们信的人是宝贵的, 但对那不信的人, 却是"建筑工人所弃的石头, 成了房角的主要石头。"
8 它又"作了绊脚的石头, 使人跌倒的磐石。"他们跌倒是因为不顺从这道, 他们这样是必然的。
9 然而你们是蒙拣选的族类, 是君尊的祭司, 是圣洁的国民, 是属 神的子民, 为要叫你们宣扬那召你们出黑暗入奇妙光明者的美德。
10 "你们从前不是子民, 现在却是 神的子民; 从前未蒙怜恤, 现在却蒙了怜恤。"
11 亲爱的, 我劝你们作客旅和寄居的人, 要禁戒肉体的私欲, 这私欲是与灵魂争战的。
12 你们在教外人中, 应当品行端正, 使那些人, 虽然毁谤你们是作恶的, 但因为看见你们的好行为, 就要在鉴察的日子颂赞 神。
13 你们为主的缘故, 要顺服人的一切制度, 无论是至尊的君王,
14 或是君王所派赏善罚恶的官员;
15 因为这是 神的旨意, 要借着你们的善行, 塞住糊涂无知人的口。
16 你们是自由的人, 但不要用自由来掩饰邪恶, 总要像 神的仆人。
17 要尊重众人, 爱护弟兄, 敬畏 神, 尊敬君王。
18 你们作仆人的, 要凡事敬畏顺服主人, 不单是对善良温和的, 就是乖僻的也要顺服。
19 因为人若在 神面前为良心的缘故, 忍受冤屈的苦楚, 是有福的。
20 你们若因犯罪受责打而能忍耐, 有什么可夸的呢?但你们若因行善而受苦, 能忍耐, 在 神看来, 这是有福的。
21 你们就是为此蒙召, 因基督也为你们受过苦, 给你们留下榜样, 叫你们跟随他的脚踪行。
22 "他从来没有犯过罪, 口里也找不到诡诈。"
23 他被骂的时候不还嘴, 受苦的时候也不说恐吓的话; 只把自己交托给那公义的审判者。
24 他在木头上亲身担当了我们的罪, 使我们既然不活在罪中, 就可以为义而活。因他受的鞭伤, 你们就得了医治。
25 你们从前好像迷路的羊, 但现在已经回到你们灵魂的牧人和监督那里了。