1 Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
4 Hy breek 'n mynskag, w,g van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
5 Die aarde -- daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.
6 Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
7 'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
8 waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
11 Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
12 Maar die wysheid -- waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
14 Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.
20 Die wysheid dan -- waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?
21 Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.
22 Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.
23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.
24 Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.
25 Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
26 toe Hy vir die reën 'n wet gestel het en 'n weg vir die onweerstraal,
27 toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.
28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
1 "银子有矿, 金子有冶炼的地方。
2 铁从土中取出, 熔化石头而得铜。
3 人探求黑暗的尽头, 查明在阴暗中的石矿, 直到极处。
4 在无人居住之处, 足迹罕至之地开坑探矿, 他们与人远离, 悬在坑中摇来摇去。
5 至于地, 粮食从它而出, 地底下却好像被火翻转过来一样。
6 石中有蓝宝石, 也有金沙。
7 矿坑中的路, 鸷鸟不知道, 连鹰的眼也未曾见过;
8 狂傲的野兽未曾行过, 猛狮也未曾经过。
9 人伸手击凿坚石, 使山脚翻倒过来。
10 在磐石中凿出坑道, 亲眼看见各样宝物。
11 他堵住水源, 不让滴漏, 又使隐藏之物显露在光中。
12 然而, 智慧在何处可寻?聪明之地在哪里呢?
13 智慧的价值人不知道, 在活人之地也寻不到。
14 深渊说: ‘不在我里面’, 沧海说: ‘不在我这里’。
15 智慧不能用纯金购买, 也不能称银子作它的代价。
16 俄斐金, 贵重的玛瑙、蓝宝石, 都不能与它比较。
17 黄金和玻璃不能与它比较, 纯金的器皿不能与它交换。
18 珊瑚和水晶都不值一提, 取得智慧胜过取得红宝石。
19 古实的黄玉不能与它比较, 纯金也不能与它较量。
20 然而, 智慧从哪里来, 聪明之地在哪里呢?
21 众生的眼睛都看不到, 空中的飞鸟也不能发现。
22 灭亡和死亡都说: ‘我们只风闻它的事罢了。’
23 神明白智慧的道路, 也晓得智慧的所在,
24 因为他察看全世界, 遍观全地。
25 他为风定轻重, 又度量众水;
26 为雨露立定律, 为雷电定道路。
27 那时他看见智慧, 描述智慧, 他坚立智慧, 并且查探智慧。
28 他对人说: ‘敬畏主就是智慧, 远离邪恶就是聪明。’"