1 En Abim,leg, die seun van Jerubba„l, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:

2 Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter -- dat sewentig man, almal seuns van Jerubba„l, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.

3 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abim,leg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.

4 Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Ba„l-Ber¡t gegee, en daarmee het Abim,leg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.

5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerubba„l, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerubba„l, het oorgebly, want hy het weggekruip.

6 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abim,leg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.

7 Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Ger¡sim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan luister.

8 Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!

9 Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?

10 Toe sê die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.

11 Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?

12 Toe sê die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.

13 Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

14 Toe sê al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!

15 En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die L¡banon verteer.

16 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abim,leg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerubba„l en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande --

17 julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

18 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abim,leg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is --

19 as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerubba„l en sy huis, wees dan vrolik oor Abim,leg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

20 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abim,leg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abim,leg verteer.

21 Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abim,leg, sy broer.

22 Toe Abim,leg drie jaar oor Israel geheers het,

23 het God 'n bose gees gestuur tussen Abim,leg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abim,leg,

24 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerubba„l sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abim,leg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.

25 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abim,leg meegedeel.

26 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.

27 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abim,leg gevloek.

28 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abim,leg -- en wat is Sigem -- dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerubba„l, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet ons hom dien?

29 Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abim,leg wegjaag! En met die oog op Abim,leg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!

30 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword

31 en listig boodskappers na Abim,leg gestuur om te sê: Kyk, Ga„l, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op.

32 Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld.

33 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.

34 Daarop het Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.

35 En Ga„l, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abim,leg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,

36 sien Ga„l die manskappe en sê vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!

37 Maar Ga„l hou aan en sê: Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.

38 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abim,leg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!

39 Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abim,leg.

40 Maar Abim,leg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.

41 En Abim,leg het in Aruma gebly, maar Sebul het Ga„l en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.

42 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abim,leg meegedeel.

43 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.

44 Want Abim,leg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.

45 En Abim,leg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.

46 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Ber¡t in.

47 En toe dit aan Abim,leg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,

48 klim Abim,leg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abim,leg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.

49 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abim,leg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.

50 Daarna het Abim,leg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.

51 Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.

52 En Abim,leg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,

53 gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abim,leg en verbrysel sy skedel.

54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.

55 En toe die manne van Israel sien dat Abim,leg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.

56 So het God dan die kwaad van Abim,leg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

57 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerubba„l, het oor hulle gekom.

1 耶路.巴力的儿子亚比米勒, 到示剑去见他的众母舅, 对他们和他母亲的全体族人说:

2 "请你们给示剑的众人说: ‘是耶路.巴力的众子七十人都统治你们好呢?还是一个人统治你们好呢?’你们也要记得我是你们的骨肉。"

3 他的众母舅就把这一切话为他说给示剑的众人听; 他们的心都倾向亚比米勒, 因为他们说: "他本是我们的亲族。"

4 他们就从巴力.比利土的庙里, 取了八百克银子给亚比米勒, 亚比米勒用这些银子雇了一些无赖流氓, 那些人就跟随了他。

5 他回到俄弗拉他父亲的家, 把自己的兄弟, 耶路.巴力的众子七十人, 都杀在一块石头上; 只剩下耶路.巴力的小儿子约坦, 因为他藏了起来。

6 示剑的众人和伯特米罗人都聚集起来, 到示剑橡树旁的望楼那里, 立亚比米勒为王。

7 有人把这事告诉了约坦, 约坦就去, 站在基利心山顶上, 高声向他们呼喊, 说: "示剑人哪, 你们要听我的话, 神也就听你们的话。

8 有一次, 众树要去膏立一个王统治它们, 就对橄榄树说: ‘请你作王统治我们吧。’

9 橄榄树对它们说: ‘我怎可以放弃生产人用来荣耀 神和尊崇人的油, 飘摇在众树之上呢?’

10 众树对无花果树说: ‘请你来作王统治我们吧。’

11 无花果树对它们说: ‘我怎可以放弃结出我的甜美果子, 飘摇在众树之上呢?’

12 众树对葡萄树说: ‘请你来作王统治我们吧。’

13 葡萄树对它们说: ‘我怎可以放弃生产那使 神和世人都喜乐的新酒, 飘摇在众树之上呢?’

14 于是众树都对荆棘说: ‘请你来作王统治我们吧。’

15 荆棘对众树说: ‘如果你们真诚地膏立我作王统治你们, 就要来, 投靠在我的荫下; 否则, 火必从荆棘里出来, 吞灭黎巴嫩的香柏树。’

16 "现在你们立亚比米勒为王, 你们若是诚实和正直, 如果你们善待耶路.巴力和他的家, 照着他手所作的待他;

17 我父亲从前冒死为你们争战, 把你们从米甸人手中救了出来;

18 今日你们竟起来攻击我的父家, 在一块石头上杀了他七十个儿子, 又立了他的婢女所生的儿子亚比米勒作示剑人的王, 因为他原是你们的亲族。

19 今日你们若是按着诚实和正直待耶路.巴力和他的家, 你们就可以因亚比米勒得喜乐, 亚比米勒也可以因你们得喜乐。

20 若不是这样, 愿火从亚比米勒出来, 吞灭示剑人和伯特米罗人; 又愿火从示剑人和伯特米罗人出来, 吞灭亚比米勒。"

