1 Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.

2 En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.

3 Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op:

4 slaan laers teen hulle op en verwoes die opbrings van die land in die rigting na Gasa, en hulle laat geen lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in Israel oorbly nie.

5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was; so het hulle dan die land ingekom om dit te verwoes.

6 En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep.

7 En toe die kinders van Israel die HERE aanroep vanweë die Midianiete,

8 het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en die het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei

9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en hulle land aan julle gegee.

10 En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.

11 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun G¡deon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.

12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!

13 Toe vra G¡deon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

14 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

15 Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.

16 Toe sê die HERE vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

17 En hy antwoord Hom: As ek dan guns in u oë gevind het, doen vir my 'n teken, dat U dit is wat met my spreek.

18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.

19 Toe het G¡deon ingegaan en 'n bokkie berei, en van 'n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in 'n mandjie gesit en die sous in 'n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.

20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.

21 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.

22 Toe G¡deon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê G¡deon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!

23 Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie.

24 Toe bou G¡deon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.

25 En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.

26 En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.

27 Toe het G¡deon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.

28 En toe die manne van die stad die môre vroeg opstaan, lê die altaar van Ba„l daar omgegooi en die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul geoffer op die altaar wat daar gebou was!

29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: G¡deon, die seun van Joas, het hierdie ding gedoen!

30 Toe sê die manne van die stad vir Joas: Bring jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van Ba„l omgegooi het, en omdat hy die heilige boomstam wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.

31 Maar Joas sê vir almal wat by hom staan: Wil julle vir Ba„l veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal vanmôre nog gedood word. As hy 'n god is, laat hy vir homself veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.

32 Daarom het hy hom op die dag Jerubba„l genoem en gesê: Laat Ba„l teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.

33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste aanmekaargesluit en deurgetrek en in die laagte van J¡sreël laer opgeslaan.

34 En die Gees van die HERE het G¡deon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.

35 Ook het hy boodskappers gestuur in die hele Manasse, en die is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy boodskappers gestuur in Aser en in S,bulon en in N ftali, en hulle het opgetrek, hulle tegemoet.

36 Toe het G¡deon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het --

37 ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.

38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water.

39 Toe het G¡deon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is.

40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.

1 以色列人又行了耶和华看为恶的事; 耶和华就把他们交在米甸人手里七年。

2 米甸人的势力胜过以色列人; 以色列人因米甸人的缘故, 就为自己在山上挖穴、挖洞, 建营寨。

3 每逢以色列人撒种以后, 米甸人、亚玛力人和东方人都上来, 欺压他们;

4 对着他们安营, 毁坏那地的出产, 直到迦萨一带, 他们没有留下牛、羊和驴, 没有给以色列人留下一点养生之物。

5 因为他们带着牲畜和帐棚上来, 像蝗虫那么多; 他们来的人和骆驼无数, 进入境内, 毁坏全地。

6 以色列人在米甸人面前, 落到极卑微的地步, 他们就哀求耶和华。

7 以色列人因米甸人的缘故, 向耶和华呼求的时候,

8 耶和华就差派一位先知到以色列人那里, 对他们说: "耶和华以色列的 神这样说: ‘我曾经把你们从埃及领上来, 领你们出了为奴之家;

9 我曾经把你们从埃及人的手拯救出来, 拯救你们脱离所有欺压你们的人的手, 把他们从你们面前赶走, 把他们的地赐给你们。

10 我又对你们说: 我是耶和华你们的 神; 你们住在亚摩利人的地, 不可敬畏他们的神。但你们没有听从我的话。’"

11 耶和华的使者来到, 坐在俄弗拉, 一棵属于亚比以谢族人约阿施的橡树下; 约阿施的儿子基甸正在压酒池里打麦子, 为要躲避米甸人的抢夺。

12 耶和华的使者向基甸显现, 对他说: "大能的勇士啊, 耶和华与你同在。"

13 基甸回答他, 说: "唉, 我的主, 如果耶和华与我们同在, 我们怎会遭遇这一切事呢?我们的列祖向我们讲述的, 耶和华的一切奇事在哪里呢?他们曾说: ‘耶和华不是把我们从埃及领上来吗?’现在他却拋弃了我们, 把我们交在米甸人手中! "

14 耶和华转向基甸, 对他说: "你靠着你这能力, 去拯救以色列人脱离米甸人的手吧; 我不是差派了你吗?"

