1 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.

2 En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?

3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.

4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;

8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.

9 Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

11 Toe sien ek, en ek hoor 'n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;

12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

14 En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

1 我看见那位坐在宝座上的, 右手拿着书卷, 这书卷的两面都写满了字, 用七个印封着。

2 我又看见一位大力的天使, 大声宣告说: "谁配展开那书卷, 拆开它的封印呢?"

3 在天上、地上、地底下, 没有一个能够展开书卷观看的。

4 因为没有人配展开观看书卷, 我就大哭。

5 长老中有一位对我说: "不要哭! 看哪, 那从犹大支派出来的狮子, 大卫的根, 他已经得胜了, 他能够展开那书卷, 拆开它的七印。"

6 我又看见在宝座和四个活物中间, 并且在众长老中间, 有羊羔站着, 像是被杀过的。他有七角七眼, 就是 神的七灵, 奉差遣到全地去的。

7 羊羔走过去, 从坐在宝座上那位的右手中取了书卷。

8 他拿了书卷之后, 四个活物和二十四位长老就俯伏在羊羔面前, 各拿着琴和盛满了香的金炉, 这香就是众圣徒的祈祷。

9 他们唱着新歌, 说: "你配取书卷, 配拆开封印, 因为你曾被杀, 曾用你的血, 从各支派、各方言、各民族、各邦国, 把人买了来归给 神,

10 使他们成为我们 神的国度和祭司, 他们要在地上执掌王权。"

11 我又观看, 听见了千千万万天使的声音, 他们都在宝座、活物和长老的四周,

12 大声说: "被杀的羊羔是配得权能、丰富、智慧、力量、尊贵、荣耀、颂赞的! "

13 我又听见在天上、地上、地底下和海里的一切被造之物, 以及天地间的万有, 都说: "愿颂赞、尊贵、荣耀、能力, 都归给坐在宝座上的那一位和羊羔, 直到永永远远! "

14 四个活物就说: "阿们! "众长老也俯伏敬拜。