1 Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is --

2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,

3 dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;

4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,

5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

7 waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.

8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,

12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.

13 Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.

14 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,

15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,

16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,

17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,

18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

1 因此, 我这为你们外族人的缘故, 作了为基督耶稣被囚禁的保罗, 为你们祈求──

2 想必你们听过 神恩惠的计划, 他为你们的缘故赐恩给我,

3 借着启示使我可以知道这奥秘, 就像我以前在信中略略提过的。

4 你们读了, 就可以知道我深深地明白基督的奥秘。

5 这奥秘在以前的世代并没有让世人知道, 不像现在借着圣灵启示了圣使徒和先知那样。

6 这奥秘就是外族人在基督耶稣里, 借着福音可以同作后嗣, 同为一体, 同蒙应许。

7 我作了福音的仆役, 是照着 神的恩赐; 这恩赐是按着他大能的作为赐给我的。

8 我本来比圣徒中最小的还小, 神还是赐给我这恩典, 要我把基督那测不透的丰富传给外族人,

9 并且使众人明白那奥秘的救世计划是什么(这奥秘是历代以来隐藏在创造万有的 神里面的),

10 为了要使天上执政的和掌权的, 现在借着教会都可以知道 神各样的智慧。

11 这都是照着 神在我们主基督耶稣里所成就的永恒的旨意。

12 我们因信基督, 就在他里面坦然无惧, 满有把握地进到 神面前。

13 因此, 我恳求你们, 不要因着我为你们所受的苦难而沮丧, 这原是你们的光荣。

14 因此, 我在父面前屈膝,

15 (天上地上所有的家族都是由他命名的, )

16 求他按着他荣耀的丰盛, 借着他的灵, 用大能使你们内在的人刚强起来,

17 使基督借着你们的信, 住在你们心里, 使你们既然在爱中扎根建基,

18 就能和众圣徒一同领悟基督的爱是多么的长阔高深,

19 并且知道他的爱是超过人所能理解的, 使你们被充满, 得着 神的一切丰盛。

20 愿荣耀归给 神, 就是归给那能照着运行在我们里面的大能, 充充足足地成就一切, 超过我们所求所想的。

21 愿荣耀在教会中和基督耶稣里归给他, 直到万代, 永世无穷。阿们。