1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;
2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;
3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
5 en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
6 en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as 'n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
7 en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;
8 want deur wat hy gesien en gehoor het, het die regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke --
9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;
10 en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
11 terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
13 en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul;
14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het 'n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van B¡leam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,
16 maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: die stom lasdier het met die stem van 'n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder.
17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur 'n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword.
20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
1 从前在人民中, 曾有假先知出来; 照样, 将来在你们中间, 也必有假教师出现。他们偷偷把使人灭亡的异端引进来, 甚至否认那曾经买赎他们的主, 迅速地自取灭亡。
2 许多人会随从他们的淫行, 因此真理的道, 就因他们的缘故被人毁谤。
3 他们因为有贪心, 就用捏造的话, 想在你们身上图利; 惩罚他们的, 自古以来就没有松懈; 毁灭他们的, 也不会打盹。
4 神没有姑息犯罪的天使, 反而把他们丢入地狱, 囚禁在幽暗的坑里, 等候审判。
5 神也没有姑息上古的世界, 反而使洪水临到那不敬虔的世人, 只保存了传义道的挪亚一家八口。
6 神判定了所多玛、蛾摩拉二城的罪, 把它们倾覆, 烧成灰烬, 作为后世不敬虔的人的鉴戒;
7 只救了那因恶人的淫行而常受委屈的义人罗得;
8 (因为这义人住在他们中间, 天天看见和听见他们不法的事, 他正直的心就感到伤痛。)
9 主知道怎样搭救敬虔的人脱离试探, 又把不义的人留下来, 等候在审判的日子受刑罚,
10 尤其是那些随从肉体, 生活在污秽的私欲中, 和轻蔑当权的, 更是这样。他们胆大任性, 毫无畏惧地毁谤在尊位的。
11 就是天使, 虽有更大的力量与权能, 尚且不用毁谤的话在主面前控告他们。
12 但这些人, 好像没有理性的牲畜, 生下来就是给人捉去宰杀的; 他们毁谤自己所不知道的事, 必在自己的败坏中灭亡。
13 他们行不义, 就得了不义的工价。他们在白昼纵情作乐, 满了污点与瑕疵, 和你们一同吃饭的时候, 就因自己的诡诈而沾沾自喜。
14 他们满眼淫色, 而且不住地犯罪。他们引诱心志不坚固的人。他们的心习惯了贪婪, 是应当受咒诅的族类。
15 他们离弃正路, 走入歧途, 跟从了比珥的儿子巴兰的道路。这巴兰贪爱不义的工价,
16 他曾经因着自己的过犯受了责备: 不能说话的驴, 竟用人的声音说出话来, 制止了这先知的狂妄。
17 这些人是无水的泉源, 是暴风催逼的雾气, 有漆黑的幽暗为他们存留。
18 因为他们说虚妄夸大的话, 用肉体的私欲和邪荡的事, 引诱那些刚刚逃脱了错谬生活的人。
19 他们应许给人自由, 自己却作了败坏的奴仆; 因为人给谁制伏了, 就作谁的奴仆。
20 如果他们因为认识我们的主、救主耶稣基督, 可以脱离世上的污秽, 后来又在其中被缠住、受制伏, 他们末了的景况, 就比先前的更不好了。
21 既然认识了义路, 竟又背弃传给他们的圣诫命, 对他们来说, 倒不如不认识好得多了。
22 他们的情形, 正像俗语所说的: "狗转过来, 又吃自己所吐的; 猪洗净了, 又到污泥中去打滚。"