1 En die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog en bymekaargekom by Sogo wat aan Juda behoort, en laer opgeslaan tussen Sogo en As,ka in Efes-Dammim.
2 Maar Saul en die manne van Israel het byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in slagorde teenoor die Filistyne opgestel.
3 En die Filistyne het duskant teen die berg en die Israeliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in was.
4 Toe kom daar 'n baasvegter uit die laers van die Filistyne, met die naam van Goliat, uit Gat; sy hoogte was ses el en 'n span.
5 Daar was 'n koperhelm op sy hoof, en hy het 'n pantser van skubbe aangehad -- die gewig van die pantser was vyf duisend sikkels koper --
6 en skeenplate van koper was aan sy bene en 'n koperlans tussen sy skouers.
7 Die steel van sy spies was soos 'n wewersbalk, en die lem van sy spies was van ses honderd sikkels yster, en die skilddraer het voor hom uit geloop.
8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes van Israel en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel? Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle 'n man uit, dat hy na my toe afkom.
9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe wees en ons dien.
10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my 'n man, dat ons saam kan veg.
11 Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.
12 En Dawid was die seun van die Efratiet, uit Betlehem-Juda, met die naam van Isai; hy het agt seuns gehad, en die man was in Saul se dae oud, op jare gekom onder die manne.
13 Maar die drie oudste seuns van Isai het Saul al in die oorlog gevolg; en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan het, was: El¡ab, die oudste, en sy tweede, Abin dab, en die derde, Samma.
14 Dawid was die jongste, terwyl die drie oudstes Saul gevolg het.
15 En Dawid het heen en weer gegaan van Saul om die kleinvee van sy vader in Betlehem op te pas.
16 En die Filistyn het smôre ns vroeg en saans nader gekom en gaan staan, veertig dae lank.
17 Toe het Isai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog vir jou broers 'n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en bring dit gou vir jou broers na die laer toe.
18 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na die owerste oor duisend, en jy moet ondersoek doen na die welstand van jou broers en van hulle 'n pand saambring.
19 En Saul en hulle en al die manne van Israel was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom.
20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan.
21 Israel sowel as die Filistyne het slagorde teenoor slagorde opgestel.
22 Daarop gee Dawid sy pakgoed af onder bewaring van die oppasser van die pakgoed, en hy hardloop na die vegterrein. Toe hy daar aankom, vra hy sy broers na die welstand.
23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die baasvegter -- Goliat is sy naam, die Filistyn uit Gat -- uit die slagordes van die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor.
24 Maar toe al die manne van Israel die man sien, vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang.
25 En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting.
26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan, gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die smaad van Israel wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die slagordes van die lewende God durf uitdaag?
27 En die manskappe gee hom dieselfde antwoord: So sal met die man gebeur wat hom verslaan.
28 Toe sy oudste broer El¡ab hom met die manne hoor spreek, het El¡ab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien.
29 En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar net.
30 En hy het by hom weggedraai na iemand anders en dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die eerste woorde.
31 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het die hom laat haal.
32 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.
33 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.
34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra,
35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood.
36 U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
37 Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!
38 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en 'n koperhelm op sy hoof gesit en hom 'n pantser laat aantrek.
39 En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek.
40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.
41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit.
42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy 'n seun was -- rooierig, met 'n mooi voorkoms.
43 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.
44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.
45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.
46 Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel 'n God het.
47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;
49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem 'n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.
50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.
51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn gaan staan en sy swaard geneem, dit uit sy skede getrek en hom van kant gemaak, en hy het daarmee sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood was, het hulle gevlug.
52 Toe het die manne van Israel en van Juda hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat en tot by die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê het op die pad van Sa„r im en tot by Gat en tot by Ekron.
53 Daarna het die kinders van Israel teruggekeer van die hewige agtervolging van die Filistyne en hulle laer geplunder.
54 En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem en dit na Jerusalem gebring, maar sy wapens in sy tent neergesit.
55 Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn te ontmoet, sê hy vir Abner, die leërowerste: Wie se seun is die jongman tog, Abner? En Abner antwoord: So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie!
56 En die koning sê: Vra jy wie se seun die jongman tog is.
57 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring, met die hoof van die Filistyn in sy hand.
58 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En Dawid sê: Die seun van u dienaar Isai, die Betlehemiet.
