1 En Samuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Paran.
2 En daar was 'n man in Maon wat sy boerdery in Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drie duisend skape en duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.
3 En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Ab¡gail; en die vrou het 'n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet.
4 Toe Dawid in die woestyn hoor dat Nabal sy skape skeer,
5 stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;
6 en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.
7 En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.
8 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
9 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.
10 Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.
11 Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?
12 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.
13 Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan -- Dawid het ook sy swaard aangegord -- en hulle trek agter Dawid op, omtrent vier honderd man, terwyl twee honderd by die pakgoed bly.
14 Maar aan Ab¡gail, die vrou van Nabal, het een van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die woestyn gestuur om ons heer te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.
15 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle rondgetrek het toe ons in die veld was nie.
16 Hulle was 'n muur om ons, snags sowel as bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.
17 En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet doen; want die onheil is vas besluit oor ons heer en oor sy hele huis; maar hy self is so 'n deugniet dat jy nie met hom kan praat nie.
18 Toe het Ab¡gail gou twee honderd brode geneem en twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd rosynekoeke en twee honderd vyekoeke en dit op esels gesit.
19 En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het sy niks te kenne gegee nie.
20 En terwyl sy op die esel ry en in 'n kloof van die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle teëgekom het.
21 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles wat aan hierdie man behoort, in die woestyn beskerm, sodat daar nooit iets van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my kwaad vir goed.
22 Mag God so aan die vyande van Dawid doen en so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot môre een laat oorbly wat manlik is.
23 Toe Ab¡gail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig.
24 En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op my, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.
25 My heer moet hom tog nie steur aan daardie deugniet van 'n man, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my heer se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.
26 En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.
27 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir my heer gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my heer se voetspore rondtrek.
28 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die HERE sal sekerlik vir my heer 'n bestendige huis stig, omdat my heer die oorloë van die HERE voer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.
29 As 'n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by die HERE u God; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger.
30 En as die HERE aan my heer sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor Israel,
31 dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as die HERE goed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink.
32 Toe sê Dawid vir Ab¡gail: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!
33 En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help.
34 Maar so waar as die HERE, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen -- as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môre lig oorgebly het nie!
35 En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na jou geluister en jou in guns aangeneem.
36 Toe Ab¡gail by Nabal kom, het hy juis 'n maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van 'n koning; en Nabal se hart was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
37 Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom die dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos 'n klip.
38 En n omtrent tien dae het die HERE Nabal getref, sodat hy gesterf het.
39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Ab¡gail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.
40 Toe het die dienaars van Dawid by Ab¡gail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.
41 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.
42 Ab¡gail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.
43 Dawid het ook Ah¡noam uit J¡sreël geneem, sodat hulle altwee sy vroue geword het.
44 Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.
1 撒母耳死了, 以色列众人都聚集起来, 为他哀哭, 把他埋葬在拉玛他自己的家里。大卫起身, 下到巴兰的旷野去。
2 在玛云有一个人, 他的产业在迦密。他是一个很富有的人, 有绵羊三千只, 山羊一千只, 那时他正在迦密剪羊毛。
3 那人名叫拿八, 他的妻子名叫亚比该。这女人既聪明, 又美丽。但那男人为人粗暴, 又行事凶恶。他是个迦密族的人。
4 大卫在旷野听说拿八正在剪羊毛,
5 就差派十个仆人, 对他们说: "你们上迦密去见拿八, 以我的名义向他问安。
6 你们要这样说: ‘愿你长寿! 愿你平安! 愿你的家平安! 愿你所有的一切都平安!
7 现在我听说有人为你剪羊毛。你的牧人与我们在一起的时候, 我们都没有侮辱他们; 他们在迦密的日子, 也从没有遗失过什么。
8 你可以问问你的仆人, 他们必会告诉你。愿我派来的这些仆人在你眼前蒙恩, 因为我们是在好日子来的, 请你把手中所有的, 随便赏赐一点给你的仆人和你的儿子大卫。’"
9 大卫的仆人到了, 就以大卫的名义, 把这些话都对拿八说了, 然后等候答复。
10 拿八回答大卫的仆人说: "大卫是谁?耶西的儿子是谁?现在离开主人逃走的仆人太多了。
11 我怎能把我的饼、我的水, 和我为剪羊毛的人宰杀的肉, 给那些我不知道从哪里来的人呢?"
