1 En in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die Jode gehoop het om hulle te oorweldig -- maar dit net omgekeerd was, sodat juis die Jode hulle haters sou oorweldig --

2 het die Jode saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasv,ros om die hand te slaan aan die wat hulle onheil gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval.

3 En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die Jode ondersteun, want die skrik vir Mordegai het op hulle geval.

4 Want Mordegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mordegai al groter geword het.

5 En die Jode het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.

6 En in die vesting Susan het die Jode vyf honderd man gedood en uitgeroei;

7 en Parsand ta en Dalfon en Asp ta,

8 en Por ta en Ad lja en Arid ta,

9 en Parm sta en Ar¡sai en Ar¡dai en Wais ta,

10 die tien seuns van Haman, die seun van Hammed ta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

11 Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom;

12 en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyf honderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? -- daaraan sal voldoen word.

13 Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.

14 En die koning het bevel gegee om so te doen; en 'n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.

15 En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan drie honderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

16 En die ander Jode wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf en sewentig duisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.

17 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak.

18 Maar die Jode wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het.

19 Daarom maak die Jode wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vrolikheid en maaltyd en 'n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur.

20 En Mordegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasv,ros was, die wat naby en die wat ver was,

21 om vir hulle vas te stel dat hulle al jare die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier --

22 as die dae waarop die Jode rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in 'n feesdag verander is -- dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur.

23 En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mordegai aan hulle geskryf het.

24 Want Haman, die seun van Hammed ta, die Agagiet, teëstander van al die Jode, het 'n plan beraam teen die Jode om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei.

25 Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.

26 Daarom noem hulle die dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het,

27 het die Jode vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle nageslag en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle die twee dae al jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd;

28 en dat die dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat die Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie.

29 En koningin Ester, die dogter van Ab¡gail, en die Jood Mordegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen.

30 En hy het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd sewe en twintig provinsies, die koninkryk van Ahasv,ros, woorde van vrede en trou,

31 om die Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mordegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.

32 En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in 'n boek geskrywe.

1 十二月, 就是亚达月, 十三日, 王的命令和谕旨快要执行的时候, 就是犹大人的仇敌盼望辖制犹大人的日子, 反成了犹大人辖制恨他们的人的日子。

2 犹大人在亚哈随鲁王各省的城里聚集起来, 要下手攻击那些想谋害他们的人; 没有人能抵挡他们, 因为各族的人都惧怕他们。

3 各省的官长、总督、省长和办理王事务的人, 因为惧怕末底改, 就都支持犹大人。

4 末底改在朝中的确非常尊大, 他的声誉传遍各省; 末底改这人的权力越来越大。

5 这样, 犹大人击杀他们所有的仇敌, 他们用刀尽量击杀, 随意对待他们的仇人。

6 在书珊城里, 犹大人就杀灭了五百人。

7 他们又杀了巴珊大他、达分、亚斯帕他、

8 破拉他、亚大利雅、亚利大他、

9 帕玛斯他、亚利赛、亚利代和瓦耶撒他,

10 这十个人就是哈米大他的孙子、哈曼的儿子, 犹大人的敌人; 至于财物, 犹大人却没有下手掠夺。

11 当日在书珊城被杀的人的数目, 呈到王面前。

12 王问王后以斯帖: "犹大人在书珊城杀灭了五百人, 又杀了哈曼的十个儿子; 在王其他省内, 他们怎样行呢! 现在你要什么, 我必赐给你, 你还求什么, 也必给你成全。"

13 以斯帖回答: "王若是同意, 求你恩准书珊的犹大人, 明日也照着今日的谕旨行事, 把哈曼的十个儿子挂在木架上。"

14 王就下令这样行; 谕旨传遍书珊, 人就把哈曼的十个儿子挂在木架上。

15 亚达月十四日, 在书珊的犹大人又聚集起来, 在书珊杀了三百人, 却没有下手掠夺他们的财物。

16 在王各省其余的犹大人, 也都聚集起来, 保护自己的性命, 向他们的仇敌报复, 杀了恨他们的人共七万五千; 至于财物, 他们却没有下手掠夺。

17 这是在亚达月十三日的事, 十四日他们得享安宁, 以这日为设宴欢乐的日子。

18 但在书珊的犹大人在十三、十四日聚集起来杀敌, 他们就在十五日休息, 以这日为设宴欢乐的日子。

19 因此乡村的犹大人, 就是住在没有城墙的村镇的, 都以亚达月十四日为欢乐饮宴的吉日, 互送礼物。

20 末底改把这些事记录下来, 并且送文书给亚哈随鲁各省远近所有的犹大人,

21 嘱咐他们每年都要守亚达月十四、十五两日。

22 以这月的两日, 为犹大人脱离仇敌, 得享安宁的日子, 是转忧为喜, 转哀为乐的吉日, 叫他们在这两日饮宴欢乐, 大家互赠礼物, 也赒济穷人。

23 于是, 犹大人承诺要守他们起初所守的, 也承诺要遵守末底改写给他们的。

24 原本犹大人的敌人, 亚甲族哈米大他的儿子哈曼曾经设谋陷害犹大人, 要消灭他们; 他弄卜"普珥", 就是抽签, 为要打击和消灭犹大人。

25 但这事呈到王面前以后, 王使用文书降旨吩咐, 使哈曼计谋的恶事, 就是他设谋陷害犹大人的事归到他自己的头上, 又使人把他和他的众子挂在木架上。

26 因此, 犹大人照着"普珥"的名字, 称这两日为普珥节; 所以他们因这信上的话, 又因他们所看见和所遭遇的事,

27 犹大人就立了定例, 承诺他们自己和他们的后裔, 以及所有与他们联合的人, 每年都要按着所写的和指定的两日守这节日, 永不可废止。

28 使人在各省各城, 家家户户, 世世代代, 都记念、遵守这两日, 使这普珥节的日子在犹大人中, 永不废止。

29 亚比孩的女儿王后以斯帖和犹大人末底改以全权写了这第二封信, 嘱咐犹大人守这普珥节。

30 他用和平和诚实的话, 把文书送给亚哈随鲁国中一百二十七省所有的犹大人,

31 劝他们按着规定的时期, 照着犹大人末底改和王后以斯帖所嘱咐的, 也照着他们在禁食和哀求的时候为自己与后裔所承诺的, 守这普珥节。

32 以斯帖的命令确定了普珥节; 这命令也记录在史记上。