1 Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? Hy daar, pragtig in sy gewaad, wat agteroor buig in die volheid van sy krag? Dit is Ek wat in geregtigheid spreek, wat magtig is om te verlos.

2 Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos die van een wat die wynpers trap?

3 Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.

4 Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.

5 En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun.

6 En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid; en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop.

7 Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.

8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle 'n Heiland geword.

9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.

10 Maar hulle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in 'n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.

11 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

12 Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom 'n ewige Naam te maak?

13 Wat hulle deur die watervloede laat trek het soos 'n perd deur die woestyn, sonder om te struikel?

14 Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. So het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak.

15 Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.

17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

18 U heilige volk het dit vir 'n kort rukkie besit; ons teëstanders het u heiligdom vertrap.

19 Ons het geword soos hulle oor wie U nie van ouds af geheers het nie, oor wie u Naam nie uitgeroep is nie.

1 那从以东、从波斯拉而来, 身穿赤红色的衣服, 装扮华丽、能力强大、大步前行的, 是谁呢?"就是我, 是凭着公义说话, 有大能拯救的。"

2 你的服装为什么有红色的呢?你的衣服为什么像个踹压酒池的人的衣服一样呢?

3 "我独自踹酒槽; 万民之中没有一人与我同在; 我在忿怒中把他们踹下, 在烈怒中把他们践踏; 他们的血溅在我的衣服上, 我把我所有的衣裳都染污了。

4 因为报仇的日子早已在我的心里, 我救赎的年日早已经来到。

5 我观看, 但没有人帮助; 我诧异, 因没有人扶持; 所以我用自己的膀臂为我施行了拯救, 我的烈怒扶持了我,

6 我在忿怒中践踏万民, 在烈怒中使他们沉醉, 又把他们的血倒在地上。"

7 我照着耶和华为我们所作的一切, 提说耶和华的慈爱, 耶和华可称颂的事, 和他赐给以色列家的大福, 就是照着他的怜悯和丰盛的慈爱为他们作成的。

8 他曾说: "他们真是我的子民, 不行虚假的儿子", 于是, 在他们的一切苦难中, 他就作了他们的拯救者。

9 他不再是敌对者, 并且他面前的使者拯救了他们。他以自己的爱和怜悯救赎了他们; 在古时的一切日子, 他背负他们, 怀抱他们。

10 可是, 他们竟然悖逆, 使他的圣灵忧伤; 所以他转作他们的仇敌, 亲自攻击他们。

11 那时, 他们想起古时的日子, 就是摩西和他的人民的日子, 说: 那把人民和他羊群的牧者从海里领上来的, 在哪里呢?那把自己的圣灵降在他们中间的, 在哪里呢?

12 那使自己荣耀的膀臂在摩西的右边行走, 那在他们面前把水分开, 为要建立永远的名的, 他在哪里呢?

13 那带领他们走过深海, 像马走过旷野一样, 使他们不致跌倒的, 在哪里呢?

14 耶和华的灵使他们得了安息, 好像牲畜下到山谷; 你也这样引导你的人民, 为要建立荣耀的名。

15 求你从天上垂顾, 从你圣洁、荣耀的居所观看。你的热心和你的大能在哪里呢?你爱心的同情和怜悯向我止住了。

16 亚伯拉罕虽然不认识我们, 以色列也不承认我们, 但你是我们的父。耶和华啊! 你是我们的父, 从亘古以来, 你的名字就是"我们的救赎主"。

17 耶和华啊! 你为什么使我们走错, 离开你的道路?使我们的心刚硬, 不敬畏你呢?求你为你众仆人的缘故, 为你产业的各支派的缘故, 回心转意吧!

18 你的圣民不过暂时得着你的圣所, 我们的敌人已经践踏了你的圣所。

19 我们成了好像你从未治理过的人, 又像未曾得称为你名下的人。