1 Skryf aan die engel van die gemeente in fese: D¡t sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:

2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.

4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikola‹ete haat, wat Ek ook haat.

7 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

8 En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: D¡t sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:

9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.

10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

11 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

12 En skryf aan die engel van die gemeente in P,rgamus: D¡t sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:

13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van B¡leam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikola‹ete, wat Ek haat.

16 Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.

17 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op die steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

18 En skryf aan die engel van die gemeente in Thiat¡re: D¡t sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:

19 Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

20 Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Is,bel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

21 En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

22 Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

23 En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

24 En ek sê vir julle en die ander wat in Thiat¡re is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.

26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

27 en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

28 En Ek sal hom die môre ster gee.

29 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

1 "你要写信给在以弗所教会的使者, 说: ‘那右手拿着七星, 在七个金灯台中间行走的, 这样说:

2 我知道你的行为、你的劳苦、你的忍耐, 也知道你不能容忍恶人。你也曾经试验那些自称是使徒, 而其实不是使徒的人, 看出他们是假的。

3 你有忍耐, 曾为我的名的缘故忍受一切, 并不困倦。

4 然而有一件事我要责备你, 就是你已经离弃了你起初的爱。

5 所以, 你应当回想你是从哪里坠落的, 并且要悔改, 作起初所作的事。你若不悔改, 我就要来到你那里, 把你的灯台从原处移去。

6 不过你有这一个优点, 就是你恨恶尼哥拉党的作为, 那也是我所恨恶的。

7 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。得胜的, 我必定把 神乐园里生命树的果子赐给他吃。’

8 "你要写信给在士每拿教会的使者, 说: ‘那首先的、末后的、曾经死去而又活过来的, 这样说:

9 我知道你的患难和贫穷, 但你却是富足的。我也知道那些自称是犹太人所说毁谤的话, 其实他们不是犹太人, 而是撒但的党徒。

10 你不要怕你将要受的苦。看哪! 魔鬼将要把你们中间几个人下在监里, 叫你们受试炼, 你们要受患难十天。你要忠心至死, 我就把那生命的冠冕赐给你。

11 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。得胜的, 决不会受第二次死的害。’

12 "你要写信给在别迦摩教会的使者, 说: ‘那有一把两刃利剑的, 这样说:

13 我知道你居住的地方, 就是撒但王座所在的地方。当我忠心的见证人安提帕在你们那里, 就是在撒但居住的地方被杀的那些日子, 你还持守我的名, 没有否认对我的信仰。

14 然而有几件事我要责备你, 因为在你那里有些人持守巴兰的教训。这巴兰曾经教导巴勒把绊脚石放在以色列人面前, 叫他们吃祭过偶像的食物, 并且行淫乱。

15 同样, 你也有些人持守尼哥拉党的教训。

16 所以, 你应当悔改; 如果不悔改, 我就很快地来到你们那里, 用我口中的剑跟他们作战。

17 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。得胜的, 我必定把那隐藏的吗哪赐给他, 并且赐他一块白石, 石上写着新的名字, 这名字除了那领受的人以外, 是没有人能知道的。’

18 "你要写信给在推雅推拉教会的使者, 说: ‘ 神的儿子, 那眼睛像火焰、两脚像光铜的, 这样说:

19 我知道你的行为, 你的爱心、信心、服侍和忍耐, 也知道你后来所作的比先前的还要多。

20 然而有一件事我要责备你, 就是你容让那自称是先知的妇人耶洗别, 教导和引诱我的众仆人行淫乱, 吃祭过偶像的食物。

21 我曾给她时间, 让她悔改, 她却不肯为她的淫行悔改。

22 看哪, 我要把她拋在大患难的床上; 那些跟她行淫乱的人, 如果不为她的行为悔改, 我也要把他们拋在大患难中。

23 我必以死亡击杀她的儿女; 众教会就都知道我是察验人肺腑心肠的, 我要照着你们的行为报应你们各人。

24 至于你们其余在推雅推拉的人, 就是不跟从那教训, 不认识所谓撒但深奥的事的人, 我告诉你们, 我不会把别的重担放在你们身上。

25 不过, 你们要持守已经得着的, 直到我来。

26 得胜的, 又遵守我的旨意到底的, 我必把统治列国的权柄赐给他,

27 他必用铁杖治理他们, 好像打碎陶器一样粉碎他们, ("我必把......粉碎他们"引自诗2:8-9)

28 好像我从父领受了权柄一样; 我还要把晨星赐给他。

29 圣灵向众教会所说的话, 有耳的就应当听。’"