1 Op dieselfde dag het koning Ahasv,ros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mordegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.
2 En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mordegai gegee; en Ester het Mordegai aangestel oor die huis van Haman.
3 En Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die onheil van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode beraam het, te verydel.
4 En die koning het die goue septer na Ester uitgesteek, en Ester het haar opgerig en voor die koning gaan staan
5 en gesê: As die koning dit goedvind en ek genade voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammed ta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die Jode wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei.
6 Want hoe sou ek kan aansien die onheil wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag?
7 Toe sê koning Ahasv,ros aan koningin Ester en aan die Jood Mordegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.
8 Skryf julle maar, wat die Jode betref, soos julle dit goedvind uit naam van die koning, en verseël dit met die seëlring van die koning; want 'n geskrif, in naam van die koning geskrywe en verseël met die seëlring van die koning, kan nie herroep word nie.
9 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie en twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mordegai beveel het, aan die Jode en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indië af tot by Kus lê, honderd sewe en twintig provinsies, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en in hulle taal --
10 hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasv,ros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery,
11 dat die koning aan die Jode wat in elke stad woon, toegestaan het om bymekaar te kom en hulle lewe te verdedig, deur te verdelg en dood te maak en uit te roei elke gewapende mag van volk of provinsie wat hulle in benoudheid mag bring, saam met kindertjies en vroue, en hulle besittings as buit te plunder,
12 op een dag in al die provinsies van koning Ahasv,ros, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar.
13 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die Jode op die dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.
14 Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig.
15 En Mordegai het van die koning weggegaan in 'n koninklike kleed van pers en wit, met 'n groot goue kroon op en 'n mantel van fyn linne en purperrooi stof, terwyl die stad Susan jubel en vrolik was.
16 Vir die Jode was daar lig en vrolikheid en vreugde en eer;
17 en in al die provinsies en in al die stede waar die bevel van die koning en sy wet ook al aangekom het, was daar vrolikheid en vreugde by die Jode, maaltyd en feesdag; en baie uit die volke van die land het Jode geword, want die skrik vir die Jode het op hulle geval.
1 当日, 亚哈随鲁把犹大人的敌人哈曼的家产, 赐给王后以斯帖; 末底改也来到王的面前, 因为以斯帖已经把末底改和她的关系告诉王。
2 王就摘下自己的戒指, 就是从哈曼那里取回的, 给了末底改, 以斯帖也委派末底改管理哈曼的家产。
3 以斯帖又在王面前说话, 俯伏在王的脚前, 含泪恳求王免除亚甲族人哈曼所加的灾害, 以及他设计要害犹大人的阴谋。
4 王向以斯帖伸出了金杖, 以斯帖就起来, 站在王的面前;
5 她说: "王若是同意, 我若是在王面前蒙恩, 就请下旨, 废除亚甲族哈米大他的儿子哈曼设计的谕文, 就是他写下要消灭在王各省的犹大人的谕文。
6 我怎忍看见我的族人消灭呢?"
7 亚哈随鲁王对王后以斯帖和犹大人末底改说: "因为哈曼要下手害犹大人, 我已经把哈曼的家产赐给了以斯帖, 人也把哈曼挂在木架了。
8 现在你们可以照着你们的意思, 奉王的名为犹大人写谕旨, 用王的印戒盖上; 因为奉王的名所写, 用王的戒指盖上印的谕旨, 是没有人可以废除的。"
9 那时是三月, 就是西弯月, 二十三日, 王的文士都召了来, 照着末底改所吩咐一切有关犹大人的事, 用各省的文字、各族的方言写了谕旨, 从印度到古实的一百二十七省, 给各省的总督、省长和领袖, 也用犹大人的文字和方言写给犹大人。
10 末底改奉亚哈随鲁王的名写了谕旨, 又用王的戒指盖上印; 文书由驿使骑上御养的、为国事而用的快马, 传送到各处去。
11 文书上写着: 王准许在各城的犹大人, 可以聚集起来, 保护自己的性命; 也可以毁灭、杀尽和灭绝那些敌对犹大人的各族和各省的势力, 包括妇孺, 并且可以掠夺他们的财产;
12 一日之间, 在十二月, 就是亚达月, 十三日, 在亚哈随鲁王的各省, 开始实行。
13 谕旨的抄本作为御令, 颁发到各省, 宣告各族, 使犹大人准备那日, 好在仇敌身上施行报复。
14 于是, 骑上为国事而用的快马的驿使, 迫于王命, 就急急忙忙出发, 谕旨传遍书珊城。
15 末底改穿着紫蓝色和白色的朝服, 戴着硕大的金冠冕, 又披上紫色细麻布的外袍, 从王面前出来; 书珊城的人都欢呼快乐。
16 犹大人得到了光彩、欢喜、快乐和尊荣。
17 在各省各城中, 王的命令和谕旨所到之处, 犹大人都欢喜快乐, 饮宴放假; 那地的人民, 有许多因为惧怕犹大人, 就都自认是犹大人。