1 非利士人聚集他们的军队作战。他们聚集在属犹大的梭哥, 在梭哥和亚西加之间的以弗.大悯安营。
2 扫罗和以色列人也聚集起来, 在以拉谷安营; 他们列出战阵, 要迎战非利士人。
3 非利士人站在这边山上, 以色列人站在那边山上, 中间有山谷分隔。
4 有一个挑战的人从非利士人的军营中出来, 名叫歌利亚, 是迦特人, 身高三公尺。
5 他头戴铜盔, 身穿铠甲, 铠甲的铜重五十七公斤。
6 他的腿上有铜护膝, 两肩之间背着一根铜枪。
7 另外, 他手上拿着矛, 矛杆有织布的机轴那么粗, 矛头的铁重七公斤。还有一个拿大盾牌的人在他前面走。
8 歌利亚站着, 向着以色列人的军队喊叫, 对他们说: "你们为什么出来这里摆列战阵呢?我不是非利士人吗?你们不是扫罗的仆人吗?你们自己挑选一个人, 叫他下到我这里来吧。
9 如果他能与我决斗, 击杀了我, 我们就作你们的奴仆; 但是, 如果我能胜过他, 击杀了他, 你们就作我们的奴仆, 服事我们。"
10 那非利士人又说: "今天我向以色列人的军队骂阵。你们派一个人出来, 我们可以决斗! "
11 扫罗和以色列众人听见了那非利士人所说的这些话, 就都惊惶, 非常害怕。
12 大卫是犹大伯利恒的以法他人耶西的儿子; 耶西有八个儿子。在扫罗的日子, 耶西已经年纪老迈了。
13 耶西的三个大儿子跟随了扫罗去作战。去了作战的这三个儿子的名字是: 长子以利押、次子亚比拿达、三子沙玛。
14 大卫是最小的, 那三个年长的都跟随扫罗去了。
15 大卫有时离开扫罗, 回到伯利恒牧放他父亲的羊群。
16 那非利士人每天早晚都近前来, 站着骂阵, 一连有四十天之久。
17 有一天, 耶西对他的儿子大卫说: "你拿这十公斤烘了的谷子和这十个饼去给你的哥哥们; 你要跑到营里去给你的哥哥们,
18 又拿这十块乳酪去给他们的千夫长, 看看你的哥哥们平安不平安, 把他们的家书带回来。"
19 扫罗和大卫的哥哥们, 以及以色列众人都在以拉谷与非利士人作战。
20 大卫清早起来, 把羊群托给一个看守的人, 就照着耶西所吩咐他的, 带着食物去了。他来到军营中的时候, 军队正出去列阵, 吶喊助阵。
21 以色列人和非利士人都摆列阵势, 互相对峙。
22 大卫把身上的东西留在看守物件的人手中, 跑到战阵上去, 向他的哥哥们问安。
23 大卫正与他们说话的时候, 那个讨战的人, 就是迦特的非利士人, 名叫歌利亚, 从非利士人阵中上来; 他说的又是同样的那些话, 大卫都听见了。
24 所有的以色列人一看见那人, 就都从他面前逃跑, 非常害怕。
25 以色列人彼此说: "这个上来的人你们看见了吗?他上来是要向以色列人骂阵的。如果有人能击杀他, 王必赏赐他大财富, 把自己的女儿给他作妻子, 并且使他的父家在以色列中免纳税, 免服役。"
26 大卫问站在他旁边的人说: "如果有人击杀这个非利士人, 除去以色列人的耻辱, 那人会得到怎么的对待呢?这未受割礼的非利士人是谁呢?竟敢向永活的 神的军队骂阵?"
27 于是众民用以上的那些话回答他说: "如果有人能击杀他, 那人必得这样的对待。"
28 大卫与那些人说话的时候, 他的大哥以利押听见了, 就向大卫发怒, 说: "你为什么下这里来呢?在旷野的那几只羊你托了给谁呢?我知道你的骄傲和你心里的恶意。你下来是要看打仗。"
29 大卫说: "我现在作了什么事呢?不是只说了一句话吗?"
