1 Stuur die lammers van die regeerder van die land uit die rotsstreek weg na die woestyn, na die berg van die dogter van Sion.

2 En soos voëls wat vlug, 'n nes wat verjaag is, sal die dogters van Moab wees by die driwwe van die Arnon.

3 Gee raad, gee beslissing, maak jou skaduwee soos die nag op die volle middag, verberg die wat verdryf is, verraai die vlugteling nie!

4 Laat my mense wat verdryf is, by jou vertoef! Aangaande Moab, wees vir hulle 'n skuilplek vanweë die verwoester. Want gedaan is die verdrukker, klaar is dit met die verwoesting, weg is die vertrappers uit die land!

5 En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.

6 Ons het gehoor van die trotsheid van Moab -- hy is baie trots! -- van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.

7 Daarom sal Moab oor Moab huil, almal saam huil; oor die druiwekoeke van Kir-Har,set sal julle sug, heeltemal verslae.

8 Want die wingerde van Hesbon het verwelk; die wingerdstok van Sibma -- sy edele druiwe het die beheersers van die nasies neergewerp; dit het gekom tot by Ja,ser, dit het in die woestyn ingedwaal; sy ranke het uitgesprei, het oor die see gegaan.

9 Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Ja,ser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Ele le, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,

10 en vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.

11 Daarom klaag my ingewande oor Moab soos 'n siter, en my binneste oor Kir-Heres.

12 En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.

13 Dit is die woord wat die HERE tevore teen Moab gespreek het.

14 En nou spreek die HERE en sê: Binne drie jaar -- soos die jare van 'n dagloner -- sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.

1 你们要把羊羔送给那地的掌权者, 从西拉经过旷野, 送到锡安居民("居民"原文作"女子")的山。

2 摩押的居民在亚嫩渡口, 像游荡的飞鸟, 又像被赶出巢窝的鸟儿。

3 "求你给我们献谋略, 作裁判! 使你的影子在午间如同黑夜, 把被赶逐的人隐藏起来, 不可出卖逃亡的人。

4 让摩押那些被赶逐的人与你同住, 求你作他们的隐密处, 使他们脱离毁灭者的面。勒索人的必要终止, 毁灭人的也将止息, 欺压人的必从这地灭绝;

5 必有一个宝座在慈爱中建立; 必有一位凭信实坐在上面, 就是在大卫的帐棚里; 他必施行审判, 寻求公平, 并且迅速行公义。"

6 我们听说过摩押的骄傲, 十分骄傲; 也听说过它的狂妄、骄傲和忿怒, 它那浮夸的话都是虚假。

7 因此, 摩押人必哀哭, 各人一同为摩押哀哭, 摩押人又要为吉珥.哈列设的葡萄饼哀叹忧伤。

8 因为希实本的田地和西比玛的葡萄树都衰残了, 它们美好的枝子曾醉倒了列国的君主。它的嫩枝直达雅谢, 蔓延到旷野, 又向外伸展, 越过盐海。

9 因此, 我要为西比玛的葡萄树哀哭, 像雅谢人的哀哭一样。希实本和以利亚利啊! 我要用眼泪浸透你; 因为有吶喊的声音临到你夏天的果子和你收割的庄稼。

10 欢喜快乐都从肥美的田地中被取去了; 葡萄园里必再没有歌唱, 也没有欢呼; 踹酒的不能在榨酒池里踹出酒来; 我止息了欢呼的声音!

11 因此, 我的心肠为摩押哀鸣, 有如琴瑟; 我的肺腑也为吉珥.哈列设哀哭。

12 到那时, 摩押人虽朝见他们的神, 虽在高处弄得疲乏不堪, 又到他们的圣所去祷告, 却总不得亨通。

13 以上是耶和华从前论到摩押所说的话。

14 但现在耶和华宣告说: "三年之内, 按照雇工的年数, 摩押的荣耀和他所有的群众, 都必被藐视; 余下的人必稀少, 微不足道。"