21 接着约坦就逃跑了; 他逃到比珥去, 住在那里, 躲避他的兄弟亚比米勒。

22 亚比米勒治理以色列人三年。

23 神差派邪恶的灵来到亚比米勒与示剑人中间, 示剑人就背弃了亚比米勒。

24 这是要报复对耶路.巴力七十个儿子的暴行, 把流他们血的罪归到他们的兄弟亚比米勒身上, 就是那杀害他们的; 也归到示剑人身上, 就是那些帮助亚比米勒去杀他自己的兄弟的。

25 示剑人在山顶上设下埋伏, 路过他们那里的, 他们都劫掠; 有人把这事告诉亚比米勒。

26 那时, 以别的儿子迦勒与他的兄弟都来了, 到示剑去, 示剑人竟信任他。

27 他们出到田间去, 收取葡萄, 榨酒, 举行庆祝会, 进入他们的神庙吃喝, 并且咒诅亚比米勒。

28 以别的儿子迦勒说: "亚比米勒是谁?示剑是谁?竟要我们服事他呢?他不是耶路.巴力的儿子吗?他的副官不是西布勒吗?你们要服事示剑的始祖哈抹的后人啊; 我们为什么要服事亚比米勒呢?

29 但愿这些人民都归在我手下, 我好把亚比米勒除掉。"迦勒又对亚比米勒说: "增添你的军队出来吧! "

30 那城的首长西布勒听了以别的儿子迦勒的话, 他的怒气就发作,

31 秘密差派使者去见亚比米勒, 说: "以别的儿子迦勒和他的兄弟已经到了示剑, 他们正在煽动那城的人反叛你。

32 现在, 你和与你在一起的人, 要在夜间起来, 在野地埋伏。

33 到了早晨, 太阳出来的时候, 你就要起来攻城; 你要注意, 迦勒和与他在一起的人出来对抗你的时候, 你就把握机会对付他们。"

34 于是亚比米勒和与他在一起的人, 都在夜间起来, 分作四队, 埋伏着等候示剑人。

35 以别的儿子迦勒出去, 站在城门口; 亚比米勒和与他在一起的人, 从埋伏的地方起来。

36 迦勒看见了那些人, 就对西布勒说: "你看, 有人从山顶上下来。"西布勒说: "你看见山的影子以为是人。"

37 迦勒又说: "看哪, 有人从高地下来, 又有一队从米恶尼尼橡树的路径而来。"

38 西布勒对他说: "你曾经说过: ‘亚比米勒是谁, 竟要我们服事他呢?’现在你说这话的嘴在哪里呢?这不是你轻视的人吗?现在请你出去与他们交战吧。"

39 于是迦勒在示剑人面前出去, 与亚比米勒争战。

40 亚比米勒追赶迦勒, 迦勒在他面前逃跑, 直到城门口, 有很多受伤的人仆倒。

41 亚比米勒住在亚鲁玛; 西布勒把迦勒和他的兄弟赶走, 不许他们住在示剑。

42 次日, 城中众人出到田间去, 有人把这事告诉亚比米勒。

43 亚比米勒就把他的人分作三队, 埋伏在田间; 他在那里观看, 见有人从城里出来, 就起来攻击他们, 把他们击杀了。

44 亚比米勒和与他在一起的一队人忽然冲过去, 站在城门口; 其他两队人也冲出来攻打所有在田间的人, 把他们击杀了。

45 那一天, 亚比米勒整天攻打那城, 把城攻下了, 杀了城中的众人; 把城拆毁, 又撒上盐。

46 示剑楼的众人听见了这事, 就逃入伊勒.比利土庙的地穴里。

47 有人告诉亚比米勒, 说: "示剑楼所有的人都聚集在一起。"

48 亚比米勒和与他在一起的人都上了撒们山; 亚比米勒手里拿着斧子, 砍下一根树枝, 拿起来放在自己的肩头上, 然后对与他在一起的人说: "你们看我作什么, 你们也要赶快照样作。"

49 于是众人也各自砍下一根树枝, 跟随着亚比米勒, 把树枝放在地穴上, 放火烧了地穴, 以致示剑楼的人都死了, 男女约有一千人。

50 后来亚比米勒到提备斯去, 安营攻打提备斯, 攻取了那城。

51 城中有一座坚固的城楼; 那城所有的人, 无论男女, 都逃到那里去, 关上门, 上了楼顶。

52 亚比米勒到了城楼前, 攻打城楼; 他走近城楼门口, 要用火焚烧。

53 有一个妇人把一块上磨石拋在亚比米勒的头上, 打破了他的头盖骨。

54 他急忙呼喊替他拿兵器的少年人, 对他说: "拔出你的刀来, 把我杀死吧。免得人讲论我说: ‘他被一个妇人所杀。’"于是那少年人把他刺透, 他就死了。

55 以色列人看见亚比米勒死了, 就各回自己的地方去了。

56 这样, 神报应了亚比米勒向他父亲所行的恶事, 就是他杀了自己的兄弟七十个人。

57 神也把示剑人的一切恶事, 都报应在他们的头上; 耶路.巴力的儿子约坦的咒诅, 也归到他们身上。