1 In die dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
2 Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
3 U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
5 Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
6 Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
7 Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.
8 Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
10 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
11 HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
12 HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.
13 HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons u Naam.
14 Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.
15 U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.
16 HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.
17 Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
18 Ons was swanger, het weë gehad -- dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.
19 U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
20 Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.
21 Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
1 到那日, 在犹大地必有人唱这歌: "我们有座坚固的城; 耶和华把救恩作为城墙和外郭。
2 打开城门吧! 好让公义和信实的国民, 可以进入。
3 专心倚靠你的, 你必保护他一切平安, 因为他倚靠你。
4 你们要倚靠耶和华, 直到永远, 因为耶和华是永存的磐石。
5 他使那些骄傲的降卑, 使那些高耸的城败落; 把它拆毁, 散在地上, 变作尘土。
6 它要被脚践踏, 就是困苦人的脚和贫穷人的脚。
7 义人的路是正直的, 正直的主啊! 你必修平义人的路。
8 耶和华啊! 我们等候你那审判的路径; 你的名字和称号, 都是我们心里所爱慕的。
9 夜间我的心渴想你, 我里面的灵切切寻求你, 因为你的审判临到大地的时候, 世上的居民就会学习到什么是公义了。
10 恶人虽然蒙了恩待, 他仍不知道什么是公义; 在公义的地上, 他仍然行恶, 也看不见耶和华的威严。
11 耶和华啊! 你的手高举, 他们还是看不见。愿他们因看见你对子民的热心而惭愧; 愿那为你的敌人预备的火吞灭他们。
12 耶和华啊! 你必使我们得平安, 因为我们所作的, 都是你为我们成就的。
13 耶和华我们的 神啊! 在你以外, 曾有别的主管辖我们, 但只有你, 我们要承认你的名。
14 死去的不能再活, 离世的不能再起来, 因为你惩罚他们, 消灭了他们, 使他们完全不再被记念。
15 耶和华啊! 你增添国民; 你增添国民, 你得了荣耀, 又拓展了地的四境。
16 耶和华啊! 我们在急难中寻求你; 你的惩罚临到我们身上的时候, 我们就倾心吐意低声祷告。
17 怀孕的妇人临产时怎样疼痛, 在绞痛中喊叫; 耶和华啊! 我们在你面前也是这样。
18 我们也曾像怀孕一般疼痛, 但所生的像风; 我们未曾在地上行过拯救的事, 世上的居民也未曾因我们生下来。
19 属你的死人要活过来, 他们的尸体要起来; 那些住在尘土里的必醒起, 并且欢呼。因为你的甘露像早晨的甘露般临到, 使地交出离世的人来。
20 我的子民哪! 快来, 进入你们的内室, 把你们的门关上; 隐藏片刻, 直到 神的忿怒过去。
21 因为你看! 耶和华从他的居所出来, 要惩罚地上居民的罪孽; 大地要露出其上所流的血, 不再遮盖被杀的人。"