1 Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
2 Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
4 Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine -- nie een nie!
5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus -- totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
7 Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof --
9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
10 Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en -- waar is hy?
11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog --
12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
13 Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
14 As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
16 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
17 My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
18 Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet.
20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
21 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.
1 "妇人所生的日子短少, 满有搅扰;
2 他生长如花, 又遭割下; 他飞去如影, 并不停留。
3 这样的人你还睁眼看他, 又把他带到你跟前受审吗?
4 谁能使洁净出于污秽呢?无人有此本事。
5 人的日子既然被限定, 他的月数亦在乎你, 你也定下他的界限, 使他不能越过。
6 就求你转眼不看他, 使他得歇息, 直等到他像雇工一样享受他的日子。
7 树木常有希望, 树木若被砍下, 也会再发芽, 嫩枝仍生长不息。
8 虽然树根衰老在地里, 树干也枯死在土中,
9 一有水气, 就会萌芽, 又生长枝条如新栽的树一样。
10 人死了, 就化为乌有; 人一气绝就不在了。
11 海洋中的水消失, 江河枯竭干涸,
12 人也是这样一躺下去, 就不再起来, 直到天都没有了还不醒过来, 也不能从睡眠中被唤醒。
13 但愿你把我藏在阴间, 把我隐藏, 直到你的怒气过去; 愿你为我定一个期限, 好记念我。
14 人若死了, 怎能再活呢?我要在我一切劳苦的日子等待, 等到我得释放的时候来到。
15 你一呼叫, 我就回答你, 你必渴慕你手所作的。
16 但现在你数点我的脚步, 必不再鉴察我的罪过,
17 我的过犯被你封在囊中, 我的罪孽你以灰泥遮盖了。
18 山崩下坠, 岩石挪开原处;
19 流水磨蚀石头, 水的泛溢冲去地上的尘土, 你也这样灭绝人的指望。
20 你永远胜过人, 人就去世, 你改变他的容貌, 把他遣走。
21 他的儿女得尊荣, 他并不晓得, 他们降为卑, 他也不觉得,
22 只觉自己身上的痛苦, 为自己悲哀。"