1 Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Bers,ba, saam met die land G¡lead, byeengekom by die HERE in Mispa;

2 en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan -- vier honderd duisend man te voet wat die swaard uittrek.

3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is.

4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in G¡bea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.

5 En die burgers van G¡bea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.

6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het.

7 Hier is julle, kinders van Israel, nou almal: gee julle hier woord en raad!

8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;

9 maar dit is nou die ding wat ons G¡bea sal aandoen: Op teen hom volgens die lot!

10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tien duisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met G¡bea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.

11 Toe versamel al die manne van Israel by die stad, soos een man saamverbonde.

12 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?

13 Lewer dan nou die slegte manne uit wat in G¡bea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie;

14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom uit die stede na G¡bea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van Israel.

15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op die dag getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van G¡bea wat getel is: sewe honderd uitgesoekte manne.

16 Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.

17 En die manne van Israel, behalwe Benjamin, is getel: vier honderd duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was krygsmanne.

18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste.

19 Daarop het die kinders van Israel die môre klaargemaak en laer opgeslaan teen G¡bea.

20 En die manne van Israel het uitgetrek om te veg teen Benjamin, en die manne van Israel het hulleself in slagorde teen hulle opgestel, na G¡bea toe.

21 Toe trek die kinders van Benjamin uit G¡bea uit, en hulle het op die dag in Israel twee en twintig duisend man teen die grond vernietig.

22 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.

23 En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê: Trek teen hom op!

24 En toe die kinders van Israel die tweede dag nader kom na die kinders van Benjamin,

25 het Benjamin uit G¡bea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig.

26 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en die dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.

27 En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg -- want die verbondsark van God was in die dae daar,

28 en P¡nehas, die seun van Ele sar, die seun van A„ron, het in die dae voor Hom gedien -- en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.

29 En Israel het rondom teen G¡bea hinderlae opgestel.

30 En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen G¡bea opgestel soos die vorige kere.

31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet -- hulle is van die stad afgesny -- en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na G¡bea -- omtrent dertig man in Israel.

32 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.

33 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Ba„l-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.

34 En tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor G¡bea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.

35 Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op die dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.

36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen G¡bea opgestel het.

37 Toe het die hinderlaag vinnig na G¡bea gestorm -- en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan.

38 En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.

39 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.

40 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!

41 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;

42 en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:

43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor G¡bea, aan die oostekant.

44 En daar het van Benjamin agttien duisend man geval, en dit almal dapper manne.

45 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by G¡deom en twee duisend man van hulle verslaan.

46 En al die gesneuweldes van Benjamin op die dag was vyf en twintig duisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper manne.

47 Maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.

48 Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek.

1 于是以色列众人都出来, 从但到别是巴, 以及基列地的众人, 都在米斯巴耶和华面前聚集起来如同一人。

2 全民的领袖, 就是以色列众支派的领袖, 都站在 神子民的会中; 拿刀的步兵共有四十万人。

3 (以色列人上到米斯巴来, 便雅悯人听见了。)以色列人说: "这件恶事是怎样发生的?你们说吧。"

4 那利未人, 就是被害的妇人的丈夫, 回答说: "我和我的妾到了便雅悯的基比亚, 要在那里住宿。

5 基比亚人民起来攻击我, 在夜间包围我住的房子攻击我, 有意杀害我; 他们把我的妾污辱致死。

6 我就把我的妾切成块子, 送到以色列的各地业, 因为基比亚人在以色列中行了极羞耻的恶事。

7 以色列人哪, 你们都要说出你们的意见, 也要在这里提出你们的对策。"

8 于是众人都起来如同一人, 说: "我们当中谁都不回自己的帐棚, 谁都不回自己的家。

9 现在我们要这样对待基比亚人: 我们要照着所抽的签上去攻打他们。

10 我们要从以色列各支派中, 每百人抽取十人, 每千人抽取百人, 每万人抽取千人, 好为人民运送粮食; 等他们到了便雅悯的基比亚的时候, 就可以照着他们在以色列中所行的一切羞耻的事惩罚他们。"

11 于是以色列众人彼此联合, 如同一人, 聚集起来攻击那城。

12 以色列各支派打发人到便雅悯的各家去, 说: "你们中间怎么发生了这样的恶事呢?

