1 Daar was 'n man in die land Us wie se naam was Job; en die man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.

2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.

3 Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en 'n groot menigte slawe, sodat die man ryker was as al die kinders van die Ooste.

4 En sy seuns was gewoond om 'n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink.

5 En elke keer as die dae van die maaltye om was, het Job gestuur en hulle geheilig. Dan maak Job die môre vroeg klaar en bring brandoffers vir elkeen van hulle; want Job het gedink: Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart geseën! So het Job altyd gedoen.

6 En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.

7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.

8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.

9 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees?

10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.

11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het -- waarlik, hy sal U in u aangesig seën!

12 Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

13 En op 'n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer,

14 kom 'n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle,

15 het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

16 Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

17 Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en 'n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

18 Terwyl die een nog spreek, kom daar 'n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer,

19 toe daar meteens 'n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.

20 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval

21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie,

1 乌斯地有一个人, 名叫约伯。这人完全、正直, 敬畏 神, 远离罪恶。

2 他生了七男三女。

3 他的家产有七千只羊、三千匹骆驼、五百对牛、五百头母驴, 并且有许多仆婢。这人在全东方的人中至为尊贵。

4 他的儿子素常轮流各按自己的日子在家摆设筵席, 并且邀请他们的三个姊妹来一同吃喝。

5 轮流设宴的日子一过, 约伯就差人去叫他们自洁。他清早起来, 按他们的数目献上燔祭。因为他心里想: "说不定孩子犯了罪, 心中亵渎了 神。"约伯经常这样作。

6 有一天, 神的众子都来侍立在耶和华面前, 撒但也来到他们中间。

7 耶和华问撒但: "你从哪里来?"撒但回答耶和华说: "我在地上徘徊, 走来走去。"

8 耶和华问撒但: "你有没有注意到我的仆人约伯?世上再也没有一个人像他那样完全、正直, 敬畏 神, 远离罪恶。"

9 撒但回答耶和华说: "约伯敬畏 神, 难道是无缘无故的吗?

10 你不是在他四周围上篱笆保护他吗?他的家和他所有的一切, 以及他手所作的, 你都赐福, 他的家产也在地上增添。

11 只要你伸手打击他所有的一切, 他一定当面亵渎你。"

12 耶和华对撒但说: "好吧, 他所有的一切都交在你手中, 只是不可以伸手害他。"于是撒但从耶和华面前退去。

13 有一天, 约伯的儿女正在他们长兄的家里吃饭喝酒的时候,

14 有报信的来见约伯, 说: "牛正在耕田, 母驴在附近吃草的时候,

15 示巴人忽然来侵袭, 把牛驴掳去, 又用刀杀了仆人, 只有我一个人逃脱, 来向你报告。"

16 这个人还在说话的时候, 又有人来说: " 神的火从天上降下来, 把群羊和仆人都烧光了, 只有我一个人逃脱, 来向你报告。"

17 他还在说话的时候, 又有人来说: "迦勒底人分成三队突袭骆驼, 把它们掳去, 又用刀杀了仆人, 只有我一个人逃脱, 来向你报告。"

18 他还在说话的时候, 又有人来说: "你的儿女正在他们长兄的家里吃饭喝酒的时候,

19 没想到有一阵狂风, 从旷野那边刮来, 吹袭房屋的四角, 房屋倒塌在他们身上, 他们就都死了, 只有我一个人逃脱, 来向你报告。"

20 于是约伯起来, 撕裂外袍, 剃了头, 俯伏在地上敬拜,

21 说: "我赤身出于母胎, 也必赤身归去。赏赐的是耶和华, 收回的也是耶和华; 耶和华的名是应当称颂的。"

22 在这一切事上, 约伯并没有犯罪, 也没有归咎于 神。