1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2 Eer jou vader en jou moeder -- dit is die eerste gebod met 'n belofte --

3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.

4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;

6 nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen

7 en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,

8 omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy 'n slaaf is of 'n vryman.

9 En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.

10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees -- dit is die woord van God --

18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

19 en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,

20 waarvoor ek 'n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.

21 En dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal T¡chikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.

22 Ek het hom juis daarvoor na julle gestuur, dat julle ons omstandighede kan ken en hy julle harte kan troos.

23 Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!

24 Die genade sy met almal wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Amen.

1 你们作儿女的, 要在主里听从父母, 因为这是理所当然的。

2 "要孝敬父母, 使你得福, 在世长寿。"这是第一条带着应许的诫命。

4 你们作父亲的, 不要激怒儿女, 却要照着主的教训和劝戒, 养育他们。

5 你们作仆人的, 要存着敬畏、战兢和真诚的心, 听从世上的主人, 好像听从基督一样。

6 作事不要只作给人看, 像那些讨人欢心的一样, 却要像基督的仆人, 从心里遵行 神的旨意,

7 甘心服务, 像是服事主, 不是服事人。

8 你们知道, 无论是奴仆或自由的人, 如果作了什么善事, 都必从主那里得到赏赐。

9 你们作主人的, 也要照样对待仆人, 不要威吓他们; 你们知道, 他们和你们在天上同有一位主, 他并不偏待人。

10 最后, 你们要靠主的大能大力, 在他里面刚强。

11 要穿戴 神所赐的全副军装, 使你们能抵挡魔鬼的诡计。

12 因为我们的争战, 对抗的不是有血有肉的人, 而是执政的、掌权的、管辖这黑暗世界的和天上的邪灵。

13 所以要穿起 神所赐的全副军装, 使你们在这邪恶的时代里可以抵挡得住, 并且在作完了一切之后, 还能站立得稳。

14 因此, 你们要站稳, 用真理当带子束腰, 披上公义的胸甲,

15 把和平的福音预备好了, 当作鞋子, 穿在脚上,

16 拿起信心的盾牌, 用来扑灭那恶者所有的火箭;

17 并且要戴上救恩的头盔, 拿起圣灵的宝剑, 就是 神的道,

18 借着各样的祷告和祈求, 随时在圣灵里祈祷, 并且要在这事上恒久警醒, 为众圣徒祈求。

19 也要为我祈求, 使我传讲的时候, 得着当说的话, 可以坦然无惧地讲明福音的奥秘,

20 (我为这奥秘作了被捆锁的使者), 也使我按着应当说的, 放胆宣讲这福音的奥秘。

21 亲爱的推基古弟兄是主里忠心的仆人, 他会把我的一切都告诉你们, 使你们可以知道我的景况。

22 为了这缘故, 我就差他到你们那里去, 好让你们明白我们的近况, 并且叫他安慰你们的心。

23 愿平安、慈爱、信心, 从父 神和主耶稣基督临到众弟兄。

24 愿一切以不朽的爱爱我们主耶稣基督的人, 都蒙恩惠。