1 En die HERE het vir A„ron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.
2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.
3 En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.
4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en 'n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.
5 En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.
6 Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
7 Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig. As 'n dienswerk wat geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die onbevoegde wat naby kom, moet gedood word.
8 Verder het die HERE met A„ron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
9 Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet d¡t joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring -- as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
10 In 'n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
11 Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
12 Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
13 Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
14 Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.
15 Alles wat die moederskoot open -- alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere -- moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
16 En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf 'n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir 'n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
17 Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
18 En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.
19 Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
20 Ook het die HERE vir A„ron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
21 En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
22 En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
23 Maar die Leviete, die moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra -- 'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
24 Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
25 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n tiende van die tiende.
27 En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
28 So moet julle ook 'n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester A„ron gee.
29 Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
30 Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
31 En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle 'n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
32 En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
1 耶和华对亚伦说: "你和你的儿子, 以及你父家的人, 要与你一同担当干犯圣所的罪孽, 你和你的儿子要与你一同担当干犯祭司职任的罪孽。
2 你要带着你的亲族利未支派的人, 就是你祖宗支派的人, 与你一同前来, 使他们与你联合, 并且服事你; 只是你和你的儿子要与你一同在约柜的会幕前供职。
3 他们要守你所吩咐的, 和会幕里的一切事, 只是不可走近圣所的器具和祭坛, 免得他们和你们都死亡。
4 他们要与你联合, 也要守会幕的本分, 办理会幕的一切事务; 只是外人不可走近你们。
5 你们要看守圣所和祭坛, 免得震怒再临到以色列人。
6 我已经把你们的亲族利未人, 从以色列人中拣选出来, 给你们作礼物献与耶和华, 为要办理会幕的事。
7 你和你的儿子, 要与你一同守你们祭司的职分, 办理一切属祭坛和幔子内的事; 你们要这样供职。我把祭司的职分赐给你们作服事我的赏赐; 外人若是近前来, 必被处死。"
8 耶和华对亚伦说: "我已经把保留归我的举祭, 就是以色列人一切分别为圣的物, 都赐给你和你的子孙, 作为永远应得的分。
9 以色列人所献一切不经过火、至圣的供物, 就是一切素祭、一切赎罪祭和一切赎愆祭, 都要作至圣的物, 归给你和你的子孙。
10 你要在至圣的地方吃, 凡是男的都可以吃; 你要以此物为圣。
11 以色列人礼物中的举祭, 与他们的摇祭, 都是你的; 我已经给了你和你的儿女, 作为永远应得的分; 在你家中洁净的人都可以吃。
12 最好的油、最好的新酒和五谷, 就是以色列人献给耶和华的初熟的物, 我都赐给你。
13 从他们地上带来给耶和华的初熟的物, 都要归给你们; 在你家中洁净的人, 都可以吃。
14 以色列中一切永献的物, 都必归给你。
15 有血肉生命头生的, 无论是人或是牲畜, 就是他们献给耶和华的, 都必归给你; 只是人类头生的, 你总要赎出来; 不洁净牲畜头生的, 也要赎出来。
16 关于他们的赎价, 一个月以上的, 你要照你估定的价, 按着圣所的秤, 就是按照圣所的标准重量("就是按照圣所的标准重量", 原文作"一舍客勒是二十季拉"), 用五十七克银子赎出来。
17 只是头生的牛、头生的绵羊, 或是头生的山羊, 你不可赎出来; 它们都是圣的。你要把它们的血洒在祭坛上, 把它们的脂油焚烧, 作为献给耶和华馨香的火祭。
18 它们的肉却要归给你, 像摇过的胸和右腿要归给你一样。
19 以色列人奉献给耶和华圣物中的举祭, 我都赐给了你和与你在一起的儿女, 作永远应得的分; 这是在耶和华面前给你和与你在一起的后裔作永远的盐约。"
20 耶和华对亚伦说: "你在以色列人的地不可有产业, 在他们中间也不可有分; 在以色列人中间, 我就是你的分, 是你的产业。
21 "至于利未的子孙, 我已经把以色列中所有的十分之一, 赐给了他们作产业, 这是为酬报他们在会幕里办理的事务。
22 从今以后, 以色列人不可走近会幕, 免得他们负罪而死。
23 唯独利未人要办理会幕的事, 要担当他们的罪孽, 这要作你们世世代代永远的条例; 在以色列人中, 他们不可有产业。
24 因为以色列人献给耶和华为举祭的十分之一, 我已经赐给了利未人作产业; 所以我对他们说: 在以色列人中, 他们不可有产业。"
25 耶和华对摩西说:
26 "你要告诉利未人: 你们既然从以色列人手中, 取得了我赐给你们作产业的十分之一, 你们就要从这十分之一中, 取出十分之一, 献给耶和华作为举祭。
27 这要算为你们的举祭, 好像禾场上的五谷, 又像榨酒池中的酒。
28 这样, 你们也要把从以色列人取得的十分之一, 作举祭献给耶和华; 你们要把献给耶和华的举祭, 归给亚伦祭司。
29 从你们得的一切礼物中, 要把最好的, 分别为圣, 献给耶和华为举祭。
30 所以你要对利未人说: ‘如果你们把最好的献上, 这就算为你们禾场上的粮和榨酒池中的酒了。
31 你们和你们的家人, 随处都可以吃, 因为这是你们的工价, 是你们在会幕里办事的报酬。
32 如果你们把最好的献上, 就不致因此担罪。以色列人的圣物, 你们不可亵渎, 免得你们死亡。’"