1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van 'n donderslag: Kom kyk!

2 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit perd. En hy wat daarop sit, het 'n boog; en aan hom is 'n kroon gegee, en hy het uitgegaan as 'n oorwinnaar en om te oorwin.

3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!

4 En 'n ander perd, 'n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en 'n groot swaard is aan hom gegee.

5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand.

6 En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.

7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!

8 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.

10 En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?

11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

14 en die hemel het weggewyk soos 'n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

1 羊羔揭开了七印的第一个印的时候, 我观看, 就听见四个活物中的一个, 发出好像雷轰的声响, 说: "你来! "

2 我观看, 见有一匹白马; 骑在马上的拿着弓, 有冠冕赐给他, 他就出去, 得胜并且要再得胜。

3 羊羔揭开了第二个印的时候, 我听见第二个活物说: "你来! "

4 就另有一匹红马出来, 骑在马上的得了权柄, 可以从地上夺去和平, 使人互相残杀, 又有一把大刀赐给他。

5 羊羔揭开了第三个印的时候, 我听见第三个活物说: "你来! "我观看, 见有一匹黑马; 骑在马上的, 手中拿着天平。

6 我听见在四个活物中间, 仿佛有声音说: "一公升小麦卖一个银币, 三公升大麦卖一个银币, 油和酒也不可糟蹋。"

7 羊羔揭开了第四个印的时候, 我听见第四个活物的声音说: "你来! "

8 我观看, 见有一匹灰马; 骑在马上的, 名字叫作"死"。阴间也跟随着他。他们得了权柄可以管辖地上的四分之一, 又要用刀剑、饥荒、瘟疫和地上的野兽去杀人。

9 羊羔揭开了第五个印的时候, 我看见祭坛底下, 有为了 神的道, 并且为了自己所作的见证而被杀的人的灵魂。

10 他们大声喊叫, 说: "圣洁真实的主啊! 你不审判住在地上的人, 给我们伸流血的冤, 要到几时呢?"

11 于是有白袍赐给他们各人, 又有话吩咐他们要安息一会儿, 等到那些与他们同作仆人和弟兄, 像他们一样将要被杀的人, 凑满了数目的时候。

12 羊羔揭开了第六个印的时候, 我观看, 大地震就发生了。太阳变黑, 像粗糙的黑毛布; 整个月亮变红, 像血一样;

13 天上的星辰坠落在地上, 像无花果树被大风摇动, 落下还没有成熟的果子。

14 天隐退了, 像书被卷起来一样; 山岭和海岛都从原处移去了。

15 地上的君王、大臣、军长、财主、勇士和所有作奴隶的、自由的, 都藏在山洞和岩穴里。

16 他们向山岭和岩石说: "倒在我们身上吧! 把我们藏起来, 躲避坐在宝座上那位的面, 和羊羔的震怒!

17 因为他们震怒的大日子来到了, 谁能站立得住呢?"