1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.
3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.
4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
6 Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.
7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;
8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
9 As ons die getuienis van die mense aanneem -- die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het.
10 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is in sy Seun.
12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
16 As iemand sy broeder 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee -- vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen nie. Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
17 Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.
18 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
19 Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.
21 My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
1 凡信耶稣是基督的, 都是从 神生的, 凡爱那生他的, 也必爱那从他而生的。
2 我们若爱 神, 并且遵行他的命令, 就知道我们是爱 神的儿女了。
3 我们遵守 神的命令, 就是爱他了; 而且他的命令是不难遵守的,
4 因为凡从 神生的就胜过世界。使我们胜过世界的, 就是我们的信心。
5 胜过世界的是谁呢?不就是那信耶稣是 神的儿子的吗?
6 那借着水和血来的就是耶稣基督, 不是单用水, 而是用水又用血; 作见证的是圣灵, 因为圣灵就是真理。
7 原来作见证的有三样,
8 就是圣灵、水和血, 这三样是一致的。
9 我们若接受人的见证, 神的见证就更强而有力了, 因为这是 神为他的儿子作的见证。
10 信 神的儿子的, 就有这见证在他心里; 不信 神的, 就是把 神当作说谎的, 因为他不信 神为他儿子所作的见证。
11 这见证就是 神已经把永远的生命赐给我们, 这生命是在他儿子里面的。
12 凡有 神儿子的, 就有生命; 没有 神儿子的, 就没有生命。
13 我把这些事写给你们信 神的儿子之名的人, 是要你们知道自己有永生。
14 如果我们照着 神的旨意祈求, 他必听我们; 这就是我们对 神所存的坦然无惧的心。
15 既然他听我们的祈求, 我们就知道, 我们无论求什么, 他必赐给我们。
16 如果有人看见弟兄犯了不至于死的罪, 他就要祈求, 神必因他的缘故, 把生命赐给那些犯了不至于死的罪的人; 有至于死的罪, 我不说他应当为那罪祈求。
17 一切不义都是罪, 但也有不至于死的罪。
18 我们知道凡从 神生的就不犯罪, 而且从 神生的那一位也必保守他, 连那恶者也不能碰他。
19 我们知道我们是属于 神的, 而整个世界是伏在那恶者手下。
20 我们知道 神的儿子已经来了, 并且赐给我们悟性, 使我们能认识那位真实者。我们也在那位真实者里面, 就是在他儿子耶稣基督里面。这一位就是真神, 也是永远的生命。
21 孩子们, 你们要保守自己远离偶像。