1 En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en A„ron saamgekom.
3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
4 En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
6 Daarop gaan Moses en A„ron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.
7 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer A„ron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
9 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.
10 En Moses en A„ron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
12 Toe sê die HERE vir Moses en A„ron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
13 Dit is die waters van M,riba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.
15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.
16 Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.
17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.
18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.
19 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek -- verder niks nie.
20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand.
21 So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.
22 En die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.
23 En die HERE het met Moses en A„ron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:
24 A„ron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van M,riba.
25 Neem A„ron en sy seun Ele sar, en laat hulle op die berg Hor opklim;
26 en trek A„ron se klere uit en trek dit sy seun Ele sar aan; en A„ron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.
27 Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
28 En Moses het A„ron se klere uitgetrek en dit sy seun Ele sar aangetrek. En A„ron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Ele sar het van die berg afgeklim.
29 En toe die hele vergadering sien dat A„ron gesterf het, het die hele huis van Israel A„ron beween dertig dae lank.
1 正月间, 以色列全体会众到了寻的旷野, 就住在加低斯; 米利暗死在那里, 也埋葬在那里。
2 会众没有水喝, 就聚集攻击摩西和亚伦。
3 人民与摩西争闹, 说: "但愿我们的兄弟在耶和华面前死去的时候, 我们也一同死去!
4 你们为什么把耶和华的会众领到这旷野来, 使我们和我们的牲畜都死在这里呢?
5 你们为什么使我们出埃及, 领我们到这坏地方来呢?这里不能撒种, 没有无花果树、葡萄树、石榴树, 也没有水喝。"
6 摩西和亚伦于是离开会众, 来到会幕门口, 俯伏在地; 耶和华的荣光向他们显现。
7 耶和华对摩西说:
8 "你要拿着杖, 和你的哥哥亚伦聚集会众, 在他们眼前, 吩咐磐石; 这样你就可以使磐石流出水来, 给会众和他们的牲畜喝。"
9 于是, 摩西照着耶和华吩咐他的, 从耶和华面前拿了杖去。
10 摩西和亚伦聚集了会众到磐石面前; 摩西对他们说: "悖逆的人哪, 你们要听, 我们为你们使水从磐石中流出来吗?"
11 摩西举手, 用杖击打磐石两次, 就有很多水流出来, 会众和他们的牲畜都喝了。
12 耶和华对摩西和亚伦说: "因为你们不信我, 不在以色列人眼前尊我为圣, 所以你们必不得领这会众进入我赐给他们的地。"
13 这就是米利巴水, 因为以色列人在那里与耶和华争闹, 耶和华在他们中间显为圣。
14 摩西从加低斯派使者去见以东王说: "你的兄弟以色列这样说: 你知道我们遭遇的一切困难,
15 就是我们的列祖下到埃及去, 我们在埃及住了很多日子; 埃及人恶待我们和我们的列祖;
16 我们向耶和华呼求, 他就听了我们的声音, 派使者把我们从埃及领出来; 现在我们就在你边界上的城加低斯。
17 求你容我们从你的地经过; 我们不走过田地和葡萄园, 也不喝井里的水, 我们只走大路, 不偏左也不偏右, 直到走过了你的境地。"
18 以东王对使者说: "你不可从我这里经过, 免得我带着刀出来攻击你。"
19 以色列人对他说: "我们要走大路上去, 我们和牲畜若是喝了你的水, 我必照价付你; 不求别的事, 只求你容我们步行经过。"
20 以东王说: "你不可经过。"他就率领很多人出来, 要用强硬的手攻击以色列人。
21 这样, 以东王不肯让以色列人从他的境内经过, 以色列人就离开他去了。
22 以色列全体会众从加低斯起行, 到了何珥山。
23 耶和华在以东地边界的何珥山对摩西和亚伦说:
24 "亚伦要归到他本族人那里去, 他必不得进入我赐给以色列人的那地, 因为在米利巴水的事上, 你们违背了我的吩咐。
25 你要带着亚伦和他的儿子以利亚撒, 一同上何珥山去;
26 把亚伦的衣服脱下来, 给他儿子以利亚撒穿上; 亚伦就归到他本族人那里去, 死在山上。"
27 摩西就照着耶和华吩咐的行了, 三人当着全体会众的眼前上了何珥山。
28 摩西把亚伦的衣服脱下来, 给他的儿子以利亚撒穿上; 亚伦就死在山顶那里。于是, 摩西和以利亚撒从山上下来。
29 全体会众见亚伦死了, 以色列全家就为亚伦哀哭了三十天。