1 Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE.

2 So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.

3 Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.

4 Daarop het Saul die manskappe opgeroep en hulle gemonster in Tel im: twee honderd duisend voetgangers en tien duisend man van Juda.

5 En toe Saul by die stad van Amalek aankom en in die dal 'n hinderlaag opstel,

6 sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie; want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete uit.

7 En Saul het die Amalekiete verslaan van Haw¡la af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê.

8 En Agag, die koning van Amalek, het hy lewendig gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref.

9 Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat van waarde was -- dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.

10 En die woord van die HERE het tot Samuel gekom en gesê:

11 Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep.

12 Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom 'n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal.

13 Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer.

14 Daarop vra Samuel: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor?

15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.

16 Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.

17 En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die HERE het jou as koning oor Israel gesalf.

18 En die HERE het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is.

19 Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE?

20 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van die HERE geluister en gegaan op die pad waar die HERE my op gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.

21 Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer.

22 Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

23 Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.

24 Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die HERE en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.

25 Vergeef dan nou tog my sonde en kom met my saam terug, dat ek die HERE kan aanbid.

26 Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die HERE verwerp het, en nou het die HERE jou verwerp om koning oor Israel te wees.

27 Toe Samuel hom omdraai om weg te gaan, gryp hy die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur.

28 En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy.

29 En ook lieg die Roem van Israel nie, en Hy ken geen berou nie; want Hy is geen mens, dat Hy berou sou hê nie.

30 En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, en kom saam met my terug, dat ek die HERE u God kan aanbid.

31 Samuel het toe teruggegaan agter Saul aan, en Saul het die HERE aanbid.

32 Daarop sê Samuel: Bring Agag, die koning van Amalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die bitterheid van die dood het gewyk.

33 Maar Samuel het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het Samuel Agag in stukke gekap voor die aangesig van die HERE in Gilgal.

34 Daarna gaan Samuel na Rama, en Saul het opgegaan na sy huis, na G¡bea van Saul.

35 En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuel het getreur oor Saul; en die HERE het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel.

1 撒母耳对扫罗说: "耶和华差遣我膏立你作他子民以色列的王, 所以现在你要听耶和华的话。

2 万军之耶和华这样说: ‘以色列人从埃及上来的时候, 亚玛力人对他们所行的, 在路上攻击他们的事, 我必要惩罚。

3 现在你要去攻打亚玛力人, 彻底毁灭他们所有的一切, 不可怜惜他们。无论男女、孩童, 或吃奶的婴儿, 牛羊、骆驼、驴子, 都要杀死。’"

4 于是扫罗招聚众人, 在提拉因数点他们, 共有步兵二十万, 另有犹大人一万。

5 扫罗到了亚玛力人的城市, 就在山谷中设下伏兵。

6 扫罗又对基尼人说: "你们走吧! 离开亚玛力人下去吧! 免得我把你们与他们一同消灭。因为以色列众人从埃及上来的时候, 你们曾经以慈爱待他们。"于是基尼人离开亚玛力人去了。

7 扫罗击杀亚玛力人, 从哈腓拉直到埃及东的书珥,

8 生擒了亚玛力人的王亚甲, 用刀杀灭了所有人民。

9 但扫罗和众人怜惜亚甲, 也爱惜上好的牛羊、肥牛犊、羊羔和一切美好的东西。他们不愿彻底毁灭这些; 凡是卑贱的、没有价值的, 他们就彻底毁灭。

10 耶和华的话临到撒母耳说:

11 "我后悔立了扫罗为王, 因为他已经离去不跟随我, 也不执行我的命令了。"撒母耳非常忿怒, 整夜哀求耶和华。

12 撒母耳清早起来, 要在早晨去见扫罗; 有人告诉撒母耳: "扫罗到了迦密, 在那里为自己立了一座纪念碑, 然后转身下到吉甲去了。"

13 撒母耳到了扫罗那里, 扫罗对他说: "愿耶和华赐福给你! 我已经执行了耶和华的命令。"

14 撒母耳说: "我耳中听见有羊叫牛鸣的声音, 到底是什么呢?"

15 扫罗回答: "这是众民从亚玛力人那里带来的, 因为他们爱惜这些上好的牛羊, 要献给耶和华你的 神为祭; 其余的, 我们都已经彻底毁灭了。"

16 撒母耳对扫罗说: "住口吧! 让我把耶和华昨天晚上对我所说的话告诉你。"扫罗对他说: "请说。"

17 撒母耳说: "从前你虽然自以为微小, 不是作了以色列众支派的首领吗?耶和华膏立了你作以色列的王,

18 差遣你去, 说: ‘你去彻底毁灭那些犯罪的亚玛力人, 攻打他们, 直到把他们全部毁灭。’

19 你为什么没有听从耶和华的话, 急于夺取战利品, 作了耶和华看为恶的事呢?"

20 扫罗回答撒母耳: "我实在听从了耶和华的话, 行了耶和华差遣我行的路; 我把亚玛力人的王亚甲带了回来, 又把亚玛力人都彻底毁灭了。

21 可是众民却从那些战利品中, 取了应当毁灭之物中上好的牛羊, 要在吉甲献给耶和华你的 神为祭。"

22 撒母耳说: "耶和华喜悦燔祭和平安祭, 岂像喜悦人听从耶和华的话呢?听从胜过献祭, 听命胜过公羊的脂油。

23 因为悖逆与行邪术的罪相同, 顽梗与拜虚无偶像一样, 因为你弃绝了耶和华的话, 耶和华也弃绝了你作王。"

24 于是扫罗对撒母耳说: "我犯了罪了, 我违背了耶和华的命令和你的话, 因为我害怕众人, 听从了他们的话。

25 现在求你赦免我的罪, 与我一同回去, 我好敬拜耶和华。"

26 撒母耳回答扫罗: "我不与你一同回去, 因为你弃绝了耶和华的话, 耶和华也弃绝你作以色列的王。"

27 撒母耳转身要走, 扫罗拉着他外袍的衣边, 衣边就撕裂了。

28 撒母耳就对他说: "今天耶和华把以色列国从你身上撕裂, 赐给比你更好的人。

29 以色列的大能者必不说谎, 也不后悔。因为他不是世人, 他决不后悔。"

30 扫罗说: "我犯了罪了, 但是求你在我人民的长老面前和以色列人面前给我面子, 与我一同回去, 我好敬拜耶和华你的 神。"

31 于是撒母耳跟着扫罗回去, 扫罗就敬拜耶和华。

32 随后撒母耳说: "把亚玛力人的王亚甲带到我这里来! "亚甲欢欢喜喜走到他面前, 心里说: "死亡的痛苦必定过去了! "

33 撒母耳说: "你的刀怎样使妇人丧子, 你的母亲在妇人中也要怎样丧子。"于是撒母耳在吉甲, 在耶和华面前把亚甲斩成碎块。

34 后来撒母耳回拉玛去, 扫罗也上他所住的基比亚自己的家去了。

35 撒母耳直到死的日子, 再没有看见扫罗。撒母耳为扫罗悲伤, 因为耶和华后悔立了扫罗作以色列的王。