1 Godspraak oor die dal van die gesig. Wat is dit dan met jou dat jy, jou hele bevolking, op die dakke geklim het,
2 rumoerige, woelige stad, uitgelate vesting? Die wat in jou verslaan is, is nie deur die swaard verslaan en het nie in die oorlog gesterwe nie.
3 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
4 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;
5 want dit is 'n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die HERE van die leërskare, in die dal van die gesig -- omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
6 En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot.
7 Dan word jou beste dale met strydwaens gevul, en die ruiters staan gereed in die rigting van die poort;
8 en die beskutting van Juda word weggeneem. En in die dag kyk jy na die wapens in die Huis van die Bos,
9 en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op.
10 En julle tel die huise van Jerusalem, en die huise breek julle af om die muur te versterk.
11 En julle maak 'n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie.
12 En in die dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
13 maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.
14 Maar die HERE van die leërskare het Hom in my ore geopenbaar en gesê: Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, die HERE van die leërskare.
15 So sê die Here, die HERE van die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is, en sê:
16 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier 'n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom 'n woning uithol?
17 Kyk, die HERE sal jou wegslinger, soos 'n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol,
18 jou vas inmekaar draai soos 'n tol garing, jou soos 'n bal wegslinger na 'n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!
19 En Ek sal jou wegstoot uit jou pos, en uit jou plek sal Hy jou wegruk.
20 En in die dag sal Ek my kneg Âljakim, die seun van Hilk¡a, roep;
21 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda 'n vader wees.
22 En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.
23 En Ek sal hom inslaan soos 'n pen in 'n vaste plek, en hy sal 'n eretroon wees vir die huis van sy vader.
24 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.
25 In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die pen padgee wat in 'n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die HERE het dit gespreek.
1 关于"异象谷"的默示: 你们发生了什么事, 以致你们都上了房顶呢?
2 你这充满喧哗, 繁嚣、欢乐的城市啊! 你们中间被杀的, 并不是被刀剑所杀, 也不是在战场上阵亡。
3 你们所有的官长都一起逃跑; 他们因没有弓箭而被俘掳, 你们中间所有被找到的都一起被俘掳, 虽然他们已逃到远方去。
4 因此我说: "要转开你们的眼, 不要望着我, 让我痛哭吧! 不要因我人民的毁灭, 而急急安慰我。"
5 因为主万军之耶和华使"异象谷"有惊恐、践踏、混乱的日子: 城墙被拆毁, 哀声传到山上。
6 以拦拿着箭袋, 并有战车、步兵和骑兵; 吉珥亮出盾牌。
7 你佳美的山谷都布满战车, 又有骑兵在城门前列阵。
8 他挪去犹大的屏障了。到那日, 你就仰望"森林仓库"里的武器;
9 你们看见大卫的缺口很多, 就储存下池的水。
10 你们又数点耶路撒冷的房屋, 把房屋拆掉, 用来坚固城墙。
11 你们又在两道城墙之间造一个水池, 用来盛载旧池的水, 你们却不仰望作这事的主, 也不顾念远古以来计划这事的 神。
12 到那日, 主万军之耶和华叫人哭泣哀号, 剃光头发, 穿上麻布。
13 看哪! 人还是欢喜快乐, 宰牛杀羊, 吃肉喝酒, 说: "我们吃喝吧! 因为明天我们就要死了。"
14 万军之耶和华亲自启示我说: "直到你们死的时候, 这罪孽也不得赦免。"这是主万军之耶和华说的。
15 主万军之耶和华这样说: "你去见这掌管库房的, 就是总管舍伯那, 对他说:
16 你在这里有什么权利呢?你在这里有什么人, 竟在这里为你自己凿坟墓, 就是在高处为自己凿坟墓, 在磐石中为自己凿出安身之所呢?
17 看哪, 勇士啊! 耶和华将要猛烈地拋掷你; 他必把你紧紧抓住,
18 把你卷了又卷, 卷成球状, 然后掷到宽阔之地; 你必死在那里, 你那华美的战车也在那里; 你成了你主人之家的耻辱。
19 我必革除你的官职, 从你的原位上把你拉下来。
20 到那日, 我必召希勒家的儿子, 就是我的仆人以利亚敬来,
21 我会把你的外袍给他穿, 把你的腰带给他系紧, 把你的权柄交在他的手中; 他要作耶路撒冷的居民和犹大家的父。
22 我必把大卫家的钥匙放在他肩头上; 他开了, 就没有人能关; 他关了, 就没有人能开。
23 我必坚立他, 像钉子钉在稳固的地方; 他必作父家荣耀的宝座。
24 他父家所有的荣耀, 他的儿女和子孙以及各样小器皿, 从碗子到瓶子, 都挂在他身上。
25 万军之耶和华说: ‘到那日, 那钉在稳固地方的钉子必垂下来, 被砍断坠落; 那挂在上面的担子必被砍掉, 因为这是耶和华说的。’"