15 基甸对他说: "唉, 我主啊, 我凭着什么拯救以色列人呢?看哪, 我的家族在玛拿西支派中是最卑微的, 我在我的父家是最年轻的。"

16 耶和华对他说: "因为我必与你同在, 你就必击打米甸人, 像击打一人一样。"

17 基甸又对他说: "如果我在你眼前蒙恩, 求你给我一个凭据, 证实是你与我说话。

18 求你不要离开这里, 等我回来, 把我的礼物带来, 摆在你面前。"他回答: "我必等你回来。"

19 基甸去预备了一只山羊羔, 和十公斤面粉做的无酵饼, 把肉放在篮子里, 把汤盛在锅中, 带到橡树之下, 献上给他。

20 神的使者对基甸说: "把肉和无酵饼拿出来, 摆在这块磐石上, 把汤倒出来。"他就这样行了。

21 耶和华的使者伸出手中的杖, 杖头一触着肉和无酵饼, 就有火从磐石中上来, 把肉和无酵饼都烧尽了; 耶和华的使者就从基甸的眼前消失了。

22 基甸看出他是耶和华的使者, 就说: "哀哉, 我主耶和华啊, 因为我面对面看见了耶和华的使者。"

23 耶和华对他说: "你放心好了, 不要怕, 你必不会死。"

24 基甸就在那里给耶和华筑了一座祭坛, 称为耶和华沙龙; 直到今日, 这坛还在亚比以谢族的俄弗拉。

25 当夜, 耶和华对基甸说: "取你父亲的牛和另一头七岁大的牛来, 拆毁你父亲的巴力祭坛, 砍下坛旁的亚舍拉。

26 在这坚固的地方上面, 你要整整齐齐为耶和华你的 神筑一座祭坛, 拿第二头牛作燔祭, 用你砍下来的亚舍拉作柴。"

27 基甸就从他的仆人中选出了十个人, 照着耶和华告诉他的行了; 但因为害怕他的父家和城里的人, 就不敢在日间行事, 只好在晚上作了。

28 城里的人清早起来, 见巴力的祭坛已被拆毁, 坛旁的亚舍拉也被砍下来, 并且看见那第二头牛献在新筑的祭坛上的时候,

29 就彼此说: "谁作了这事呢?"他们追查寻访之后, 就说: "是约阿施的儿子基甸作的。"

30 城里的人对约阿施说: "把你的儿子领出来, 把他处死, 因为他拆毁了巴力的祭坛, 砍下了坛旁的亚舍拉。"

31 约阿施对所有站着攻击他的人说: "你们要为巴力辩护吗?或是你们要救他呢?谁为他辩护, 到早晨就必死亡。巴力若是神, 有人拆毁了他的祭坛, 就让他为自己辩护吧。"

32 因此, 当日基甸被称为耶路.巴力, 意思说: 他拆毁了巴力的祭坛, 让巴力与他争辩吧。

33 那时, 米甸人、亚玛力人和东方人, 都聚集起来, 过了河, 在耶斯列平原安营。

34 耶和华的灵降在基甸身上, 他就吹角; 亚比以谢族都应召来跟从他。

35 他派使者到玛拿西全地去, 玛拿西人也都应召来跟从他; 他又派使者到亚设、西布伦、拿弗他利去, 他们也都上来与他们会合。

36 基甸对 神说: "如果你按着你所说的, 要借着我的手拯救以色列人;

37 看哪, 我要把一团新剪的羊毛放在禾场上; 露水若是单单落在羊毛上, 而全地都是干的, 我就知道你要照着你所说的, 借着我的手拯救以色列了。"

38 第二天, 基甸清早起来, 情形果然是这样; 他把羊毛一挤, 就从羊毛中挤出一满盆的露水来。

39 基甸又对 神说: "求你不要向我发怒, 我要再说这一次; 求你让我把羊毛再试一试, 但愿单单羊毛是干的, 而全地都有露水。"

40 那一夜, 神也这样行了; 单单羊毛是干的, 全地都有露水。