1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
2 En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.
3 En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.
4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.
6 En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
8 En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
9 En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
13 En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
14 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel.
15 En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.
17 En 'n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook 'n skerp sekel gehad;
18 en 'n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met 'n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.
1 我又观看, 见羊羔站在锡安山上, 跟他在一起的还有十四万四千人。他们的额上都写着他的名和他父的名。
2 我听见有声音从天上来, 好像众水的声音, 好像大雷的声音; 我所听见的声音, 又像琴师弹奏的琴声。
3 他们在宝座前, 在四个活物和众长老面前唱新歌; 除了从地上买来的那十四万四千人以外, 没有人能学这歌。
4 这些人没有跟妇女在一起而使自己玷污, 他们原是童身的。羊羔无论到哪里去, 他们都跟随他。这些人是从世人中买来的, 作初熟的果子归给 神和羊羔。
5 在他们口中找不着谎言; 他们是没有瑕疵的。
6 我又看见另一位天使在高空飞翔, 有永远的福音要传给住在地上的人, 就是各邦国、各支派、各方言、各民族的人。
7 他大声说: "应当敬畏 神, 把荣耀归给他! 因为他审判的时候到了, 应当敬拜创造天、地、海和众水泉源的那一位! "
8 又有第二位天使接着说: "倾倒了! 大巴比伦倾倒了! 它曾经叫列国喝它淫乱烈怒的酒。"
9 又有第三位天使接着他们大声说: "如果有人拜兽和兽像, 又在自己的额上或手上受了记号,
10 他就必定喝 神烈怒的酒: 这酒是斟在 神震怒的杯中, 纯一不杂的。他必定在众天使和羊羔面前, 在火与硫磺之中受痛苦。
11 他们受痛苦的烟往上冒, 直到永永远远。那些拜兽和兽像的, 以及接受它名字的记号的人, 日夜得不到安息。"
12 在这里, 那些遵守 神的命令和耶稣的信仰的圣徒, 要有忍耐。
13 我听见从天上有声音说: "你要写下来! 从今以后, 那在主里死去的人有福了! "圣灵说: "是的, 他们脱离自己的劳苦, 得享安息了, 他们的作为也随着他们。"
14 我又观看, 见有一片白云, 云上坐着一位好像人子的, 头上戴着金冠, 手里拿着锋利的镰刀。
15 有另一位天使从圣所出来, 对那坐在云上的大声呼喊: "伸出你的镰刀来收割吧! 因为收割的时候已经到了, 地上的庄稼已经熟透了。"
16 于是那坐在云上的向地上挥动镰刀, 地上的庄稼就被收割了。
17 又有另一位天使从天上的圣所出来, 他也拿着一把锋利的镰刀。
18 接着, 又有一位天使从祭坛那里出来, 是有权柄掌管火的; 他向那拿着锋利镰刀的天使大声说: "伸出你锋利的镰刀来, 收取地上葡萄树累累的果子吧! 因为葡萄已经熟透了。"
19 于是, 那天使向地上挥动镰刀, 收取了地上的葡萄, 把葡萄扔在 神烈怒的大压酒池里。
20 那压酒池在城外被踹踏, 就有血从压酒池流出来, 涨到马的嚼环那么高, 流到三百公里("三百公里"原文作"一千六百司他町")那么远。