1 En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: D¡t sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.
3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.
4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.
5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
6 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
7 En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelf¡a: D¡t sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:
8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
12 Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
13 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: D¡t sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
22 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
1 "你要写信给在撒狄教会的使者, 说: ‘那有 神七灵和七星的这样说: 我知道你的行为, 你有名声, 说你是活着的, 其实你是死的。
2 你要警醒, 把那些剩下来将要死的坚强起来; 因为我见你的行为在我 神面前是不完全的。
3 所以, 你应当回想你是怎样领受、怎样听见的; 应该遵守, 也应该悔改。你若不警醒, 我就要像贼来到一样。我什么时候来到你那里, 你决不能知道。
4 然而在撒狄你还有几名是未曾玷污自己衣服的, 他们要身穿白衣与我同行; 因为他们是配得上的。
5 得胜的, 也必这样身穿白衣, 我决不从生命册上涂抹他的名, 我还要在我父和他的众天使面前, 承认他的名。
6 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。’
7 "你要写信给在非拉铁非教会的使者, 说: ‘那圣洁的、真实的, 拿着大卫的钥匙, 开了就没有人能关, 关了就没有人能开的("拿着大卫的钥匙......没有人能开的"引自赛22:22), 这样说:
8 我知道你的行为, 看哪! 我已经在你面前给你一道开着的门, 是没有人能关的; 因为你有一点点力量, 也遵守我的道, 没有否认我的名。
9 看哪! 从撒但的一党, 就是自称是犹太人, 其实不是犹太人, 而是说谎的人中, 我要使他们一些人来在你脚前下拜, 并且知道我已经爱了你。
10 你既然遵守了我忍耐的道, 我也必定保守你脱离那试炼的时候; 这就是那将要临到普天下, 来试炼住在地上的人的时候。
11 我必快来! 你要持守你所有的, 不要让人拿走你的冠冕。
12 得胜的, 我要叫他在我 神的圣所里作柱子, 他决不再出去, 我也要把我 神的名, 和我 神的城的名, 就是那从天上、从我 神那里降下来的新耶路撒冷, 以及我的新名, 都写在他身上。
13 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。’
14 "你要写信给在老底嘉教会的使者, 说: ‘那位阿们的, 忠信真实的见证人, 神创造万有的根源, 这样说:
15 我知道你的行为, 你不冷也不热; 我巴不得你或冷或热。
16 因为你好像温水, 不热也不冷, 所以我要把你从我口中吐出去。
17 你说: 我是富足的, 已经发了财, 毫无缺乏。却不知你是困苦的、可怜的、贫穷的、瞎眼的、赤身的。
18 我劝你向我买精炼的金子, 使你富足; 又买白衣穿上, 使你赤身的羞耻不会显露出来; 也买眼药膏抹你的眼睛, 使你可以看见。
19 凡是我所爱的, 我就责备管教; 所以你要热心, 也要悔改。
20 看哪! 我站在门外敲门; 如果有人听见我的声音就开门的, 我要进到他那里去, 我要跟他在一起, 他也要跟我在一起吃饭。
21 得胜的, 我必定赐他和我一同坐在我的宝座上, 正像我得了胜和我父一同坐在他的宝座上一样。
22 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。’"