1 Toe sê Samuel aan die hele Israel: Kyk, ek het na julle geluister in alles wat julle aan my gesê het, en 'n koning oor julle aangestel.

2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.

3 Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak -- dan sal ek dit aan julle teruggee.

4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.

5 Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.

6 Verder het Samuel aan die volk gesê: Getuie is die HERE wat Moses en A„ron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het.

7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die HERE oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.

8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en A„ron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.

9 Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van S¡sera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab -- wat teen hulle geveg het.

10 Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.

11 En die HERE het Jerubba„l en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.

12 Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.

13 Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, die HERE het 'n koning oor julle aangestel.

14 As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!

15 Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders.

16 Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak wat die HERE voor julle oë gaan doen.

17 Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal die HERE aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat julle kwaad groot is wat julle in die oë van die HERE gedoen het deur 'n koning vir julle te begeer.

18 Toe het Samuel die HERE aangeroep, en die HERE het donderslae en reën op die dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die HERE en vir Samuel.

19 Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die HERE u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur 'n koning vir ons te begeer.

20 Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die HERE af nie, en dien die HERE met julle hele hart.

21 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.

22 Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die HERE behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak.

23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

24 Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom.

1 撒母耳对以色列人说: "看哪! 我已经听从了你们向我所说的一切话, 为你们立了一个王。

2 现在, 有这王领导你们。至于我, 我已经年老发白, 我的儿子也都在你们那里; 我自幼年直到今日都领导你们。

3 看哪, 我在这里! 你们只管在耶和华面前, 以及在他的受膏者面前, 作证指控我: 我夺过谁的牛?抢过谁的驴?欺负过谁?虐待过谁?从谁手里受过贿赂, 以致我的眼睛因此被蒙住呢?如果有, 我必偿还给你们。"

4 他们回答: "你没有欺负过我们, 没有虐待过我们, 也没有从谁手里取过什么东西。"

5 撒母耳对他们说: "今天耶和华在你们中间作见证, 他的膏立者也作见证; 你们在我手里没有找到什么。"他们说: "愿他作证。"

6 撒母耳对人民说: "从前选立摩西和亚伦, 又把你们的列祖从埃及地领上来的, 是耶和华。

7 现在你们要站住, 我要在耶和华面前与你们讲论耶和华向你们的列祖所行一切公义的事。

8 从前雅各到了埃及, 后来你们的列祖哀求耶和华, 耶和华就差遣摩西和亚伦去把你们的列祖从埃及领出来, 又使他们在这地方居住。

9 他们却忘记了耶和华他们的 神, 神就把他们交在夏琐的将军西西拉的手中, 以及非利士人和摩押王的手中, 于是这些人常常攻打他们。

10 他们就哀求耶和华, 说: ‘我们犯了罪, 因为我们背弃了耶和华, 又去服事巴力和亚斯他录。现在求你救我们脱离仇敌的手, 我们就必事奉你。’

11 于是耶和华差遣耶路.巴力、比但、耶弗他、撒母耳, 救你们脱离四围仇敌的手, 你们才可以安然居住。

12 可是, 你们看到亚扪王拿辖来攻击你们, 就对我说: ‘不行, 我们要有一个王来统治我们。’其实, 耶和华你们的 神是你们的王。

13 现在, 你们所拣选、所要求的王在这里。看哪! 耶和华已经立了一个王统治你们。

14 如果你们敬畏耶和华, 事奉他, 听从他的话, 不违背他的命令, 你们和统治你们的王就必跟从耶和华你们的 神。

15 但是, 如果你们不听从耶和华的话, 违背他的命令, 耶和华的手就必攻击你们, 好像攻击你们的列祖一样。

16 现在你们要站着, 看耶和华在你们眼前将要施行的这件大事。

17 现今不是收割麦子的时候吗?我要向耶和华呼求, 他就会打雷降雨, 你们就可以知道, 又可以看见, 你们为自己要求立王的事, 在耶和华看来, 是行了极大的恶事。"

18 于是撒母耳向耶和华呼求, 耶和华就在那天打雷降雨, 众民就非常惧怕耶和华和撒母耳。

19 众民对撒母耳说: "求你为仆人向耶和华你的 神祷告, 免得我们死亡, 因为我们为自己要求立王的事, 是在我们的一切罪上又增加了这一件恶事。"

20 撒母耳对人民说: "不要惧怕! 虽然你们行了这一切恶事, 只是不可偏离不跟随耶和华, 总要一心事奉他。

21 不可偏离耶和华, 去追随那些空虚的偶像, 因为它们本是空虚的, 对人没有什么益处, 也不能救人。

22 耶和华为了自己的大名的缘故, 必不丢弃他的子民, 因为他喜欢使你们作他的子民。

23 至于我, 我决不停止为你们祷告, 以致得罪耶和华; 我要把善道正路教导你们。

24 你们只要敬畏耶和华, 诚实全心事奉他, 因为你们已经看过他为你们所作的是何等大的事。

25 如果你们继续行恶, 你们和你们的王就必一同灭亡。"