1 En toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na die koning van Agsaf;

2 verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en op die Vlakte suid van K¡nnerot en in die Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste;

3 na die Kana„niete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die land van Mispa.

4 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, 'n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met 'n groot getal perde en strydwaens;

5 en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.

6 Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.

7 En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.

8 En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat die hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by M¡srefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.

9 En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.

10 En in die tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke.

11 En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.

12 En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het.

13 Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het, die het Israel nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen -- wat Josua verbrand het.

14 En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle die verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.

15 Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.

16 So het Josua dan hierdie hele land ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van Israel met sy laagte;

17 van die Kaal Berg af, wat oploop na Se‹r toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die L¡banon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.

18 Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.

19 Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van G¡beon; alles het hulle met wapengeweld geneem.

20 Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat die hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat die hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.

21 En in die tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.

22 Niemand van die Enakiete het oorgebly in die land van die kinders van Israel nie; net in Gasa, in Gat en in Asdod het hulle oorgebly.

23 So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as 'n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.

1 夏琐王耶宾一听见这些事, 就派人去见玛顿王约巴、伸仑王、押煞王,

2 以及住在北方山地、基尼烈南边的亚拉巴高原和西边多珥高地的众王,

3 又去见在东方和西方的迦南人, 住在山地的亚摩利人、赫人、比利洗人和耶布斯人, 以及米斯巴地黑门山下的希未人。

4 这些王与他们所有的军队都一同出来, 人数众多, 好像海边的沙, 还有很多马匹和车辆。

5 这些王都联合起来, 来到米伦水边, 在那里一起安营, 要与以色列人作战。

6 耶和华对约书亚说: "你不要因他们惧怕, 因为明天这个时候, 我必使他们全数在以色列人面前被杀; 你要砍断他们的马蹄筋, 焚烧他们的车辆。"

7 于是约书亚和所有与他在一起能作战的人, 在米伦水边突然迫近, 攻打他们。

8 耶和华把他们交在以色列人手里, 以色列人就击杀他们, 追赶他们直到西顿大城、米斯利弗.玛音, 以及在东边的米斯巴谷; 以色列人击杀他们, 没有留下一个。

9 约书亚照着耶和华吩咐他的对待他们; 他砍断了他们的马蹄筋, 用火烧了他们的车辆。

10 那时, 约书亚转回来, 占领了夏琐, 用刀击杀了夏琐王, 因为夏琐在这些国中素来是为首的。

11 以色列人用刀击杀了城中所有的人, 把他们完全毁灭; 有气息的一个也没有留下; 约书亚又放火烧了夏琐。

12 约书亚夺取了那些王的一切城镇, 又擒获那些城镇所有的王; 他用刀击杀了他们, 把一切完全毁灭, 正如耶和华仆人摩西所吩咐的。

13 至于那些立在土丘上的城, 除了夏琐以外, 以色列人都没有焚烧; 约书亚只烧了夏琐。

14 那些城所有的战利品和牲畜, 以色列人都据为己有; 只是把所有的人都用刀击杀了, 直到把他们杀尽; 有气息的, 他们没有留下一个。

15 耶和华怎样吩咐他的仆人摩西, 摩西就怎样吩咐约书亚, 约书亚也照样行了; 耶和华吩咐摩西的一切, 约书亚没有一样不办妥的。

16 这样, 约书亚夺取了那整个地区, 就是山地、整个南地、歌珊全地、高原、亚拉巴、以色列山地和山地的高原;

17 从延伸至西珥的哈拉山, 直到黑门山下黎巴嫩谷的巴力.迦得; 约书亚擒获了那些地方所有的王, 把他们都杀死了。

18 约书亚和这些王作战了很多的日子。

19 除了住在基遍的希未人以外, 没有一座城与以色列人议和的; 所有其他的城都是以色列人作战夺取的。

20 因为这是出于耶和华的旨意, 他使他们心里刚硬, 要与以色列人交战, 好把他们完全毁灭, 使他们不蒙怜悯, 却要被消灭, 正如耶和华吩咐摩西的。

21 那时约书亚来了, 把在山地、希伯仑、底璧、亚拿伯、整个犹大山地、整个以色列山地所有的亚衲族人都剪除了。约书亚把他们与他们的城镇都完全毁灭了。

22 在以色列人的境内, 没有留下一个亚衲族人, 只在迦萨、迦特和亚实突还有余下的。

23 这样, 约书亚照着耶和华吩咐摩西的一切话, 夺取了那全地; 于是, 约书亚按着以色列的支派把地分给他们作产业。全地也就止息了战争。