30 大卫离开他的哥哥, 转向另一个人, 问同样的问题。众民还是用先前的话回答他。
31 有人听见大卫所说的这些话, 就告诉扫罗; 扫罗就派人去把大卫接来。
32 大卫对扫罗说: "大家都不要因这非利士人丧胆, 你的仆人要去与这非利士人决斗。"
33 扫罗对大卫说: "你不能去与这非利士人决斗, 因为你年纪还轻, 那人从小就作战士。"
34 大卫对扫罗说: "你仆人是为父亲放羊的, 有时狮子或熊来了, 从羊群中抓去一只小羊,
35 我就出去追赶它, 击打它, 从它的嘴里把小羊救出来。如果它起来攻击我, 我就揪住它的胡须, 击打它, 把它杀死。
36 你仆人不但击杀过狮子, 也击杀过熊。这个未受割礼的非利士人也必像一只狮子或熊一样, 因为他向永活的 神的军队骂阵。"
37 大卫又说: "那曾救我脱离狮爪和熊掌的耶和华, 也必救我脱离这非利士人的手。"于是扫罗对大卫说: "你去吧! 愿耶和华与你同在。"
38 扫罗把自己的战袍给大卫穿上, 把铜盔戴在他的头上, 又给他穿上铠甲。
39 大卫把刀佩带在战袍上。因为他以前没有穿过, 现在试着走一下。大卫对扫罗说: "穿戴着这些东西, 我不能走动, 因为我从前没有穿过。"大卫就把这些装备从身上脱下来。
40 他手中拿着自己的杖, 又从溪里挑选了五块光滑的石子, 放在口袋里, 就是牧人用的那种袋子, 手里又拿着甩石的机弦, 就向那非利士人走近去。
41 那非利士人也向着大卫慢慢走过来, 拿大盾牌的人在他前面走。
42 那非利士人观看, 看见了大卫, 就藐视他, 因为他年纪还轻, 面色红润, 外貌英俊。
43 那非利士人对大卫说: "难道我是一条狗吗?你竟拿杖来攻击我。"于是指着自己的神咒诅大卫。
44 那非利士人又对大卫说: "你到我这里来吧! 我要把你的肉给空中的飞鸟和田野的走兽吃。"
45 大卫回答那非利士人: "你来攻击我是靠刀、靠枪, 但我来攻击你是靠万军之耶和华的名; 万军之耶和华就是你所辱骂的以色列军队的 神。
46 今天耶和华要把你交在我手里, 我必击杀你, 砍下你的头。今天我还要把非利士人军队的尸体给空中的飞鸟和地上的野兽吃。这样, 全地的人就都知道以色列中有一位 神。
47 也使这些人群都知道, 耶和华拯救人不是靠刀, 不是靠枪, 因为战争的胜败在于耶和华, 他必把你们交在我们的手里。"
48 那非利士人起身, 迎着大卫慢慢走过来; 大卫也赶快往阵上跑去, 迎战那非利士人。
49 大卫伸手入口袋里, 从里面拿出了一块石子来, 用机弦甩去, 击中了那非利士人的前额; 石子穿入前额里面, 他就仆倒, 面伏于地。
50 这样, 大卫用机弦和一块石子胜过了那非利士人。大卫击杀了那非利士人, 但他手中没有刀。
51 大卫跑过去, 站在那非利士人的身边, 拿起他的刀来, 把刀从鞘中拔出来, 杀死他, 又用刀砍下他的头。非利士人看见他们的勇士死了, 就都逃跑。
52 以色列人和犹大人就起来, 高声吶喊, 追赶非利士人, 直到迦特的入口和以革伦的城门。被刺死的非利士人都倒在沙拉音的路上, 直到迦特和以革伦。
53 以色列人穷追非利士人回来以后, 就抢掠他们的营房。
54 大卫拿起那非利士人的头, 把它带到耶路撒冷去, 却把那人的武器放在自己的帐棚里。
55 扫罗看见大卫出去迎战那非利士人, 就问元帅押尼珥: "押尼珥啊, 这个年轻人是谁的儿子?"押尼珥回答: "我敢指着王起誓, 我不知道。"
56 王说: "你去问问这个少年是谁的儿子。"
57 大卫击杀了那非利士人回来的时候, 押尼珥迎接他, 把他带到扫罗面前, 大卫手中还拿着那非利士人的头。
58 扫罗问他: "年轻人啊, 你是谁的儿子?"大卫回答: "我是你仆人伯利恒人耶西的儿子。"