12 于是大卫的仆人转回原路, 回去了。他们到了以后, 就把这一切话都告诉大卫。
13 大卫对跟随他的人说: "你们各人都佩上刀。"他们各人就佩上自己的刀, 大卫也佩上自己的刀。跟随大卫上去的约有四百人, 有二百人留下来看守器具。
14 拿八的一个仆人告诉拿八的妻子亚比该说: "大卫从旷野派遣使者来向我们的主人问候, 主人却辱骂了他们。
15 但是, 那些人对我们很好。我们在田野与他们往来的时候, 他们都没有侮辱我们, 我们也从没有遗失过什么。
16 我们与他们在一起牧羊的日子, 他们日夜都作保护我们的墙。
17 现在, 你要想一想, 看看你该怎么办, 因为灾祸必定临到我们的主人和他的全家。他是一个性情凶恶的人, 没有人敢对他说话。"
18 亚比该急忙拿了两百个饼、两皮袋酒、五只预备好了的羊、十七公斤烘好了的穗子、一百个葡萄饼、两百个无花果饼, 都驮在驴背上,
19 然后对她的仆人说: "你们先去, 我随着你们来。"这事她却没有告诉她的丈夫拿八。
20 亚比该骑着驴, 正从山坡下来, 忽见大卫和跟随他的人也正从对面迎着她走下来, 亚比该就与他相遇了。
21 大卫曾经说过: "我在旷野看守这人一切所有的, 使他一切所有的一样也没有失落, 实在是白费心机了。他竟然对我以恶报善。
22 如果我让这人一切所有的, 就是一个男丁, 留到明天早晨, 神怎样惩罚大卫的仇敌, 愿他也怎样加倍惩罚我。"
23 亚比该见了大卫, 就急忙从驴背下来, 俯伏在大卫面前, 脸伏于地, 向他叩拜。
24 她又俯伏在大卫的脚前, 说: "我王啊, 愿这罪孽归我。求你容婢女向你讲话, 求你听婢女所说的话。
25 请我主不要把这个性情凶恶的人拿八放在心上。因为他的名字怎样, 他的为人也怎样。他名叫拿八, 他也真是愚笨。我主派来的仆人, 你的婢女并没有看见。
26 我主啊, 现在我指着永活的耶和华, 又在你面前起誓, 耶和华既然阻止了你流人的血, 又阻止了你亲手报仇, 愿你的仇敌和那些谋害我主的人, 都像拿八一样。
27 现在, 请把你婢女给我主带来的这礼物, 赐给跟随我主的仆人。
28 求你饶恕你婢女的过犯。耶和华必为我主建立一个坚固的家, 因为我主为耶和华争战; 在你一生的日子里, 在你身上也找不到什么过错。
29 虽然有人起来追赶你, 寻索你的命, 我主的性命必得保全在耶和华你的 神生命的囊中。至于你仇敌的命, 耶和华却要甩去, 像从甩石机甩出去一样。
30 将来耶和华照着他应许的一切善待了你, 立了你作以色列的领袖的时候,
31 我主就不致因为无缘无故流人的血或亲自报仇而良心不安, 心里有愧了。耶和华恩待了我主以后, 求你记念你的婢女。"
32 大卫对亚比该说: "耶和华以色列的 神是应当称颂的! 他今天差派你来迎接我。
33 你的智慧和你的为人也是应当称赞的, 因为你今天阻止了我流人的血, 又阻止了我亲手报仇。
34 我指着那拦阻了我加害你的永活的耶和华以色列的 神起誓, 如果你不及时来迎见我, 到明天早晨, 拿八所有的男丁必不留一个。"
35 大卫从亚比该手中接受了她带来给他的东西, 就对她说: "你平平安安回家去吧! 你看, 我已经听了你的话, 也答应了你的请求。"
36 亚比该到了拿八那里, 他正在家中摆设筵席, 好像帝王的筵席一样。拿八心里畅快, 喝得烂醉如泥, 所以无论大事小事亚比该都没有告诉他, 直到第二天早晨。
37 到了早晨, 拿八酒醒了, 他的妻子才把这些事告诉他, 他就吓得魂不附体, 立刻中风瘫痪了。
38 大约过了十天, 耶和华击打拿八, 他就死了。
39 大卫听见拿八死了, 就说: "耶和华是应当称颂的, 因为他为我伸了拿八羞辱我的冤, 又阻止了仆人行恶, 也使拿八的恶归到他自己的头上。"于是大卫派人去对亚比该说要娶她作他的妻子。
40 大卫的仆人到了迦密去见亚比该, 对她说: "大卫差派我们到你这里来, 要娶你作他的妻子。"
41 亚比该就起来, 面伏于地叩拜, 说: "婢女愿意作女仆, 洗我主人的脚! "
42 亚比该急忙起来, 骑上驴, 带着五个跟随她的女仆, 跟从大卫的使者去了, 就作了大卫的妻子。
43 大卫先娶了耶斯列人亚希暖, 她们二人都作了他的妻子。
44 扫罗已经把他的女儿米甲, 就是大卫的妻子, 赐给了迦琳人拉亿的儿子帕提作妻子。