13 现在你们要把那些人, 基比亚的无赖之徒, 交出来, 我们好处死他们, 从以色列中除掉这恶。"只是便雅悯人却不肯听从他们的兄弟以色列人的话。

14 便雅悯人从各城出来聚集, 往基比亚去, 要与以色列人交战。

15 那时便雅悯人, 从各城里被数点的, 共有二万六千拿刀的, 另外被数点的, 还有基比亚的居民, 共有七百精兵。

16 在这些人中, 还有七百精兵是善用左手的, 个个都能用机弦拋石, 毫发不差。

17 除了便雅悯人以外, 以色列人被数点的, 共有四十万拿刀的, 个个都是战士。

18 以色列人就起来, 上伯特利去求问 神, 说: "我们之中谁应首先上去, 与便雅悯人交战呢?"耶和华说: "犹大应首先上去。"

19 以色列人早晨起来, 对着基比亚安营。

20 以色列人出来, 要与便雅悯人交战; 以色列人在基比亚面前列阵等待他们。

21 便雅悯人从基比亚出来, 那一天使二万二千以色列人倒地身亡。

22 众民, 就是以色列人, 都奋勇起来, 又在头一天列阵的地方列阵。

23 事前, 以色列人上伯特利去, 在耶和华面前哀哭直到晚上, 然后求问耶和华, 说: "我们再去与我们的兄弟便雅悯人交战, 可以不可以?"耶和华说: "你们可以上去攻打他们。"

24 第二天, 以色列人就前去攻打便雅悯人。

25 便雅悯人第二天也从基比亚出来, 迎战以色列人, 又使一万八千以色列人倒地身亡, 都是拿刀的。

26 以色列众人, 就是全体人民, 又上到伯特利, 坐在耶和华面前哀哭, 那日禁食直到晚上, 然后在耶和华面前献上燔祭和平安祭。

27 那时, 神的约柜在那里。

28 那时, 亚伦的孙子、以利亚撒的儿子非尼哈, 侍立在约柜前供职。以色列人求问耶和华, 说: "我们应再出去与我们的兄弟便雅悯人交战呢?还是休战呢?"耶和华说: "你们应上去, 因为明天我必把他们交在你们手中。"

29 以色列人在基比亚四周设下伏兵。

30 第三天, 以色列人又上去攻打便雅悯人, 在基比亚前面列阵, 像前两次一样。

31 便雅悯人也出来迎敌, 他们被引出城外, 在两条大路上, 一条通往伯特利, 一条通往基比亚, 像前两次一样, 动手杀敌, 在田间杀死以色列人约有三十个。

32 便雅悯人说: "他们仍像前一次一样, 败在我们面前了。"以色列人却说: "我们逃跑吧, 引他们离开城市出到大路上来。"

33 以色列众人都从自己的地方起来, 在巴力.他玛列阵; 以色列的伏兵, 从基比亚西边埋伏的地方冲出来。

34 全以色列中的精兵, 有一万人前来攻打基比亚, 战争非常激烈; 便雅悯人还不知道灾祸快要临到他们的身上了。

35 耶和华在以色列人面前击败了便雅悯人; 那天以色列人消灭便雅悯人, 共二万五千一百名, 都是拿刀的。

36 这样, 便雅悯人就看出自己被击败了。原来以色列人倚靠在基比亚前面设下的伏兵, 就对便雅悯人诈败。

37 伏兵急忙冲入基比亚, 用刀击杀了全城的人。

38 以色列人与伏兵预先约定, 就是从城里放火, 以烟气上升为号。

39 以色列人在战场上撤退的时候, 便雅悯人就动手杀人, 刺死以色列人约三十个, 心里说: "他们真的像头一次战阵一样, 在我们面前被击败了。"

40 当烟柱信号从城中上升的时候, 便雅悯人就转身观看, 只见全城烟火冲天。

41 那时, 以色列人又转身回来, 便雅悯人就非常惊慌, 因为看见灾祸临到自己身上了。

42 他们在以色列人面前转身, 向旷野的路上逃走, 战争却紧随着他们; 那些从各城里出来的人也在他们中间消灭他们。

43 以色列人包围了便雅悯人, 追赶他们, 在他们歇息之地, 直到基比亚对面日出之处, 践踏他们。

44 便雅悯人中倒毙的共有一万八千人, 全都是勇士。

45 其余的人转身, 向着旷野逃跑, 到了临门的磐石那里; 以色列人在大路上除灭了他们五千人, 追赶他们直到基顿, 又击杀了他们二千人。

46 所以那一天便雅悯人倒毙的, 共有二万五千人, 都是拿刀的, 全部是勇士。

47 剩下的六百人转身, 向着旷野逃跑, 到了临门的磐石那里, 就在临门的磐石那里住了四个月。

48 以色列人又回到便雅悯人那里, 把全城的人和牲畜, 以及一切遇见的, 都用刀杀尽; 又把他们碰见的一切城市放火烧毁了。