1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.
2 En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.
3 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar.
4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
5 Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
6 Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.
7 Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar 'n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.
8 En tog skryf ek aan julle 'n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.
9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.
10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.
11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
12 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.
13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
14 Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
16 Want alles wat in die wêreld is -- die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe -- is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.
22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.
26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei.
27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos die julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
28 En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
1 我的孩子们, 我写这些给你们, 是要你们不犯罪。如果有人犯了罪, 在父的面前我们有一位维护者, 就是那义者耶稣基督。
2 他为我们的罪作了赎罪祭, 不仅为我们的罪, 也为全人类的罪。
3 我们若遵守 神的命令, 这样, 就知道我们已经认识他。
4 凡是说"我已经认识他", 却不遵守他命令的, 就是说谎的人, 真理就不在他里面了。
5 然而凡是遵守他的道的, 他爱 神的心就的确在他里面完全了。这样, 我们就知道我们是在 神里面了。
6 凡说自己是住在他里面的, 就应该照着他所行的去行。
7 亲爱的, 我写给你们的, 不是一条新命令, 而是你们本来就有的旧命令。这旧命令就是你们听过的道。
8 然而, 因为黑暗渐渐消逝, 真光已在照耀, 我写给你们的也是一条新命令, 这在 神和在你们来说, 都是真的。
9 凡是说自己在光明中, 却恨他的弟兄的, 他到现在还在黑暗里。
10 凡是爱弟兄的, 就是住在光明中, 在光明中他就不会跌倒。
11 凡是恨弟兄的, 就是在黑暗里, 也在黑暗里行事。他不知道往哪里去, 因为黑暗弄瞎了他的眼睛。
12 孩子们, 我写信给你们, 因为你们的罪因着主的名已经得到赦免。
13 父老们, 我写信给你们, 因为你们认识太初就存在的那一位。青年们, 我写信给你们, 因为你们已经胜过那恶者。
14 孩子们, 我写信给你们, 因为你们认识父。父老们, 我写信给你们, 因为你们认识太初就存在的那一位。青年们, 我写信给你们, 因为你们强壮, 神的道在你们心里, 你们也胜过了那恶者。
15 不要爱世界和世上的东西。人若爱世界, 爱父的心就不在他里面了。
16 原来世上的一切, 就如肉体的私欲, 眼目的私欲和今生的骄傲, 都不是出于父, 而是从世界来的。
17 这世界和世上的私欲都要渐渐过去, 但那遵行 神旨意的却存到永远。
18 孩子们, 现在是末世的时候了。你们听过敌基督者要来, 现在已经有不少敌基督起来了; 因此我们就知道这是末世的时候了。
19 他们从我们中间离去, 这就表明他们是不属于我们的。其实他们并不属于我们, 如果真的属于我们, 就一定会留在我们中间。
20 你们从那圣者得着膏抹, 这是你们都知道的。
21 我写信给你们, 不是因为你们不明白真理, 而是因为你们明白, 又因为谎言绝不会出于真理的。
22 那么, 谁是说谎的呢?不就是那否认耶稣是基督的吗?否认父和子的, 他就是敌基督的。
23 凡否认子的, 就没有父; 承认子的, 连父也有了。
24 至于你们, 总要把起初所听见的存记在你们心里; 你们若把起初所听见的存记在心里, 你们也就住在子和父里面了。
25 他应许给我们的, 就是永远的生命。
26 我把这些事写给你们, 是指着那些欺骗你们的人说的。
27 你们既然在你们里面有从主领受的膏抹, 就不需要别人教导你们了, 因为在一切事上有主的膏抹教导你们; 这膏抹是真的, 不是假的, 你们应该按着他所教导的住在他里面。
28 孩子们, 你们要住在主里面。这样, 他若显现, 我们就可以坦然无惧; 他来的时候, 我们也不至惭愧地躲避他了。
29 你们既然晓得 神是公义的, 就应当知道所有行公义的都是从他生的。