1 Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.

2 Daarop het Josua manne van J,rigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.

3 Toe hulle by Josua terugkom, het hulle vir hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent twee duisend man of omtrent drie duisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die manskappe met 'n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.

4 So het daar dan van die manskappe omtrent drie duisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die manne van Ai;

5 en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses en dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Seb rim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword.

6 Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.

7 En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!

8 Ag Here, wat sal ek sê nadat Israel vir sy vyande die rug gegee het?

9 En as die Kana„niete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?

10 Toe sê die HERE aan Josua: Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?

11 Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.

12 En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self 'n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.

13 Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre ; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is 'n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.

14 Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom man vir man.

15 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en 'n skanddaad in Israel begaan het.

16 En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.

17 Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys ;

18 toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, aangewys.

19 Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.

20 Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen die HERE, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.

21 Ek het naamlik een mooi mantel uit S¡near by die buitgoed gesien en twee honderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit begrawe in die grond binne-in my tent, en die silwer daaronder.

22 Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder.

23 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgeskud.

24 Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor gebring.

25 En Josua het gesê: Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.

26 En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.

1 以色列人在那当毁灭的物上犯了不忠实的罪; 因为犹大支派中, 谢拉的曾孙、撒底的孙子、迦米的儿子亚干, 取了当毁灭的物, 耶和华就向以色列人发怒。

2 那时, 约书亚从耶利哥派人到伯特利东边, 靠近伯.亚文的艾城去, 吩咐他们说: "你们上去窥探那地。"那些人就上去, 窥探艾城。

3 他们回来, 对约书亚说: "不需要全体人民都上去; 只要大约二三千人就可以上去攻打艾城了; 不必劳动全体人民都上那里去, 因为那里的人很少。"

4 于是人民中约有三千人上那里去, 但他们竟在艾城的人面前逃跑了。

5 艾城的人击杀了他们约三十六人; 从城门前追赶他们, 一直追到示巴琳; 在山坡上把他们击溃; 人民的心就极其惊怕。

6 约书亚就撕裂自己的衣服, 和以色列人的长老, 在耶和华的约柜前, 一同俯伏在地, 直到晚上, 也把尘土撒在头上。

7 约书亚说: "唉! 主耶和华啊, 你为什么领这人民过约旦河, 为要把我们交在亚摩利人的手中, 使我们灭亡呢?我们宁愿住在约旦河那边倒好。

8 主啊! 以色列人既然在仇敌面前转身逃跑, 我还有什么可说的呢?

9 迦南人和这地所有的居民听见了, 就必围困我们, 把我们的名字从这世上剪除, 那时你为你的大名要怎样行呢?"

10 耶和华对约书亚说: "你起来, 为什么这样脸伏在地呢?

11 以色列人犯了罪, 违背了我吩咐他们的约定, 因为他们取了那当毁灭的物, 他们偷窃, 并且说谎, 又把那当毁灭的物放在自己的物件中。

12 所以, 以色列人在他们的仇敌面前站立不住, 在他们的仇敌面前转身逃跑, 因为他们成了当毁灭的。如果你们不把那当毁灭的物从你们中间除掉, 我就必不再与你们同在了。

13 你起来, 要人民自洁, 对他们说: ‘你们要自洁, 预备明天; 因为耶和华以色列的 神这样说: 以色列啊! 你们中间有那当毁灭的物; 除非你们把那当毁灭的物从你们中间除去, 你们在仇敌的面前就不能站立得住。

14 到了早晨, 你们要按着支派前来, 耶和华抽签抽中的支派, 要按着宗族前来; 耶和华抽签抽中的宗族, 要按着家庭前来; 耶和华抽签抽中的家庭, 男丁要一个一个前来。

15 如果那藏有当毁灭的物的人被抽签抽中了, 他和他所有的一切都要用火焚烧; 因为他违背了耶和华的约, 又因为他在以色列中作了愚昧的事。’"

16 约书亚清早起来, 要以色列人按着支派前来; 结果, 犹大支派被抽签抽中了;

17 他要犹大宗族前来, 结果, 谢拉的家族被抽签抽中了; 他要谢拉家族的男丁一个一个前来, 结果, 撒底被抽签抽中了;

18 他要撒底家中的男丁一个一个前来, 结果, 亚干被抽签抽中了, 亚干是迦米的儿子、撒底的孙子、谢拉的曾孙, 是属于犹大支派的。

19 约书亚对亚干说: "我儿, 我劝你把荣耀归给耶和华以色列的 神, 向他认罪, 告诉我你作了什么事, 不可向我隐瞒。"

20 亚干回答约书亚, 说: "我实在得罪了耶和华以色列的 神; 我作过的事是这样的。

21 我在战利品中, 看见了一件美丽的示拿衣服、二千二百八十克银子, 和一条重五百七十克的金条; 我因贪爱这些物件, 就把它们拿去了; 现在埋藏在我帐棚的地里, 银子在底下。"

22 约书亚就派人跑到亚干的帐棚里, 果然见到东西埋藏在那里, 银子在底下。

23 他们就把东西从帐棚中拿出来, 带到约书亚和以色列人那里, 摆在耶和华面前。

24 约书亚和全体以色列人一起把谢拉的曾孙亚干和那银子、那件衣服、那金条, 以及亚干的儿女、牛、驴、羊、帐棚和他所有的一切, 都带上亚割谷去。

25 约书亚说: "你为什么给我们招惹灾祸呢?今天耶和华必使你遭受灾祸。"于是全体以色列人用石头把他打死。他们用石头打死他们以后, 就把一切用火烧了。

26 众人又在亚干身上堆起了一大堆石头, 这堆石头一直存到今日; 于是耶和华就回心转意, 不发烈怒。因此那地方名叫亚割谷, 直到今日。