1 Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.

2 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;

3 en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.

4 Maar k het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God.

5 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word -- en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte --

6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

7 So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.

8 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;

9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.

10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.

11 En Ek sal al my berge tot 'n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.

12 Kyk, hulle hi,r kom van ver, en kyk, hulle d r kom van die noorde en van die weste, en hulle d r kom uit die land van die Siniete.

13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.

14 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!

15 Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal k jou nie vergeet nie!

16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.

17 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.

18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.

19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land -- sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!

20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!

21 Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders -- waar was hulle?

22 So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;

23 en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.

24 Sal van 'n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van 'n regverdige ontvlug?

25 Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal k bestry en jou kinders sal Ek verlos.

26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.

1 众海岛啊! 你们要听我的话。远方的万族啊! 你们要留心听。我在母胎的时候, 耶和华就呼召了我; 我出母腹的时候, 他就提了我的名。

2 他使我的口如快刀, 把我藏在他手的阴影之下; 他又使我成为磨亮的箭, 把我藏在他的箭袋里。

3 他对我说: "你是我的仆人以色列, 我要借着你得荣耀。"

4 但我说: "我劳碌是徒然的; 我用尽气力, 是虚无虚空的; 然而我当得的公理是在耶和华那里, 我的赏赐是在我的 神那里。"

5 现在, 耶和华说: (他自我还在母胎的时候, 就造了我作他的仆人, 好使雅各回转归向他, 使以色列可以聚集到他那里; 我在耶和华眼中被看为尊贵, 我的 神是我的力量。)

6 "你作我的仆人, 使雅各众支派复兴, 使以色列中得保全的归回, 只是小事, 我还要使你作列国的光, 使我的救恩传到地极。"

7 以色列的救赎主, 以色列的圣者耶和华, 对那被人藐视的、被本国憎恶的、被统治者奴役的, 这样说: "君王看见了, 就必起立, 领袖看见了, 也要下拜, 都因信实的耶和华, 就是拣选了你的、以色列的圣者的缘故。"

8 耶和华这样说: "在悦纳的时候, 我应允了你, 在拯救的日子, 我帮助了你; 我要保护你, 使你作人民的中保, 复兴那地, 使人承受荒凉之地作产业,

9 对那些被囚的说: ‘你们出来吧! ’对那些在黑暗中的人说: ‘你们现身吧! ’他们沿途必得喂养, 一切光秃的高处必成为他们的草场。

10 他们必不饥饿, 也不口渴, 炎热和太阳必不伤害他们, 因为那怜悯他们的, 要引领他们, 带领他们到水泉的旁边。

11 我必使我的众山成为道路, 我的大道都必被修高。

12 看哪! 有些人从远方而来; 看哪! 有些从北方, 从西方而来, 还有些从色尼姆地而来。"

13 诸天哪! 你们要欢呼。大地啊! 你当快乐。众山啊! 你们要发声欢呼。因为耶和华已经安慰了他的子民, 也必怜悯他受困苦的人。

14 但锡安说: "耶和华离弃了我, 我的主忘记了我。"

15 妇人怎能忘记她吃奶的婴孩, 不怜悯她亲生的儿子呢?即使她们可能忘记, 我也不会忘记你。

16 看哪! 我已经把你刻在我的掌上; 你的城墙常常在我面前。

17 重建你的要急速归回, 那些毁坏你的和那些使你荒废的, 都必离你而去。

18 你举目向四周观看吧! 他们都集合到你那里来。耶和华说: "我指着我的永生起誓, 你要披戴他们, 如同披戴装饰品; 你要以他们作华带束腰, 像新妇一样。

19 至于你那些被毁坏荒废之处和你那些被拆毁之地, 现在给众人居住必显为太狭窄了, 那些吞灭你的都必远离你。

20 你丧子以后所生的儿女还要说给你听, 说: ‘这地方给我居住太狭窄了; 求你给我预备地方居住吧! ’

21 那时你心里必说: ‘我既丧子, 又不能生育; 我是被掳的, 又是被放逐在外的, 谁给我生了这些孩子呢?谁把这些孩子养大呢?看哪! 我独自一人被撇下, 这些孩子是从哪里来的呢?’"

22 主耶和华这样说: "看哪! 我必向列国举手, 我要向万民竖立我的旗帜; 他们要把你的儿子都抱在怀中带来, 把你的女儿都放在肩上背来。

23 列国的君王要作你的养父, 他们的王后必作你的保姆; 他们必脸伏于地向你下拜, 舐你脚上的尘土。那么, 你就知道我是耶和华, 那些仰望我的决不会羞愧。"

24 被抢去的怎能从勇士手中夺回呢?被俘掳的怎能从强暴者的手里救出来呢?

25 但耶和华这样说: "就是勇士所俘掳的, 也可以夺回, 强暴者所抢去的, 也可以救出来; 与你相争的, 我必与他们相争; 你的儿女, 我却要拯救。

26 我要使那些欺压你的人, 吃自己的肉; 他们必喝自己的血醉倒, 好像喝了甜酒一样; 那么所有的人都必知道, 我耶和华是你的拯救者, 是你的救赎主, 是雅各的大能者。"